Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Gehoorsaamheid teenoor die owerhede
(GH3,322)
01] Die teks, waarvan gister onder julle gepraat was, waarvolgens `n mens aan elke owerheid gehoorsaam moet wees, ongeag of dit goed of boos is, aangesien dit geen mag sou gehad het as dit nie van bo gegee was nie. - {a Rom.13,01}
02] Daardie teks is, soos in die Apostel Paulus, in `n sekere sin reg; maar `n byvoegsel, wat Ek per geleentheid by geplaas het, is weggelaat. Maar die byvoeging lui: "Solank as wat die besit van die gees van waarheid uit My in die owerheid inwoon." -
03] Indien julle agterkom dat dit nie meer die geval is nie, dan is dit ook tyd om sulke owerhede, wat nie meer uit die hoogtes geïnspireer word nie, op die gevoeligste die rug te draai, want as dit nie die geval was nie, dan moes Ek in alle erns gesê het: Wees aan alle duiwels onderdanig en gehoorsaam! Dit sal julle tog van My nie verwag nie, waar Ek tog uitdruklik gesê het dat julle alles moet ondersoek en net die goeie en ware moet behou.{1.thess.02,04}
04] Trouens moet by die teks, wat, soos Ek reeds gesê het, swak vertaal is, opgemerk word dat daar in die plek van goed of boos - mild of streng gebruik moes geword het. En indien julle dit nou weet, sal julle dan goed insien dat Ek nie gesê het dat julle ook aan die duiwels moet gehoorsaam wees nie.
05] Indien julle dit reg beskou, dan sal julle wel insien, dat sodanige kras onsin nooit uit My Mond kon gekom het en nooit sal kom nie.{rom.13,01} 
06] Indien enigiemand van julle nog iets in die skrif vind, wat nie met die gesonde verstand strook nie, kom met so `n teks voorendag, en daar sal vir hom lig gegee word daaroor. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205