Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Pontius Pilatus
(GH3,259 - 28/6/1847)
01] Dit is `n goeie vraag, wat `n goeie antwoord werd is, en dus sal ook die antwoord volg.
02] Pontius Pilatus, `n volmaakte Romein, was onder Tiberius opperhoof van Juda en was in Jerusalem woonagtig.
03] Hierdie Romein, `n vyand van die uiters hoogmoedige Joodse priesterskap, het daarom alle mense, indien ook net in die geheim, met heel besondere welwillendheid beskou, en wat per geleentheid in staat was om aan die bo alle mate gehate Joodse priesterkorps, die waarheid so reguit in hulle gesigte te slinger. En indien die priesterskap dan by hom hulle reg kom soek het, het hulle gewoonlik weinig of niks uitgerig nie, en moes meestal, sonder dat die saak opgelos kon word, in skande onttrek, wat ook die grootste rede was waarom Pilatus en Herodes in aanhoudende vyandskap met mekaar geleef het. Want die hoëpriesterskap het steeds op goeie voet gestaan met Herodes en het dit daarom ook nie gespaar om Pilatus by Herodes verdag te maak nie.
04] Maar juis op grond van hierdie rede het die hoëpriesterskap dikwels beraadslaag hoe hulle My kon vang en effektief aan die Romeinse hof uitlewer; maar hulle kon nooit `n goeie rede vind nie.
05] Net toe Ek die bekende intog gehou het, kort daarna die handelaars uit die tempel gedryf het en vir Lasarus opgewek het en die hele volk My Hosanna toegejuig het, was dit te veel vir die hoëpriesterskap. Toe het hulle ernstig besluit om vir My te vang en vir Pilatus as `n staatsrebel uit te lewer. As hy My sou veroordeel, dan sou hy ongeskonde bly, maar indien hy My nie sou veroordeel nie, dan sou hulle (die priesterskap) hom by die keiser as `n verdagte persoon verkla, by welke onderneming Herodes hulle met vreugde sou ondersteun.{mt.21,01-09; mk.11,01-10; lk.19,28-38; joh.12,12-19; mt.21,12-13; mk.11,15-17; lk.19,45-46}
06] hierdie plan was nie vir Pilatus verborge nie, hy het net nie geweet hoe hy daarteen moes voorbrand maak nie, daarom het hy besluit om hierdie saak af te wag. Maar terwyl hy nog met homself geredeneer het, wat hy sou doen indien die hoëpriesterskap hom daadwerklik `n poets wou bak met die berugte Jesus, sien, toe kom hulle al met die gevangene en het `n onmiddellike veroordeling geëis. - Pilatus, heeltemal uit die veld geslaan, - het natuurlik met `n donderstem gevra: "Watter misdaad het hierdie regverdige man, aan wie ek geen skuld kan vind nie - begaan?" Maar die priesterskap en hul betaalde aanhang het nog tienmaal harder geskreeu: "Hy mislei die volk, hy is `n rebel, `n Sabbatsoortreder, `n Godslasteraar, en beskou homself as die Seun van die lewendige God! - Dit alles het vereis, volgens ons wette wat Rome respekteer het, en ook volgens die Keiser se wette, die doodstraf in die hoogste graad; daarom moet jy hom veroordeel, laat hom kruisig, of jy is die vyand van die keiser!" { mt.27,02; mk.15,01; lk.23,01; joh.18,28*; lk.23,02}
07] Hierdie oproep het Pilatus laat huiwer, en hy het gladnie geweet wat om te doen nie. Hier het hy in alle haas by homself gedink, is niks anders te doen, as om tot sodanig onvoorsiene bose spel `n vriendelike gesig te maak en in die naam van die onverstaanbare fatum toe te gee, wat hierdie bo alles gehate priesterkorps van hom verwag het.
08] Maar juis hier het sy vrou Tullia Innocentia hom laat roep en aan hom in die geheim vermeld wat sy met duidelike oë gesien het, dat daardie Jesus op die wolke van die hemel gesweef het, begelei deur tallose miljarde van die heerlikste engele. Almal het met `n donderstem geskreeu: "Heil aan ons groot God, heil die ewige, almagtige oorwinnaar van die dood en die hel! - maar wee Jerusalem! Wee julle wat daarin woon, julle lot sal wees die ewige dood, die ewige vernietiging, omdat julle Jesum nie erken het nie en hom veroordeel en hom kruisig! Die alleen regverdige van alle geregtigheid ewige eer, roem en alle heil! Toe kyk hierdie Jesus af na die aarde, en sien, toe ontbrand die hele aarde, en alles was `n vuur, en alles was asemhaal, was deur hierdie vuur verbrand. Daarom, liewe Pilatus, moet niks te doen hê met hierdie regverdige nie!"
