Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

SKRIFVERDUIDELIKINGS DEUR JESUS
Die 40 dae in die woestyn
{lk.04,01-13; mk. 01,12-13;} (GH3,338 - 20/3/1864)
01] Voortsetting van die verduideliking van daardie verse wat reeds sedert lang tye vir alle geleerdes en ook baie teosowe, selfs van die beste soort, `n steen des aanstoot was.
02] Onder hierdie verse, waar daar veral baie by Matthéüs en Lukas voorkom, behoort ook daardie, waar daar sprake is daarvan hoe Ek deur die Gees in die woestyn gelei is, vir veertig volle nagte en dae daar gevas het en My uiteindelik drie maal deur die duiwel laat versoek het, aangesien Ek reeds baie honger was.
03] Onder natuurlike omstandighede is hierdie storie natuurlik totale onsin, want as `n gewone mens (en in `n normale toestand) kan niemand so lank sonder spys en drank bly nie, aangesien `n kwart van daardie tyd vir elke mens voldoende sou wees om die fisiese lewe in te boet. 
04] Verder sal elkeen tog kan insien, of daar in `n werklike woestyn ook werklik net vir die uiterste noodgeval iets om te eet en te drink gevind kan word! `n Mens moes dan hoogstens met `n bietjie dorre mos, verdroogde seidissel bossies en so meer tevrede wees, en ure lank loop totdat jy op `n bietjie vrot water afkom, om die dors te les. Daaruit kan gesien word dat so `n manier van vas in natuurlike opsig hoogstens net by daardie diere kan plaasvind wat `n winterslaap ondergaan, maar nooit by die mens nie, waar niemand langer as agt dae sonder spys en drank die fisiese lewe kan behou nie.
05] Maar mense sal hier, op grond van `n sekere selotiese oogpunt die opmerking kan maak: Ek was tog nie net `n gewone mens nie, maar gelyktydig ook God, en die Godheid in My kon My liggaam goed vir veertig dae en nagte sonder spys en drank aan die lewe hou! - Maar Ek sê daarteen: Indien dit die geval was, dan het Ek nie gevas nie, want die natuurlike kos het ook net, van God so bestem, die krag om die menslike liggaam te voed en te onderhou. Is dit dan nie een en dieselfde, of iemand direk of indirek deur die goddelike krag en mag gevoed, onderhou en versterk word nie?!
06] In Asië, naamlik in sommige grotte van die hoë Indië, bestaan daar vandag nog `n eiesoortige lugsoort waarin mense baie weke lank sonder spys en drank kan deurbring. Hulle word derhalwe ook ‘lewensgrotte' genoem. Daar kom sodanig versterkende en voedsame uitwasemings voor, dat dit die menslike liggaamsorganisme net so goed kan onderhou soos spaarsame kos en ooreenkomstige drank. Daardie grotte, en ook die omringende grond vir `n taamlik lang afstand, is - en word gedeeltelik nog - as heilig beskou, en dien vir menigte arm mense, wat daarheen reis, vir maande lank as blyplek; want eerstens word hulle in sulke grotte gevoed en word, veral siekes, op `n eiesoortige manier versterk en daardeur weer genees. Indien die grotte dikwels nie voldoende plek het nie, dan word daar in die reeds bogenoemde grond grafte gegrawe en die siekes en die wat honger is, daarin neergelê, sommige in `n soort doodskis met gate daarin, die meeste egter heel nakend, met net die kop in `n doek gehul, en daarna met skoenhoogte grond bedek, waar hulle dan in so `n graf ook vir `n paar weke kan uithou, en daar soos van `n magnetiese fluïdum versterk en van baie siektes genees, weer kan teruggaan na hulle tuistes, natuurlik nadat `n klein offer aan die priesters, wat die grotte en grafte bewaak, gegee is; en tweedens lok sulke pelgrims wat gevoed en genees is as lewendige getuies van hierdie wonderwerk, wat hulle weet om baie kleurvol oor te vertel, baie vreemde mense, dat hulle dan met groter skatte belaai na hierdie wondergrotte en grafte reis en vir die priesters vir hulle genesingsbewyse aansienlike hoeveelhede goud en silwer agterlaat. 
