Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die jongeling wat vlug sonder klere en die vernietiging van Jerusalem deur die Romeine
{mk.14,51-52} (GH3,363)
01] Aangesien ons nou weet hoe ons die bruilofgas aan My tafel moet verstaan, sal ons nog aandag skenk aan die jongeling wat gevlug het toe Ek in hegtenis geneem is in die tuin Getsemane.
02] Hierdie voorval word ook net baie kortliks deur die Evangelis Markus aangeraak, maar kon ook sonder enige skade uit sy Evangelie uitgelaat gewees het, aangesien dit byna geen morele waarde het nie.
03] Maar om hierdie werklike feit en sy oorsaak beter te verstaan, moet `n mens weet dat daar in My tyd `n sekere groep jong mense `n bende gevorm het, wat enersyds die fariseërdom verag het en geweet het hoe om hulle wonderwerke, deur middel van oëverblindery, getrou na te maak en dikwels in sekere van hulle kringe, gelyke produksies gemaak het, waardeur hulle die fariseërs baie belaglik laat lyk het, en andersyds by die Romeine, wat dit verwelkom het, guns gewen het en daardeur geheime beskerming geniet het, om die geveinsery en wonderwerkery van die fariseërs, veral voor die Romeine en Grieke, belaglik te laat lyk.
04] Die jongeling het ook aan so `n klub behoort, en het My verskeie kere in Jerusalem hoor praat, gehou by My boodskap en het `n besonder ernstige welgevalle in My dade gevind, en nie met sy kollegas, wat ook deur allerlei middele probeer het om My wonderwerke na te aap, wou saamstem nie. Hierdie jongeling het hulle daaroor berispe en het vir hulle daarop gewys, dat My leerstellings en My dade van `n heel ander gees afkomstig is as die van die dom en blinde fariseërs. Maar sy kollegas het vir hom daaroor uitgelag en het by verskeie geleenthede vir hom gesê: Indien die Galilese wonderwerker nie ook onder `n besondere beskerming van die Romeine gestaan het nie, dan sal hy die Tempel se wraak net so min ontduik as ons, indien die Romeine en Grieke nie vir ons sou beskerm nie. En sien, die jongeling het nou baie daarop ag geslaan, totdat Ek weer na Jerusalem sou kom, om te sien, wat daar met My sou gebeur volgens die Tempel se geswore wraak teenoor My. Toe Ek nou, op die tyd wat aan julle bekend is, na Jerusalem toe kom, deur My eie toelating verraai en gevange geneem is en aan die streng gereg oorhandig was, toe was die jongelingsklub ook teenwoordig, alhoewel op `n afstand, en toe hulle agterkom wat daar met My sou gebeur, toe het sommige ook vir die jongeling wat van My gehou het, gaan haal, en wat in `n huis in die nabyheid besig was om te slaap, het hom nader gesleep om hom te wys hoe hulle voorspelling en bewering oor My werklikheid geword het. Toe die jongeling, wat in alle haas net `n linnedoek van sy bed om die lyf gehang het, sien wat met My gebeur, en van mening was, dat sy kollegas ook vir hom aan die Jode wou uitlewer om gestraf te word, het hy homself losgeruk, en het gehardloop, so vinnig as wat hy kon, en het vir sy kollegas weggekruip, van wie hy van mening was, dat hulle hom sou vervolg, maar wat hulle, ter wille van hulle eie heil, nie gedoen en ook nie maklik sou gedoen het nie.
05] Daar het julle die eintlike, met die hande maklik tasbare rede vir hierdie verskynsel, waarvan die Evangelis melding gemaak het, maar wat eintlik niks sê nie behalwe net dit, dat hierdie jongeling deels uit vrees vir sy kollegas, maar grotendeels uit vrees vir die oorgroot wraaksug van die fariseërs sy heil op vlug gesoek het; maar later, toe hy nuus van My Opstanding gekry het, weer `n vaste aanhanger van My boodskap geword het, egter nie in Jerusalem gebly het nie, maar na die Esseners oorgeloop het, vir wie hy die nuus wat daar met My gebeur het, in die eerste persoon oorgedra het. 
06] Daaroor het hulle self bodes na Jerusalem gestuur, wat deeglike kennis moes opdoen wat daar met My gebeur het. Hulle het die nuus ook gou gehoor, aangesien Jerusalem nie te ver was van die half-Arabiese omgewing van die huidige Suez nie, en kon met `n matige stappie binne drie dae afgelê kon word.  
07] Toe die Esseners volgens hierdie weg die volle bevestiging daarvan ontvang het, het hulle ook nie een sekonde lank gehuiwer om hierdie boodskap aan die Romeinse Opperhoof Cyrenius in Tyrus oor te dra nie, by welke missie ons jongeling ook teenwoordig was. Cyrenius het die hele geselskap goed ontvang en het die jongeling as deel van sy bediendes agtergehou, wat vir die ou grysaard baie vertel het wat hy self van My gesien en gehoor het.
08] Dit het vir Cyrenius en later ook sy broer Cornelius, met die bitterste wraak teen alle Joodse priesterskap vervul, sodat al twee `n eed geneem het om alles wat moontlik is te doen om hierdie misdaad teen My aan alle aartsJode op die mees onverbiddelike manier te vergeld.
