Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Lukas Evangelie en die ‘jongste oordeel'
(GH3,333 - 19/3/1864)
01] Die genoemde skynbare teenstrydighede sal julle ook in die Evangelie van Lukas vind; want hierdie Evangelis het eers vyftig jaar na My die Evangelie geskryf en ook die Apostelgeskiedenis; maar ook sy Evangelie is `n samevoeging van dit wat hy deur ywerige navorsing oor My en die Apostels tot stand gebring het.
02] Alles wat hy geskryf het, het hy vir sy bekende vriend Theophilus na Athene gestuur, waarop Theophilus toe weer `n evangelie uit die evangelies van Lukas geskryf en met verskeie byvoegings verryk het, maar onder andere ook sommige foute daarin vermeng, wat gelei het tot sommige teenstrydighede, veral ten opsigte van die natuurlike letter betekenis, veral My hoogs tirannieke optrede met betrekking tot die ‘jongste oordeel', wat glad nie met die enigste, tot nou toe nog, mees korrekte kort Evangelie van Johannes ooreenstem nie; tog geestelik nog altyd `n beligting toelaat, - en ons sal daaroor en oor nog baie ander dinge in die volgende woord praat. En dit is dus eers genoeg vir vandag. Amen.{lk.01,03; b mt.25,31-46; lk.21,25-27; Apg.17,31} 
03] Ek het al gister vir julle genoem, dat van die besondere ‘jongste oordeel' in die Evangelie van Matthéüs (L'Rabbas) en nog meer by die Evangelis Lukas breedvoerig melding gemaak word, en dat juis daardie jongste oordeel meestal skuldig was en nog is, dat baie mense hulleself van My leerstellings afgewend het, vir hulleself leerstellings uit suiwer vernuftigheid volgens hulle verstandelike vermoëns gevorm het, daarvolgens vir hulle medemense geleer, self gehandel en geleef het, en van die skrikdag leerstelling en die profete niks meer wou hoor en weet nie.{mt.25,31-46; lk.21,25-27; Apg.17,31}
04] Want hulle het gesê, en was ook nie verkeerd nie: "Hoe kan `n oneindige wyse God, uit wie se groot en klein skepsels sig- en voelbaar net die liefde inasem, juis die grootste aantal mense alleenlik daaroor geskep het, net om hulle na `n kort lewe op `n materiële wêreld, wat in elk geval net deur allerlei dood en ellende saamgestel is, na die oorgang na die hiernamaals, vir ewig te martel en te pynig vir die oortredings wat hulle in hulle liggame op aarde begaan het?"
05] Ek sê vir julle, so iets sal nie eers vir die ergste en kwaadwilligste tiran op aarde moontlik wees nie, want dit is sekerlik vir sommige van julle uit die geskiedenis van die oer-, voor-, na- en teenswoordige tyd nie onbekend nie, dat te groot tiranne ten slotte vir hulleself bang geword het - en sommige van hulle begin het om te vlug, sonder enige spesifieke rede, behalwe op grond van `n steeds toenemende vrees vir hulleself, en het ook gewoonlik op so `n vlug hulle ondergang gevind.
06] Hier kan Ek julle net met betrekking tot sulke uitwerpsels van menslike boosheid dit byvoeg (as verduideliking van sodanige verskynsel), dat hulle, na `n sekere tyd van tirannieke heerskappy, van steeds meer en meer bose of ongegiste demone in besit geneem word en dat hy as werktuig vir hulle demoniese wraaksug, wat hulle teen `n volk wou uitoefen, moes dien.
07] Wanneer `n mens hierdie tiranne, wat voor die oë van die wêreld werklik gruweldade der gruweldade opgehoop het, daarom reeds vir ewig in die hel moes verdoem, dan sou jy as regter, ja, self `n groter tiran wees as wat hulle dit was. Hoe kon Ek daar (as Ek so `n skerp regter was), vir die Vader, as die ewige liefde in My, onder die grootste pyn van My liggaam vir al daardie, wat vir My gekruisig en laat kruisig het, smeek dat Hy vir hulle moet vergewe, aangesien hulle nie geweet het wat hulle doen nie! -{lk.23,34}
08] Want die fariseërs, vanaf die hoëpriester Kajafas tot by die soldate, wat My liggaam aan die kruis geslaan het, - hulle het werklik nie een geweet met Wie hulle nou eintlik in My te doen gehad het nie. Want die fariseërs het My, ten spyte van My dade en leerstellings, eerstens as `n hoofmagiër uit die skool van die Esseners beskou (hierdie gedagte spook nog), wie by hulle uiters gehaat was, en tweedens het hulle vir My as `n opsweper van die Judese volk beskou, wat vir die Romeine `n geleentheid berei het sodat hulle alle vryheid vir die Jode en ten slotte ook hulle geloofskultuur sou verbied.