07] Nou eers ontstaan die vraag: Waarvandaan kry hierdie grotte en die grond in die omgewing sulke voedingstowwe? Die antwoord sal vir `n wetenskaplike navorser seker nie te moeilik wees om te verstaan nie. Die hoë Tibet is in besit van uitgestrekte rye van die hoogste bergreekse op die hele aardoppervlakte. Hierdie baie uiters hoë berg- en respektiewelike gletserpieke trek dan ook voortdurend die sterkste hoeveelheid van die elektromagnetiese fluïdum, hoofsaaklik uit die noorde, en as uitruiling ook van die Suidpool aan. Die elektromagnetiese fluïdum van die noorde (positief) verbind spesifiek in die meer suidelik geleë dele van hierdie indrukwekkende gebergtes met die opstromende negatiewe fluïdum uit die suide en vorm daar `n heel eiesoortige lewenstof, wat dikwels so sterk is, dat takke wat van `n boom afgekap en op die grond geplaas word, nie verdroog nie, maar aaneen groen bly, nuwe wortels in die grond dryf en opnuut tot nuwe bome groei, met watter (lewenskragtige) rede `n mens in daardie omgewing nog op `n hoogte van 14 000 voet bo seespieël, `n ryke gras- en struikplantegroei aantref soos nêrens anders op die hele aardoppervlakte nie. 
08] Ek het hierdie voorbeeld daarom hier geplaas, om vir julle te wys dat daar in die verre en hoë Indo-asië, waar op hoogtes van 5 000 tot 8 000 voet bo seespieël nog ryk draende wingerde verbou word, wel vir veertig dae en nagte gevas kon word; slegs in `n woestyn, en dit nog die klipperige Arabië, en spesifiek die woestyn Sahara in Afrika, moet iemand dit net probeer om veertig dae en nagte te vas, en ek waarborg hom dat hy in daardie tyd reeds in `n volmaakte mummie sal verander. {mt.04,01; lk.04,02; mk.01,13; Ex.34,28; 1 kon.19,08; jev09.134,11a} 
09] In die omgewing van Galilea, net soos Kanaän en Samaria, het in My tyd geen sodanige woestyn bestaan nie, waar `n mens om versadig te raak, nodig gehad het, om brood uit klippe te maak. En Ek as God en Mens sou, om vir My te onderhou, soos reeds gesê, dit nie nodig gehad het nie; want sou Ek natuurlike kos in die tyd, al was dit hoe min, geëet het, dan sou Ek, volgens die begrip van die selote, nie gevas het nie, en sou Ek vir My deur die Godheid in My wonderbaarlik onderhou en laat versterk het, dan sou Ek net so min gevas het as `n pelgrim in die bogenoemde hoog geleë Tibetaanse grotte. Dus is My vas (in die woestyn) soos beskryf in die ware pseudo-Matthéüs, net soos baie ander dinge, geheel en al verkeerd verstaan, net soos aan die einde van die vastydperk die letterlik vertelde versoeking deur die duiwel, wat Ek weens die een of ander rede oor My laat bring het, en Ek sou by al My oneindige wysheid werklik nie verstaan waarom nie? Want - wat is dan eintlik die duiwel of die Satan? Dit is die dooie materie en die geoordeelde geeste wat daarin gebonde is en wat daardeur dikwels vir uiters lang tye daar is, wat nêrens meer star en meer geoordeel is, as juis in `n woestyn waar daar meer dood en minder lewe voorkom. {mt.04,02; lk.04,02; mk.01,13; Ex.34,28; 1 kon.19,08; b mt.04,03-10; lk.04,03-13}
10] Maar indien dit die duiwel of Satan was, en Ek Self sedert ewigheid uit die hoogste liefde en wysheid bestaan, met watter rede moes Ek My dan op so `n wyse deur die Satan laat versoek het, waaroor `n net bietjie helder denkende mens die kop moet skud? Ek kon ook sonder sy raad brood en drank aan My verskaf het om daarmee My liggaamlike persoon te voed, aangesien Ek tog dikwels daarna in staat was om vir `n paar keer baie duisende met baie min brode te versadig, en ook baie kere die leë spense met brood, meel en soortgelyke dinge, en die leë wynvate in kelders vol gemaak het.
11] En waarom moes Ek My deur die versoeker op `n toring van die Tempel van Jerusalem laat plaas? Vir die doel sou tog enige hoë rotswand ook voldoende gewees het, waar Ek nie van so baie mense, wat altyd om die Tempel was, gesien en dopgehou moes word nie. Sou Ek werklik op `n uitstaande muurkrans van die Tempel gestaan het, dan sou die een of ander sekerlik vir My gevra het, hoe Ek daar bo gekom het en wat Ek daarbo sou gemaak en gesoek het, en die mense sou my dan ook van hierdie tyd af nie meer so maklik toegelaat het om weer na die woestyn terug te keer nie. Van Jerusalem af sou daar oor so `n gebeurtenis verseker notisie geneem gewees het en oorvertellings sou weer daarvan gemaak word.
