Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 20

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Skynbare teenstrydighede in die verskillende Evangelies (GH3,328 - 17/3/1864)
01] "En het haar nie erken nie, totdat sy haar eerste seun gebaar het; en het hom die naam Jesus gegee." (Mt.01,25) {lk.02,07}
02] "Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy moeder dan nie Maria nie? En sy broers Jakob en Joses en Simon en Juda nie?" (Mt.13,55){lk.04,22}
03] "En sy susters - is hulle nie almal by ons nie? Waarvandaan het hy dit dan alles gekry?" (Mt.13,56)
04] Hierdie plekke het (by sommige kritikusse) rede verskaf tot die aanname, dat Maria nog ander kinders gehad het.
05] "Die koningin op die middag sal optree by die jongste oordeel teen die geslag, ens." (Mt.12,42)
06] "Dus sal dit ook gaan aan die einde van die wêreld, ens." (Mt13,49)
07] "Want dit sal ooit gebeur, dat die Menseseun sal kom in die heerlikheid van die Vader met sy engele, ens." (Mt.16,27)
08] Maar Jesus het vir hulle gesê. ens. "Julle sal ook sit op die twaalf stoele en oordeel die twaalf geslagte van Israel." -
09] Hierdie verse het tot die aanname gelei van `n jongste dag en oordeel.
10] "Toe is Jesus van die Gees in die woestyn gelei, sodat Hy van die duiwel versoek sou word." (Mk.01,02-11){Mark.01,12-13; lk.04,02-13}
11] "Maar Ek sê vir julle, dat julle nie die euwel moet vergeld nie, maar indien iemand vir jou `n hou gee op jou regter wang, vir hom bied ook die ander wang." (Mt.05,39)
12] "En wanneer iemand met jou wil stry en jou kleed wil neem, vir hom gee ook die mantel." (Mt.05,40) {lk.06,29}
13a] "Julle moet nie dink, dat Ek gekom het, om vrede te stuur op aarde nie. Ek het nie gekom, om vrede te stuur nie, maar die swaard." (Mt.10,34)
13b] "Want Ek het gekom, om die mens op te sweep teen sy vader, die dogter teen haar moeder en die skoondogter teen haar skoonouers." (Mt.10,35)
13c] "En die mens se vyande sal sy eie huisvriende wees." (Mt.10,36)
13d] "Sien, Ek stuur vir julle soos skape onder die wolwe; daarom wees slim soos die slange en sonder valsheid soos die duiwe." (Mt.10.16)
13e] "Maar wees versigtig vir die mense, ens" (mt.10,17)(lk.12,51 .52 .35.)
14] Letterlik is hierdie teenstrydighede en in die menslike lewe nie toepasbaar nie, want daardeur sou enersyds die geweld van die sterker gesanksioneer word, die minder sterk tot slawe, die hoogmoedige net nog meer trots maak en elke ongeregtigheid `n breë basis verskaf. Andersyds is weer die geveg gegee en dus ook die weerloosheid van die skaap teenoor sy vyand.
15a] "Dus sal die Menseseun (nes Jona) drie dae en drie nagte in die middel van die aarde wees." (Mt.12,40)
15b] "en op die derde dag sal hy weer opstaan, ens." (Mt.17,23)
15c] "Ek wil na drie weer opstaan." (Mt.20.19)(lk.13,32; mt.26,61)
15d] "Op die aand van die Sabbat egter, wat begin op die môre van die eerste weeksdag na die Sabbat, het Maria Magdalena en die ander Maria gekom, om na die graf te kyk." (Mt.28,01){mk.16,01 .02; lk.24,01 .06; joh.20,01}
15e] "en op die derde dag sal hy opstaan." (Mk.12,40)(mk.10,34)
15f] "Hy het opgestaan en is nie hier nie." (Mt.16,06)
16] Lk.23,44-46 - (Hierdie word aangevoer rakende die uur van dood teenoor die tyd van die opstanding) en Johannes 19,31. Verwydering van die kruis.
17] Hoe stem hier die tyd van die dood met die tyd van die opstanding ooreen volgens die verskillende verse? Het die liggaam van die Heer drie dae in die graf gelê, soos dit dikwels aangeneem word, of is, indien die begrafnis volgens ons aanname op `n Vrydag gebeur, die opstanding op Sondag oggend, dus op die derde dag plaasgevind?
18] "Want nes Jona was hy drie dae en drie nagte in die walvis se maag." (Mt.12,40) Wat was dit vir `n vis, of was die vis net `n geestelike ooreenkomstige uitdrukking?
19] "Toe gaan die koning na binne, om die gaste te bekyk - en sien toe daar `n mens, wat geen paslike kleed vir die troue aangehad het nie, ens." (Mt.22,11-12)
20] "En daar was `n jongeling, wat hom gevolg het, hy was met linne geklee op sy blote vel; en die jongelinge het hom gegryp." (Mk.14,51) "Maar hy het die linne laat vaar en het nakend van hulle af gevlug." - Wie was die jongeling, en waarom word hy net by Markus genoem?

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205