09] Daarom, hoe groter tekens Ek dus volbring het, des te meer het My vyande, wat aan julle bekend is, gegroei.
10] Maar wat die soldate aanbetref, was die meeste soldate van die Romeine huursoldate gewees wat uit alle nasies van die Romeinse ryk bymekaar gegooi was en hulle was vir die Romeine al hoe meer voordelig en bruikbaar, hoe meer grusaam en harteloos hulle hulleself tydens gevegte en kleiner teregstellings gedra het; want `n gevoelvolle Romeinse soldaat sou `n onding vir die oorlogsgesinde Romeine wees. Maar hieruit kan afgelei word dat die gewone Romeinse huursoldate nog minder geweet het wat hulle doen, as My aartsvyande self, wat aan julle bekend is, en hier kan weer gevra word of dit volgens My goddelike wysheid werklik reg en regverdig sou wees om hulle almal, vir dit wat hulle aan My gedoen het, vir ewig in die hel te verdoem en hulle te gooi in ewige marteling en pyn?{mt.25,31-46}
11] Het Ek dan die regterkantse misdadiger, wat soos bekend vir My aan die kruis gespot het, daarom verdoem? - Dit staan werklik nêrens geskryf nie; maar die ander misdadiger, wat My as `n regverdige erken het en vir die regterkantse misdadiger weens sy spottery `n goeie berisping gegee het, het Ek daarvoor die versekering gegee dat hy nog op dieselfde dag by My in die Paradys sou wees, alhoewel hy vir roof en moord aan die kruis moes sterf. (Paradys, toestand van vrede, maar nie hemel nie.) {lk.23,39-43}
12] Waar is die sodanig verskriklik gesketste oordeelsdag dan, waarvolgens skaars `n desiljoenste deel van alle mense in die hemel sou beland, maar al die ander vir ewig in die hel?!
13] Hoe kon Hy van sodanige skrikdag gepreek het, wat in die Tempel vir die vrou wat owerspel gepleeg het, die skuld in die sand geskryf het, en by `n ander geleentheid, in teenwoordigheid van baie sondaars, hardop uitgeroep het: "Kom almal na My toe, die wat vermoeid en belas is, Ek sal julle verkwik!" {joh.08,03-11; mt.11,28}
14] Weereens het Ek op `n tyd gesê, toe `n skrifgeleerde My gevra het, wat so `n halwe geloof vir My betuig het: "Meester! Ek erken, dat U reg en regverdig geleer het, en `n mens kan niks daarteen sê van dit wat U geleer het nie; maar tog sê U in U boodskap: ‘Wie aan U glo en volgens U woord handel, die sal die ewige lewe hê, ook dan, wanneer hy, indien dit moontlik was, eenhonderd maal sou sterf in die wêreld!' Maar kyk nou na die volkere en mense op hierdie aarde, wat van U en U boodskap in twintigduisend jaar en meer niks sal verneem nie; hoe sal hulle aan U glo en volgens U woord lewe? Sal daardie byna tallose mense almal na die ewige dood oorgaan, omdat hulle nie aan U kon glo en nie U woorde kon hou nie?"{joh.08,51; joh.06,40 .47} 
15] Aangesien daardie skrifgeleerde by `n geleentheid so `n vraag aan My gerig het, het Ek vir hom die uitspansel, wat oortrek was met sterre, met twee vingers gewys: "Kyk daar na bo, dit is die huis van My Vader! In daardie eindelose groot huis is daar baie kamers. Wie nie vir My hier kon leer ken en My lewendige woord verneem het nie, vir hom sal daar beslis in hierdie groot huis `n geleentheid vir die doel van sy ewige lewe gevind kan word! Daarom moet jy jou nie oor hulle bekommer nie, die wat nou en ook in die latere vervolg niks hier van My sal verneem nie, want ‘My Vader' ken hulle almal en het ook nie een tot die ewige val, maar tot die ewige opstanding uit Sy liefde en wysheid in die lewe geroep! En jy het daardeur aan My `n skynbaar wyse, maar tog steeds ydele vraag gerig."{joh.14,02}
16] Het Ek daarom die ‘slegte opsigter' se werkgewer, wat julle almal in `n mindere of meerdere mate is, weens sy swak huishouding verdoem, omdat hy sy werkgewer bedrieg het, maar daarby `n weldaad aan die skuldhouers bewys het, en dit nog boonop omdat hy goed geweet het dat sy werkgewer hom sal afdank? Ek het toe nie gesê: Moenie soos so `n opsigter word nie - maar doen dieselfde, soos wat ook hy gedoen het, en hulle, vir wie julle op rekening van My Naam geestelike en liggaamlike weldade verrig het, sal julle eendag in hulle hemelse wonings opneem! {lk.16,01-09}
17] Waar is daar by so `n boodskap enigiets van die skrikwekkende jongste oordeelsdag te sien, waarin die twee aan julle bekende wraakevangeliste, L'Rabbas in die plek van Matthéüs en Theophilus in die plek van Lukas, hulle skuldig gemaak het aan verskeie dinge rakende My liefde en wysheid?