12] Ten slotte vereis die duiwel op die kruin van `n hoë berg, wie se naam die Evangelis nie noem nie, waarskynlik op grond van die eenvoudige rede, omdat die Sidonees (L'Rabbas, die skrywer van die Matthéüs-Evangelie) Galilea of Kanaän te min geken het en dus ook enige naam van `n onbekende berg geleen het, waarop Ek, as Eienaar van die totale oneindigheid, gestaan het, om die Rykdom van hierdie aarde te ontvang, wat in sy totaliteit niks vir My beteken nie, om vir hom te aanbid, waarna Ek eers vir hom die consilium abeundi gegee het. {mt.04,01-11; lk.04,01-13; mk.01,12-13} 
13] Ja, daar is iets daaraan geleë, aan die verhaal van die werklike Evangelis Matthéüs maar wat in julle Evangelie totaal verkeerd begryp en verkeerd verstaan is; maar dit is nie in die geringste materieel nie!
14] Ek het vir My werklik vir veertig dae van die huis van Josef onttrek en het na die omgewing gegaan waar Johannes die Doper dan hier en dan daar naby die Jordaanrivier sy boetepreke gehou het; en Ek het My ook in My menslike natuur daarop voorberei, wat Ek binnekort daarna aktief begin doen het. 
15] Dat Ek, as mens, by daardie geleentheid net baie spaarsaam geleef het, is vanselfsprekend, aangesien Ek as timmerman tog nooit `n swelger was nie.
16] Ek het met My Gees nie net die hele aarde deurdring nie, maar die hele oneindige materiële skepping met die doel (`n verdere oorweging), hoe dit die vinnigste en maklikste sou wees om al die geeste wat in die materie gevange was, die volle vrywording van hulle eie ek en volste selfstandigheid van hulle ten volle geoordeelde wese te bewerkstellig. Daarvoor het Ek juis hierdie toets in verbinding met My liggaam met My Gees onderneem. 
17] En kyk, in Myself het drie volmaakte moontlikhede hulleself vertoon.
18] Die eerste het daarin bestaan, om die hele materiële skepping in een oomblik op te los en vir al die daarin gevange geeste `n eiebestaan te gee, waarin hulle My wel sal kan erken, maar nooit ten volle gelyk aan My kon word nie.
19] Tweedens, om hulle vir nog `n kort tyd in die materie te laat, maar om hulle dan te laat opstaan sonder die baie ontwikkelingsvlakke; om hulle dan in sekere groepe te deel en op die wyse te laat voortbestaan. Maar in hierdie geval sou hulle hulleself binne hulle groepe sodanig vorm en ontwikkel, deur met baie hoë intelligensie toegerus, maklik van die hoë torings van hulle erkentenis kon afstort, en vir My sou dan weer `n tweede gevangenskap in `n meer vaste materie noodsaaklik word.
20] Derdens het ook `n moontlikheid daarin gelê, om al die gevange geeste weer op een slag op te wek en hulle op die vlak van die oergeskape groot geeste, maar afsonderlik, te plaas. Maar dit sou beteken, om hulle aan die oer-hoogmoed bloot te stel, en daar sou uit die een verlore seun tallose eons geword het, wat baie moeiliker die ware pad huis toe sou gevind het. Hierdie groot idee is dus deur My as onbruikbaar beskou, en die weg, naamlik, dat Ek die materie Self in My volle Goddelikheid moes deurbreek en deurwandel, vir alle ewigheid die aangewese en finale een was, waarop die hele geskapenheid tot sy volste vryheid en selfstandigheid, gelyk aan My kon word. 
21] En kyk, daarin bestaan geestelik My vas en die te materiële verhaal van die Evangelis oor die versoeking van die duiwel aan My persoon.
22] Dus is ook hierdie evangeliese saak aan te neem, te glo en te verstaan. Maar wie dit volgens die materiële daarstelling aanneem, sal maar in die groot hiernamaals op die verduideliking en die verstaan moet wag; en sulkes wat moet wag sonder eie skuld, is daar reeds baie. Daarom sal dit ook nie vir hulle as `n sonde gereken word nie, maar hulle sal in `n meer helder sielstoestand van iets beter in hulle innerlike gewaar word. Want hoe wil `n mens dit dan vir die baie stokblinde mense as `n sonde toereken, waaraan hulle nie die geringste skuld dra nie? Soos vanself ontstaan hier nog twee vrae wat beantwoord moet word.
23] Die eerste: Waarom het Ek, as alwetende en almagtige God en Heer, dit dan toegelaat dat My suiwer aan die Apostel en selfs baie ander mense gerigte woord van hierdie en van so baie Evangeliste nie selde op die mees teenstrydige wyse oorlewer is, en dat dit, deur My weinig waarneembare aksies om dit tee te werk, onderneem is nie?