09] Pilatus, die landsopsigter in Jerusalem, het daardeur ook binnekort die consilium abeundi gekry, durf nie eers heeltemal na Rome terugkeer nie, maar moes sy tuiste in die nabyheid van die huidige Napels, en dit in `n grot nie ver vanaf die vernietigde Pompeji oprig, waar `n gang wat in `n rots gekap is, nog steeds vandag met die opskrif: "Behuising van Pontius Pilatus" gevind kan word. In `n taamlike diep spleet wat in die rots ingekap is, en wat toegemessel aangetref is, was verskeie geskrifte wat op My betrekking gehad het en is teenswoordig in `n biblioteek in Napels, maar is skaars bruikbaar, omdat dit in `n halfverkoolde toestand aangetref is.
10] Dit was dus die eerste wraak van Cyrenius, wat hy op Pilatus geneem het. Die tweede was op Kajafas, toe hy na `n bepaalde tyd die hoëpriesterskap moes neerlê en dit aan iemand anders moes afstaan, aangesien `n hoëpriester die amp slegs vir drie jaar kon beklee. Al hierdie Kajafas se besittings rondom Jerusalem was al reeds gedurende `n paar jaar weggeneem en is aan die Romeine verkoop; en hy moes later sy toevlug aan die grens van die Arabiese woestyn soek en het daar ellendig aan sy einde gekom.   
11] Wat die ander fariseërs betref, hulle is onder streng toesig van die nuwe landsopsigter geplaas, waar hy hulle ook nie gespaar het nie; en dit was vir hom des te meer aangenaam, omdat hy uit die bekende familie Agricola afkomstig was, en het ook hierdie naam as sy handtekening gebruik, ofskoon sy naam Antonius was.
12] Dat hierdie nuwe landsopsigter geweet het om ook vir Herodus Antipas alle denkbare knuppels onder die voete te gooi, was bewys deurdat hy binne `n kort tyd baie Romeine en Grieke na Palestina gelok het, waardeur die inkomste van Herodes baie ingeperk is, en hy ten einde genoodsaak was om sy laaste tydperk in `n sterk kasteel langs die Middellandse See deur te bring, omdat hy nie meer veilig in Jerusalem gevoel het nie.
13] Ondergeskik aan die landsopsigter was die bekende hoofman Pelagius, wat oor verskeie stede in die Aurangebergtes regeer het, wat vir die landsopsigter met alle hulpmiddele tot beskikking gestaan het, en nog meer die hoof Cornelius, wat oor die hele Galilea en `n groot deel van Sirië tot by Damaskus geheers het. En die twee broers Cyrenius en Cornelius sou hulle wraak nog meer vrye teuels gegee het, as Ek nie persoonlik, kort na My opstanding, aan hulle verskyn het en hulle daarvan weerhou het nie, omdat Ek vir hulle haarfyn voorspel het dat hulle voornemens vir Jerusalem en die hele beloofde land reeds binne veertig jaar in vervulling sou gaan, en dit ook deur die mag van die Romeine.
14] Soos met die twee genoemde Romeine, het Ek aan baie mense na My opstanding verskyn en het hulle weerhou van te streng wraakgedagtes teenoor die Jode en fariseërs. Sou Ek dit nie gedoen het nie, dan sou daar binne `n kort tyd na My kruisiging `n bloedbad in hierdie land ontstaan het soos wat die mensdom nog nooit gesien het nie.
15] Die sekere jongeling egter, wat Ek by Cyrenius aangetref het, het Ek geseën en het hom deel laat word van My Gees, en hy was daarbenewens ook `n flukse dissipel in My Naam, het weer na die Esseners gegaan en het My boodskap daarvandaan oor `n groot deel van Noord-Afrika versprei, was gekenmerk deur `n besonder liefdevolle lewenswyse en het baie tekens in My Naam gedoen. {mk.14,51-52}
16] Die eienaardige van hom was dat hy geen persoonlike naam wou aanneem nie. Sy titel was: "Mees onwaardige kneg van die allerhoogswaardige God-Meester." By tye het hy hom ook die naam "Kneg van knegte" gegee, watter titel ook die ou sogenaamde kerkvaders wat van Kartago na Rome oorgetrek het en soos na hulle ook deels die pouse gedra het, maar volgens daad nooit nagekom het nie. Markus het dit wel geweet, maar het nie verder daarvan melding gemaak nie, want hy het volstaan daarby, dat hy hierdie jongeling bloot genoem het, soos wat hy op vlug geslaan het.  
17] Wat julle verder van hierdie jongeling wou weet, het hy (Markus) mondelings oorgedra; daarom ook verskeie mondelingse oorlewerings daaroor, naamlik wie hierdie jongeling was, wat veral algemeen in die Roomse kerk vertel was, daaronder was die allerdomste een en is deels nog so, waarvolgens gepoog was om van die jongeling die Apostel Johannes te maak. En nou weet julle ook van hierdie Jongeling die waarheid en die belangrikste. Wees tevrede met alles in My Naam. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205