18] Maar die mees skrikwekkende is eers na die groot kerkvergadering in Nicea - sowel van Griekse kant, en nog meer van die Romeinse hoofbiskoppe gedoen; want hulle het geen moeite ontsien, deur gedeeltelik uit die heidense Tartarus en deels uit die oud-Joodse Sheol, aan die jongste oordeel, die vagevuur en die hel die lewendigste kleure toe te voeg en het uit My in een persoon, die aan julle bekende Äakus, Minos en Rhadamantus, wat die regteramp in die hiernamaals oor die verstorwe siele beklee, gemaak. Ek moes daarvolgens alles onverbiddelik en onbarmhartig veroordeel, verdoem en vir ewig in die hel in vervloek, wie nie aan die verordeninge en bevele van die sogenaamde ‘heilige vader' in Rome gehoor wou gee nie.  
19] Ek meen om ook hierdeur voldoende aan te toon, dat nóg Ek, nóg enige van My ware Evangeliste, die uitvinders en leermeesters van dit alles is en kan wees nie. Want Ek kan tog nie van Myself wil beweer dat Ek die hoogste liefde en barmhartigheid is en môre die hoogste wraakgierigheid, onverbiddelike onbarmhartigheid en ewige straf- en martelsugtigheid teen My kinders handhaaf, op grond van hulle oortredings, waaraan hulle dikwels grondoorsaaklik nie die honderdste deel werklike skuld dra nie. Ek het nie gekom om dit wat verlore was, nog meer verlore te maak nie; maar om dit in alle liefde op te soek en weer na die lig toe te bring, sodat dit nie verlore gaan nie. As Heiland het Ek tog net ter wille van die siekes, en nie vir die wat gesond is, in die wêreld gekom nie. Moes Ek dan die siekes nog sieker maak as wat hulle in elk geval reeds was? Dit sou die leerstellings in die sin van die fariseërs gepas het, en in besonder die baie sogenaamde heilige vaders in Rome, maar nie volgens My sin nie, aangesien Ek selfs nie eers vir My as mens deur ander mense as ‘goeie meester' laat aanspreek het nie. Dan is dit tog onmoontlik! Ek het gesê: "Waarom noem julle My goed, niemand is goed behalwe God alleen nie"; dus moet julle ook niemand ‘Vader' noem nie, behalwe julle Vader in die hemel, en niemand is heilig, as slegs julle God alleen nie! {mt.18,11; lk.15,04-07; mt.19,17; mt.23,08; mt.23,10; mt.23,09}
20] Wat moet dus van sodanige ‘Plaasvervanger van God op aarde' gehou word, wat homself ‘Heilige Vader' en ‘U Heiligheid' laat noem, en wat moet van die jongste oordeel en voorafgaande besondere oordeel, vagevuur en hel gehou word, wat die meeste deur hom voorgehou word?
21] Ek sê vir julle, net so min as van sy heiligheid, van sy onderdanige hoogwaardigheidsbekleërs, van die stoel Petri in Rome, watter stad Petrus nooit gesien het nie, en van die kruispartikels van daardie kruis, waaraan Ek gekruisig is, wat op grond van baie wyse redes net so min op die hele aarde êrens as eg gevind kan word, soos My liggaamskleed, wat al dikwels in Trier in Duitsland vertoon is, nie eg is nie; of die gebeentes van die liggame van die drie konings in Köln, of die drie ysterspykers in Mailand, aangesien van hulle in alle Romeinse en Griekse kerke tesame, so `n groot hoeveelheid beslaan, dat `n klein trein daarmee gebou kon word. Oor die ander dinge kan julle julle eie afleidings maak en dit is nie meer vir My nodig om nog iets daaroor te sê nie. Dat `n mens tot nou toe reeds drie egte koppe van Johannes die Doper gevind het, sal min of meer aan julle bekend wees, ook dat in die (vermeende) grot van My geboorte, nog steeds versteende melk van My moeder Maria opgetel en vir geld aan die vrome pelgrims verkoop word, langs baie ander heilige relieke!
22] Bly dus net by die Evangelis Johannes; want daardie Evangelie, soos sy Openbaring, is deur sy hand geskryf. Maar wat die twee ander Evangeliste betref, dit wil sê, Matthéüs en Lukas, het Ek julle reeds gewys watter omstandighede daar tydens die twee Evangeliste geheers het. Naas Johannes is Markus die belangrikste om na te kyk, want dit wat hy baie kortliks gee, het hy meestal uit die geskrifte en leerstellings van die Apostel Paulus geskep. En hiermee puncto met die vermeende aller verskriklikste aan die einde van alle tye komende jongste oordeelsdag - Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205