24] Hierdie vraag is dieselfde, soos iemand wat My sou vra waarom Ek op hierdie aarde nie net hawer, koring en gars en goeie vrugtebome uit die bodem van die aarde laat groei nie. Ek glo, dat hierdie vraag nie van naderby beantwoord hoef te word nie, aangesien die mens reeds sedert lang tye deur sy navorsing die ondervinding opgedoen het, dat daar nie een soort onkruid op die hele aarde voorkom waaruit, by korrekte aanwending, nie iets nuttig en heilsaam berei kan word nie. Die aptekers en dokters sal dit die beste verstaan dat `n mens nie uit suiwer koring, graan en gars `n koors kan genees nie, geen uitslag kan verdryf en geen maagongesteldheid kan kalmeer nie!
25] Soos wat dit hier van toepassing is, dat alles sy nut en doel het, so het ook die baie dwaal- en bygelowige mense op hierdie aarde hulle nut en doel; want sou almal, soos hulle reeds op die wêreld aanland, sodanig verlig gewees het soos die aartsengel Rafael, maar nog hulle trae liggame gedra het, dan sou ook geen mens geroer het om oor iets na te dink en met iets gemoeid te wees, die reine waarheid te soek en te vind nie. - Daar sou binnekort `n algehele letargie ingetree het, aangesien geen mens vir die ander van nut kon wees of hom skade kon toevoeg nie. So word die mense, wat met `n meer helder verstand begaafd is, eers deur die wat dom is in regverdige ywer geplaas, om die domheid en duisternis, hoe meer dit dreig om uit te brei, met meer ywer en energie teen te gaan, en het dan `n groot vreugde daaraan, indien hulle deur hulle ywer, `n groot aantal blinde dwase op die weg van lig gebring het.
26] En vir hierdie behoefte deug dan ook die Evangelies wat in die materiële letterbetekenis teenstrydig is; die suiwer Gees is nog steeds daarin teenwoordig, wat elke klein verligte mens net in My kan raaksien.
27] Maar wat die sogenaamde gewone mensdom betref, wat in hulle blinde eenvoud nes kinders ook die wasser vir die werklike munt aanneem, doen dit hulle geen skade nie; want julle weet dan, dat in My Vader se huis baie wonings en skole is waarin sulke geestelik verarmde siele tot `n regte lig kan kom en ook sal kom. En daarin lê die oorsaak waarom Ek met die sogenaamde verstand-, vernuf- en sinnelose goewerneurs van God op hierdie aarde geduld het en dra. Maar alles het hier sy tyd en duur. Wat vandag nog blom en bestaan, kan môre reeds verdor en vergaan! Dit sou dan die antwoord wees op die eerste vraag.
28] Maar die tweede vraag bestaan daarin: Hoe kon Ek, as die hoogste wysheid van ewigheid, met Myself so te sê `n selfversoekende raad hou, op watter wyse al die geeste wat in die materie gebonde is, op die mees doeltreffende manier na hulle vryheid en selfstandigheid kan oorgaan? Nou, hierdie vraag blyk natuurlik moeiliker te beantwoord te wees as die eerste. Ek sê net: Kan Ek, as die ewig hoogswyse wese, nie ook van tyd tot tyd vir My die genot gun, om by baie groot en gewigtige skeppingsaangeleenthede, met My inwendige liefde (die Vader) `n bietjie beraadslaag hoe dit of dat beter en meer doeltreffend gedoen kan word nie? So `n beraadslaging is vir My `n verhoogde saligheid, net so ook vir al My engelsgeeste in die hele oneindigheid wat hoogs wys is!
29] Die dieper nadink oor `n hoogs belangrike aangeleentheid dien dan vir `n goeie en wyse mens van hierdie aarde as `n groot en besaligende genot; waarom sou Ek, as die Oer-Skepper van tallose gedagtes en wense in die mens en engele - die genot om goddelik te dink, geheel en al ontbeer? -
30] Ek kon ook op aarde alles sodanig inrig, dat die vrugte, wat eers mettertyd ryp word, reeds rypword soos die reën, hael en sneeu soos wat die Manna vir die Israeliete in die woestyn destyds op die aarde geval het, of dat hulle minstens op die bome en struike van vandag tot môre ryp word. Maar Ek meen, dat juis volgens My raadsbesluit, alles op die beste manier op hierdie aarde ingerig is, soos wat dit nou ingerig is. En die mense is uiteindelik net so bly oor `n boom wat blom, as oor `n boom wat reeds met ryp vrugte behang is.