09] Hierdie verhaal het op Pilatus, wat as Romein groot erg aan sodanige verskynsels gehad het, aansienlik laat twyfel, sodat hy self besluit het om niks verder meer met Jesus te onderneem nie, behalwe om hom aan die gereg van Herodes te oorhandig, wat ten opsigte van sodanige aangeleenthede ook `n Jus gladii gehad het, waarvolgens hy ook vir Johannes kon laat onthoof. Maar Herodes het snuf in die neus gekry en het goed geweet dat die volk, as gevolg van Johannes, opstandig teen hom was. Sou hy nou ook vir Christus laat doodmaak, dan sou die volk hom verskeur; daarom het hy Jesus, vir wie baie as Christus (die Messias) beskou het, weer mooitjies na Pilatus teruggestuur.{lk.23.07; lk.23,11b}
10] Pilatus het nou alles moontlik probeer om Jesus te bevry; maar alles was tevergeefs, totdat hy uiteindelik in hoogste verontrusting openlik sy hande gewas en gesê het: "Ek wil geen skuld hê aan die bloed van hierdie regverdige nie! Maar julle het self `n wet, neem hom en oordeel hom dan!" Toe skreeu die hoëpriesters: "Laat Sy bloed oor ons en ons kinders kom! Maar ons mag ons hande nie met bloed besoedel nie, gee daarom vir ons Romeinse soldate!"{mt.27,24; mt.27,25}  
11] Toe Pilatus dit hoor, dink hy toe aan die ou gebruik, waarvolgens daar `n misdadiger vir die Judese volk op hulle Pasgafees vrygelaat moes word. Hy het hom dus nog een keer tot die skare van Jesusvyande gewend en beken hoedat hy by Jesus, op grond van sy kort ondersoek, deurgaans geen skuld kon vind nie, dat, om `n korrekte en regverdige oordeel te vel, dit derhalwe nodig sou wees dat hierdie mens langer verhoor moet word en in alles deeglik ondersoek word. Terselfdertyd was dit in elk geval gebruiklik om `n misdadiger op die feesdag vir die volk vry te laat; en nou stel hy Jesus, wie se skuld nog nie bewys is nie, en Barabbas, die berugte roofmoordenaar, as `n vrye keuse vir wie hulle nou sou verkies? Maar almal het geskreeu: "Barabbas!". Maar dit was juis wat Pilatus eintlik gewens het, omdat hy goed geweet het dat hierdie opgewonde priesterskare nie vir Jesus wou vrylaat nie. Daardeur het hy geglo dat hy Hom sou loskry, deurdat hulle Barabbas sou vrylaat, sodat Jesus in sy plek in die tronk moes beland. Mettertyd kon alles dan uitgeklaar word; want eerstens sou die Priesters se monde gesnoer wees en tweedens kon hy dan deur die Romeinse keiser beduidende hindernisse oprig, waardeur hulle moeilik sou kon breek! {mt.27,15; mt.27,15*; mk.15,06; lk.23,17; joh.18,39; mt.27,17 .21}
12] Die gedagte en wil van die opperhoof was goed. Maar toe die hele skare na vrylating van Barabbas net nog meer hardnekkig op `n kruisiging aangedring het en niks van Jesus se tronk-toe-gaanery wou hoor nie, en vir Pilatus `n lafaard genoem het, toe was hy in die hoogste graad verontrus en sê toe: "Daar, julle ellendelinge! Neem julle misdadiger, wat meer regverdig is as julle, en daar is die soldate! Gaan weg, maak met hom wat julle wil, my getuienis oor hom en oor julle sal eiehandig van my volg!" - - Met hierdie woorde het hy weggegaan en Jesus aan hulle oorgelaat, vir wie die priesterskap deur die soldate laat gryp en kruisig het soos bekend.{mt.27,26; mk.15,15; lk.23,24-25; joh.18,16} 
13] Wat Pilatus verder gedoen het, is aan julle bekend, en dat hy die vriende van Jesus ondersteun het, in wat hulle ookal van hom gevra het. Maar dat Pilatus en sy vrou later in die geheim Christene geword het, en dat juis Pilatus baie daartoe bygedra het, deur sy baie noukeurige beskrywing van die baie verdagte Joodse priesterskap, dat Jerusalem, binne die bestek van dertig jaar daarna totaal deur die Romeine vernietig is, en die Jode na alle wêrelddele versprei is, dit sal nou net aan baie min mense op aarde bekend wees. - Maar dit is aan julle bekendgemaak, sodat julle nie der duisende en miljoene kere aaneen die arme Pilatus verdoem nie, alhoewel julle dit nou ook moet weet wat alles volgens My ewige raadsbesluit moes gebeur het, soos wat Ek dit ook vir die twee dissipels, wat na Emmaus op pad was, heel openlik gesê het, om aan hulle te toon wat God wou gehad het, en daarom hulle onbeperkte haat teenoor die priesters moes beteuel. 
14] Julle haat nie eintlik vir Pilatus nie, desondanks beskou julle hom nog steeds as `n ‘verdomde vent', wat My maklik kon gered het, indien hy dit net ernstig wou gedoen het, maar julle dink nie daaraan dat God beslis nie deur armsalige swak mense van enige gevaar gered kan word nie. Of glo julle in alle erns dat Pilatus so iets kon gedoen het, naamlik om Hom te red Wie die mere en winde gebied, en Hy wat die Enige redder van alle mense en geeste is? O kyk, dit en nog `n paar ander dinge is nog baie swak by julle en nog taamlik sterk Babilonies (Rooms)! Die Skrif moes vervul word, en is daar aan die kruis vir almal, wat nie geweet het wat hulle doen nie, vergewe; indien dit dus so is, laat die arme Pilatus dan ook `n bietjie meer lewe in die toekoms, as wat dit tot dusver by julle die geval was. Amen! Dit sê Ek vir julle, sodat julle Pilatus ook nie in die toekoms moet oordeel nie! Amen, Amen, Amen! 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205