Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 21

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die Evangelis Matthéüs
(GH3, - 18/3/1864)
01] "Wat die eerste vraag aanbetref, is daar in hierdie opsig reeds `n klein verduideliking in die eintlike Johannes-Evangelie gegee. Net om hierdie saak vir julle nog baie duideliker te maak, moet julle weet, dat die Evangelies Matthéüs toe eers deur My opgeneem is, toe Ek hom op my reis na Kis, op `n halte tussen Kapernaum en Kis as `n tollenaar in Romeinse diens aangetref het; en dis hoekom daar ook beskuldigings na My geslinger is, dat Ek met tollenaars en sondaars te doen het. {jev01.037,04-06; mt.09,11; lk.07,34}
02] Maar aangesien hierdie Matthéüs goed met die pen was en nie meer van My af wou weggaan nie, is hy toe deur My as skrywer opgeneem, maar eintlik net vir feite, terwyl My Johannes die Woord, naamlik dit wat Ek geleer het, opgeteken het, en Matthéüs dus die minder geestelike dele van My leerstellings en preke aangeteken het, maar dit nog altyd by geleentheid deur Johannes laat korrigeer het; want Matthéüs het `n goeie geheue vir feite gehad, maar `n swak een vir die leerstellings.{jev01.037,04-06; jev01.038,03-09; jev01.082,04}
03] Van My familie aangeleenthede het hy (Matthéüs), solank as wat hy met My rondgetrek het, baie min geweet, en wat hy geweet het, dit was by tye deur Jakobus, Simon en Johannes aan hom vertel, maar wat hy nie onmiddellik opgeskryf het nie, maar eers `n paar jaar later na My opstanding, toe hy in die plek van Judas Iskariot tot `n Apostel verkies is."{Apg.01,24}
04] "Hierdie Apostel Matthéüs self, as `n Evangelis, het sy Evangelie baie ordentlik en korrek saamgestel en daarmee na die suidoostelike streke van Asië gereis."
05] "Maar toe het daar in Jerusalem, in Galilea, in Samaria, in Tyrus en Sidon vyf Mattheusse na vore gekom, en elkeen het `n Evangelie Matthéüs geskryf; waaronder die een wat in Sidon verskyn het, onbetwisbaar nog die mees aanneemlikste een was.
06] "Die ander vier is by die groot kerkvergadering in Nicea, wat nie met hierdie, maar ook nie onder mekaar ooreengestem het nie, geheel en al as apokrief verwerp, terwyl die Sidonese, as die mees waarskynlik egte een behou is. En so is hierdie een gedeeltelik ook apokrief, alhoewel die skrywer alle denkbare moeite gedoen het om die saak so waar as moontlik daar te stel.
07] "Hy self het eintlik - in plek van hierdie een - veertien Evangelies, afhangende van hoe iemand vir hom die saak as vermeende ooggetuie oorvertel het. Uit hierdie veertien het hy dan `n vyftiende een geskryf, wat volgens die beoordeling van baie gesaghebbendes as die belangrikste en mees korrekte een verklaar is; en hierdie pseudo-Matthéüs, wie se eintlike naam L'Rabbas was, is die skepper van die huidige Matthéüs Evangelie."
08] "Maar die werklike een bevind hom nog vandag in `n groot boeke- en skrifversameling in `n beduidende bergstad in Agter-Indië, wie se skrif- en boekeversameling waarskynlik die grootste en rykste een op die hele aarde is, na die een wat in Alexandria afgebrand het. Dit bestaan uit verskeie miljoene boeke en geskrifte van alle soorte, tot watter versameling ongelukkig net die hoë priesters, wat onder die opperste priester Brahma staan, toegang het. Die Birmane alleen besit `n egte, maar baie verkorte afskrif daarvan."
09] "Julle wil seker ook weet wat met die Apostel Matthéüs in hierdie lande van Indië tot aan sy einde gebeur het? Hy is heel goed ontvang daar, maar durf sy leerstellings net aan die priesters en aan geen ander mens meedeel nie. Maar op sy oudag het hy tog, deur die leiding van My Gees, `n geleentheid gevind om na die Birmane te kom, en het vir hulle allerlei wysheid geleer en het dan ook vir hulle die reeds voorheen genoemde verkorte Evangelie geskryf."
10] In sommige beter tradisie word hierdie Apostel en nog `n kollega ‘die Apostel van Indië' genoem."
11] "Hieruit kan julle maklik aflei hoe dinge met die aan julle bekende ‘Matthéüs Evangelie' staan, so ook met die aangehaalde Hoofstuk13, waar gesê word: "Is hy dan nie die timmerman se seun nie? Is sy moeder dan nie Maria nie? En sy broers Jakob en Joses en Simon en Juda nie? En sy susters - is hulle dan nie almal by ons nie? Waarvandaan het hy dit dan alles gekry?"{mt.13,55; mk.06,03}
12] Om dit te verstaan, moet `n mens weet wat reeds in Johannes genoem is, dat Ek eenmaal na Nasaret gekom het, daar in die sinagoge gepreek en sommige wonderwerke verrig het; en toe my Apostels en Dissipels selfs opmerkings daaroor gemaak het, Ek vir hulle gesê het: ‘`n Profeet geld nêrens minder as in sy vaderland' nie, en het dan ook Nasaret verlaat en daarna nooit weer daarheen teruggegaan nie. 
13] "Maar wat My sogenaamde broers en susters betref, was hulle wel kinders van Josef uit sy eerste huwelik; maar nie kinders van Maria nie, wie se eerste maar enigste Seun Ek was.{mt.01,25; lk.02,07}
14] "Maar wat die susters betref, was hulle nie dogters van Josef nie, maar kinders van sy arm familie, en `n mens het ook na hulle as susters verwys, omdat hulle geheel en al na die sin en wil van Josef en ook Maria geleef en gehandel het."
15] Drie van die broers het saam met My getrek, naamlik Jakobus, Simon en Johannes; maar twee het agtergebly en die beroep van Josef beoefen en het Maria versorg tot op die stadium dat Ek vir haar aan Johannes vir verdere versorging oorgegee het."

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205