31] Sulke vrae, wat `n hoogwyse geleerde mettertyd hier en daar mag aanvoer, kan vergelyk word met die twis van die ou absurde wêreldwyses, wat die hoogs belangrike vraag geopper het: Wat die Godheid nou eers geskep, die eier of die hen? Want sonder die eier sou geen haan, nóg `n hen op die wêreld kon kom nie, en sonder die hen en `n haan kon egter ook geen bevrugte eier in die wêreld geplaas word nie! Maar Ek vra daarenteen: Of daar vir die geboorte van `n sentrale - of ander son of `n aarde ook `n voorafgaande eier nodig was? - Wie dus hierdie groot dinge uit Homself kan voortbring, sal die hoë geleerdheid van die mense van hierdie wêreld tog aan Hom die magtiging verleen - om hetsy `n eier of hetsy die hoenders met `n haan die eerste bestaan te gee?
32] Die eerste menspaartjie het ook nie `n eier benodig om daaruit te kruip nie. Die mens is deur My, net soos enige ander skepsel, volmaak in die materiële wêreld geplaas, en terselfdertyd met die verlening van die daaropvolgende voortplantingsvermoë (tot infinitief), watter aksie baie meer natuurlik is as wat Ek vooraf `n klomp eiers op die aarde sou plaas, waaruit dan alle soorte skepsele deur die hitte van son sou moes uitbroei.
33] Ek meen, met dit sal julle ook met die tweede vraag regkom; en dus niks verder meer van My veertigdaagse en nagtelike vas en oor My duiwelsversoeking in die woestyn nie. Dis goed vir nou, en vervolgens weer `n ander teks uit die Evangelies wat nie met die suiwer verstand en suiwer rede ooreenstem nie. Amen.
34] `n Aanmerking oor die versoeking deur die duiwel in die woestyn wat in die Evangelies genoem word, op die toring van die Tempel en op die kruin van `n hoë berg dien die volgende vir volledige insig van hierdie aangeleentheid, wat vir die hele wêreld misterieus is, maar wat nie na die uiterlike verwys nie, maar slegs in terme van die geestelike wêreld aangeneem en verstaan moet word. (Gegee op grond van sommige bedenkinge van vriende van Lorber, die uitg.)
35] In daardie tyd van veertig dae, ter voorbereiding van My leaarsramp, het Ek dit toegelaat dat daar op `n dag allerlei goeie en ook slegte siele van gestorwe mense na My toe kon kom om hulle probleme voor te lê. Toe het daar teen die einde (van hierdie geeste-oudisie) ook `n siel uit die oertyd na My toe gekom. Dit was op `n tyd `n baie bose heerser en het die bekende woorde, wat in die Evangelie opgeteken is, tot My gespreek, en het hom in die gees op die drie bekende punte beroep. Daarom het Ek vir hierdie siel wat nog baie arm was, wat op `n dag ook op hierdie aarde as mens gewandel en gehandel het, gesê: ‘Die mens leef nie van brood alleen, maar ook van elke woord wat uit die mond van God kom'; en op die toring van die Tempel (ook net in die gees) ‘jy moet vir God alleen dien en hom nie versoek soos wat jy hom eens as mens op die aarde versoek het'; en op die kruin van die berg, waar die gees van hierdie bose koning My belowe het om alle ryke aan My te gee, waaroor hy op `n tyd geheers het, as Ek vir hom `n goddelike verering sou gee; waarop Ek hom toe beveel het om van My af weg te gaan. Want die gees of siel van hierdie koning was baie dieselfde soos die gees of siel van die Babiloniese koning Nebukadnezar, wat dit wat sy naam beteken het, van sy volk ook by die doodstraf verwag het. Maar sy naam beteken dit: " Buiten my bestaan daar geen God nie! Vir my moet julle aanbid en julle god met kosbare offers hoogs vereer." Dat Ek vir Nebukadnezar `n baie seldsame Consilium abeundi (uittrede) gegee het, hoef julle net in die skrif na te slaan en op te lees. So `n mens of gees verdien ook niks beter as dit nie: ‘Gaan weg Satan!' om onder daardie gestalte nooit meer voor My aangesig te kom nie. Hierdie kort opmerking mag vir julle nog as regstellende verduideliking tot My veertig dae en nagte se vas in die woestyn en tot die duiwelse versoekings dien. En nou mag julle met `n ander evangeliese teenstrydigheid na vore kom. Ek sal dit regstel. {mt.04,04; dtn.08,03; lk.04,04; mt.04,05; lk.04,09; mt.04,07; lk.04,12; mt.04,08; lk.04,05; mt.04,10; lk.04,13)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205