Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die geestelike betekenis van die verheerliking van Christus
{mt.17,01-08; mk.09,02-13; lk.09,28-36} (GH3,268 - 22/7/1847)
01] My verheerliking op die berg Tabor word deur baie met bewondering gelees, maar van uiters min mense verstaan en skrikwekkend baie het ook nie die vaagste idee wat alles agter hierdie verheerliking steek nie! -
02] Die oorsaak van sulke onverstandigheid lê soos altyd in die wêreld en sy verdeelde drie-enigheid-leerstelling. Want wie nie voluit glo aan die allenige Seun, wat volkome een is met die Vader, wat in hom is soos hy in die Vader, nes die gees in die mens en die mens in die gees, wat die hele mens deurdring, en die eintlike mens self is, die is verdeeld in sy gemoed en is nes troebel water waardeur geen ligstraal kan dring om die dieptes daarvan te verlig nie.
03] Maar sodat julle nie soos die troebel water van die wêreld sal wees nie, wat net aan die oppervlakte belig kan word en dus ook aan die oppervlakte blink soos `n vergulde graf, waarin egter niks anders is as nag en dood nie, wil Ek vir julle baie kortliks vir die bogenoemde verheerliking `n klein liggie gee, waardeur julle duidelik sal insien wat daaragter steek. Luister dus nou:
04a] Die berg Tabor simboliseer die hoogste en gelyktydig die diepste erkenning (insig) van God in gees en in waarheid. Op hierdie berg van die allerhoogste erkenning bring Ek net My lieflinge! - Petrus, Jakobus en Johannes was dit ten volle. - Terselfdertyd stel hierdie drie ook elke mens voor, soos hy moet wees in die ware hemelse orde. {mt.17,01; mk.09,02; lk.09,28}
04b] Petrus is die uiterlike mens, maar wat sy wese deur allerlei beproewinge heeltemal na binne gerig het.
04c] Jakobus stel die siel van die mens voor, wat rein is en alles na die Heer rig, maar nog steeds saam met die uiterlike mens baie beproewinge moet deurstaan om die uiterlike mens heeltemal oor te haal om saam met hom, verenig in die gees, onsterflik te word.
04d] Johannes stel die gees van die mens voor, wat volledig een is met My, dus My liefde, van watter dissipel ek vir Petrus gesê het - "Hy leef!" wat beteken - net die gees leef en wie hom nie deur sy gees laat vervolg, vang en deurdring nie, sal geen lewe hê nie; want slegs die gees is dit waarvan Ek gesê het dat hy vir ewig leef! -
05] Dit alles beteken dat, soos wat Ek die drie op die berg gelei het, Ek ooreenkomstig elke mens, wat in sy drievoudige wese My aangewese orde handhaaf, op die berg van die ware lewendige erkenning van God kan lei, waar hy dan in die gevoel van sy hele wese sal uitroep: "Heer! Dit is goed om hier te wees, laat my toe om vir ewig `n woning op te rig, bestaande uit die drie hutte van liefde, wysheid en die mag uit beide!" {mt.17,04; mk.09,05; lk.09,33}  
06] Maar by hierdie erkenning kan nie gebly word nie, solank die drie hutte en Ek, Moses en Elia nie volledig een geword het in die mens nie, of solank die liefde, die wysheid en die mag nie in sigself soos in een en nie in drie hutte opgeneem is nie. Daarom dat daar ook uit `n wolk, wat `n beeld is van die allerhoogste hemelse erkenning, `n stem verneem kon word: "Hierdie alleen is My geliefde Seun, vir hom alleen moet julle luister!" - Wat beteken: Hy alleen is die enigste God; nie in drie nie, maar in Hom alleen moet julle woon, indien julle die ewige lewe wil hê! {mt.17,04; mk.09,05; lk.09,33; mt.17,05; mk.09,07; lk.09,34}
07] Na die magtige deurdringing van die krag van God, word die drie eers wakker en sien nou duidelik nie vir Moses en Elia nie en verneem ook geen ander stem meer nie, behalwe My en My woord! - Maar laasgenoemde verbied hulle om iets van so `n erkentenis aan die wêreld te meld, alvorens alles nie voltooi was nie, dit is in `n nouer sin; alvorens Ek nie in elke mens se hart, na baie toetse en beproewinge van sy siel, opgestaan het in alle mag en krag van die liefde en wysheid nie. En in die breë sin - totdat die wêreld nie die mens gekruisig en doodgemaak het en die gees in die mens opgestaan het en alvorens die mens nie daardeur `n nuwe skepsel geword het volgens die orde, soos aangewys deur Petrus, Jakobus en Johannes, kan hy nie op die berg van die diepste en hoogste erkenning van God en die ewige lewe gelei word nie. {mt.17,07; mk.09,08; lk.09,36} 
08] Dit is die heilige betekenis van My tot dusver in geheimsinnigheid gehulde verheerliking op die berg Tabor. Daar bestaan natuurlik nog `n baie wyer betekenis, waar daar deur Moses, Elia en veral deur My en deur die stem uit die wolk, sowel as die drie dissipels, hoofleidings en -ontwikkelings tydperke van die mensdom aangedui word. Hierdie kennis verskaf egter aan niemand die ewige lewe nie, nóg minder die daarmee verweefde eindelose begrippe van tyd, ruimte, ewigheid, oneindigheid, lig, gees en bestaan.
09] Maar soek veral vir My, My ryk en My geregtigheid, wat die liefde is, dan sal alles anders as `n gratis toedeling vir julle gegee word {mt.06,33}. - Maar indien julle net die wysheid en haar krag soek, dan sal dit met julle gaan soos met hom wat sy talent begrawe het en dit boonop nog van hom weggeneem is wat hy gehad het en sy aandeel die duisternis was! - Beskou dit daarom baie diep, indien julle `n aandeel wil hê in die verheerliking! Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205