Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die vraag na die Drie-enigheid
GAWES UIT DIE HEMEL - BOEK 2 - Geopenbaar aan Jakob Lorber op 27 April 1842
00] Dit staan geskryf: “Wie My sien, sien ook die Vader!” {Joh.14,9}. - Maar by Markus 13,32 sê dit: “Maar van daardie dag en daardie uur weet niemand nie, ook nie die engele in die hemel of die Seun nie, maar net die Vader.” - Hoe kan hierdie twee skrifgedeeltes in ooreenstemming gebring word? - En sê dit nie ook: “Die Vader is groter as Ek” nie?
01] Dit is nou wel `n aanvaarbare vraag vir My; maar die vraers moes vooraf eers ywerig probeer het, deur die hoofsleutel van die liefde, om te bepaal en daardeur in hulleself te kyk en te ervaar en te beoordeel, hoe diep hulle al in hulle innerlike gedring het. - Maar daar bestaan mos nog duisend ander skrifgedeeltes, wat hulle nog lank nie tot op die grond van die gees verstaan nie, en so bly daar nog altyd `n stukkie werk vir hulle oor!  
02] Maar wat die bepaalde skrifgedeeltes dus betref, verneem en kyk met `n oop hart in die heilige dieptes van My liefde in julle! - Want so spreek die liefdeslig:
03] Die “Vader” is die suiwerste “Ewige Liefde in God” of die “Ewige wesenlike Woord” in Homself. - Maar die “Seun” is die uitgespreekte Woord van die Vader of die wesenlik geopenbaarde Vader Self in die Seun. Die verhouding tussen die twee is soos `n woord wat eers gedink en dan uitgespreek word, waar die gedagte die oorsprong of die vader van die uitgespreekte woord is, en die uitgespreekte woord weer niks anders as die geopenbaarde gedagte of vader van die woord self is nie.
04] Indien julle dit nou verstaan, dan moet dit tog vir julle sonhelder duidelik wees, dat wie die Seun sien en hoor, ja ook die Vader noodwendig moet sien en hoor, en dat daarvolgens Vader en Seun een en dieselfde is, net soos die gedagte en die daarna uitgespreekte woord - en dat die Vader in die Seun en die Seun in die Vader is, soos die gedagte in die uitgespreekte woord en die uitgespreekte woord in die gedagte is.
05] Ook moet julle daarna verstaan, waarom die Vader meer is as die Woord of die Seun. Die woord sou mos sonder die Vader of die voorafgaande gedagte `n totale onmoontlikheid wees! Dus is die Vader as die ewige verwekker van die woord meer as die verwekte woord. Maar indien die woord eers verwek is, dan is dit tog heeltemal identies met die Vader!
06] En wanneer julle dit alles verstaan, dan meen Ek, dat dit dan byna onnodig sal wees, om vir julle nog verder in te lig, waarom (by Markus 13,32) “niemand” van die komende dag en uur van die komende groot oordeel oor die hele aarde, in die gees gesproke, iets weet nie, behalwe alleenlik die Vader - en nie ook die “Seun” nie. Indien julle net `n mosterdsaadjie groot verstand in die hart (nie in die brein van die kop nie) sou hê, dan moet julle tog dadelik insien, dat die kennis van gedagte wel deur die woord uitgedruk word - maar is die woord daarom die kennis self? - Derhalwe kan dit, soos alles anders, net die Vader wees wat weet, maar nie die Seun nie, wat vergelyk kan word met die tong in die mond van die Vader.  
07] Maar sodat julle die volle insig oor die Vader, Seun en Gees kan verkry, verneem dan verder:
08] Die Godmens Jesus was wesenlik die Vader Self of die in hom met menslike vlees omhulde Ewige Liefde en Wysheid Self - of die volheid van die Godheid liggaamlik.
09] Die uitgespreekte “Woord” van die Godmens Jesus of Sy boodskap is die “Seun”.
10] Maar aangesien die Vader reeds van ewigheid af geweet het, wat Hy sal doen, dan moes mos die Godmens Jesus reeds van ewigheid af in die “Vader” gewees het, maar Hy het Homself eers dan liggaamlik as “Godmens” gemanifesteer, toe die Vader Homself openlik daaroor uitgespreek het!  
11] Sê vir My, begryp julle dan nou nog nie, hoe die Seun en die Vader een en dieselfde is nie? - Maar sou julle nog steeds twyfel hê, kyk dan na die Gees, hy moet tog vir julle in alle waarheid lei! 
12] Want dieselfde Gees, wat vir ewig in die Vader was (wat die oer-ewige grondgedagte of die ewige mees suiwerste Liefde Self is) - is tog ook verseker in die ”Woord” wat van die Vader uitgespreek is. Maar waar daar net een Gees is, daar sal tog ook een en dieselfde wesenlikheid wees! Indien dit nie so was nie, hoe sou die Godmens Jesus dan van Homself kon gesê het: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe! Niemand kom na die Vader nie, behalwe deur My!” {Joh.14,6} - wat die volgende beteken: Ek is die Liefde, of die Vader, en die ewige Wysheid, of God Self, of die Gees en die uitgespreekte Woord, of die ewige Lewe Self, waarin die volheid van die Godheid liggaamlik woon!
13] Omdat dit so is, sê net op watter ander weg kan iemand na die Vader toe kom, indien hy hom nie deur Hom sal laat gryp en laat trek nie, en daarom die vryheid van die eie wil het!?
14] Wie dus die Woord wat van die Vader uitgespreek is, uitvoerend of lewendig in homself opneem, die neem mos ook die Seun op. Maar wie die Seun in homself opgeneem het, die sal tog ook verseker die Vader opneem, aangesien die Seun en die Vader een en dieselfde is!
15] Maar wie dus die Seun en die Vader in homself opgeneem het, die sal tog ook seker die “Gees” of die “Lig”, wat daar gelyktydig in die Vader, net so ook in die Seun is, in hom dra en sal uit daardie Gees wees “in alle Waarheid”, en dit op grond van die eenvoudige rede, omdat daar, buiten hierdie lig, geen ander lig meer bestaan nie en alle lig dus net van hierdie enkele lig afkomstig is. - Maar wie in daardie Lig is, is ook in die Vader deur die Seun.
16] Maar aangesien die Vader die oer-ewige basiese liefdelewe is en alle lig van daardie lewe uitgaan, so sal die mens tog ook verseker die ewige lewe hê, indien hy in dieselfde lig is en dieselfde in hom deur die Seun, Gees en Vader!?
17] Maar Ek meen, indien julle nie nog meer blind is as die middelpunt van die aarde nie, dan sal hierdie vir julle voldoende wees om in te sien, dat wie vir Jesus in die Gees sien, geen ‘Tubus’ meer benodig om ook die Vader te sien nie!
18] Maar dat julle dit nie verstaan wanneer julle dit lees nie, is te danke aan julle materieel-heidense driegodedom, wat daar in Nicea uitgedink is en later nog meer, selfs tot by die uitbeelding daarvan, gematerialiseer is, sodanig dat julle julleself nou nie enigsins daarvan kan losmaak nie. Daarom moet julle nou alle vroeëre (dwaal-) ligte afsterf, indien julle na die suiwer geesteslig uit My wil kom!
19] Verstaan dit en handel ook daarvolgens, dan sal julle maklik en vinnig na My, die heilige Vader, toe kom! - Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205