Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 25

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Jesus bring die swaard in plek van vrede
{mt.10,34-36} (GH3,350)
01] Maar nou kom die 10de hoofstuk (Matthéüs) met die verse 34 tot 36:
02] "Julle moet nie dink, dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vir julle die vrede van hierdie wêreld te bring nie, maar die swaard om te veg. Want Ek het net gekom, om die mens op te sweep teen sy vader, die dogter teen die moeder en die skoondogter teen die skoonouers. En die mens se huisgenote sal sy vyande wees."
03] Wie hierdie drie verse letterlik opneem, wat boonop nog baie onvoldoende vertaal is, die beland noodwendig in `n labirint van verwarring, waaruit hy ook nie met die lig van `n oersentraalson sal kan uitkom nie. Want soos uit die voorafgaande gesien kan word, leer Ek en begeer Ek alle denkbare toegeeflikheid, vreedsaamheid en vriendelikheid onder die mense; en Moses self leer in sy vierde gebod uit My mond: "Eer en ag en wees lief vir vader en moeder, sodat jy lank mag lewe en dit goed gaan met jou op aarde." 
04] Hoe kon Ek dan `n presies teenoorgestelde leerstelling opstel, waarvolgens `n seun met sy vader, die dogter met haar moeder, die skoondogter met haar skoonouers ens. met die swaard in die hand in voortdurende onmin, boonop nog in een huis, met mekaar moet lewe!
05] Om hierdie tekste, wat oorspronklik werklik van My af is, te verstaan, en hulle as My leerstelling te waardeer, moet `n mens eers weet by watter geleentheid Ek hulle uitgespreek het, en ook hoe, met betrekking tot `n korrekte vertaling. 
06] Die geleentheid was toe Ek by `n plek in Galilea, die pligte vir die volk geleer het, wat hulle vir God en onder mekaar skuldig was. En Ek het vir hulle gesê: "Ek leer vir julle niks anders, as wat My Vader van ewigheid af vir My geleer het nie, van wie julle ook sê, dat hy julle Vader is, maar wat julle nog nooit geken en erken het nie. Want sou julle Hom geken het, dan sou julle ook vir My geken het, aangesien daardie Vader vir My na julle toe gestuur het."
07] Hulle sê toe daarop: "Wat maak jy van jouself; is ons dan nie kinders van Abraham, en het God nie vir Abraham gesê, dat ons almal, wat van hom afstam, sy kinders is nie?" Maar toe word Ek opgewonde en sê: "Julle behoort as afstammelinge van Abraham, God se kinders wees, maar julle is dit al lankal nie meer nie, maar julle vader is die Satan, julle moeder is die legioen van duiwels, en julle skoondogter se skoonouers is julle skaars meetbare blindheid, traagheid en boosheid; en hierdie grootste vyande van die mens is julle huisgenote! - En wie van julle weer die ware kindskap van God wil bereik, gryp eers die swaard van waarheid, wat Ek vir julle leer, en veg teen sulke huisgenote, totdat jy hulle oorwin het."
08] Toe vra die hopie fariseërs en skrifgeleerdes natuurlik hoe Ek dit kon waag om hulle kinders van Satan, alle duiwels en hulle eie blindheid, traagheid en boosheid, te kan noem, aangesien dit tog bewysbaar was dat hulle almal afstammelinge van die stam van Levi is?
09] Maar Ek sê: "Volgens die vlees wel, maar volgens die gees is julle nie van Levi nie - wat van bo is, waar ook Ek vandaan kom, - maar julle (gees) is van onder af; daarom kan julle My ook nie herken nie, maar julle haat en vervolg My."
09] Hieruit sal vir elkeen duidelik wees, en spesifiek vir `n flukse en deeglike kenner van die Hebreeuse skrif, dat Ek hierdie drie verse uit die 10de hoofstuk wat julle opgeval het van die pseudo-evangelis Matthéüs of dan beter, die aan julle reeds bekende l'Rabbas uit Sidon, juis net by daardie geleentheid uitgespreek het, wat Ek so pas aan julle verduidelik het, en woordeliks op die wyse soos wat Ek dit nou aan julle weergegee het. Want die vertaalde verse, wat julle as heel teenstrydig met My Gees uit die Evangelis uitgelig het, sou dan mos vanselfsprekend My hoofleerstelling van naasteliefde, sowel as die wet van Moses, regstreeks tot niet maak.
10] Wie van julle kan, indien hy net `n enkele vonkie geloof in My en My leerstellings besit, van My dink, dat Ek vandag as die heiligste, vir alle mense op die hart druk, om God bo alles lief te hê en te erken, en sy naaste soos homself, en dat Ek môre met `n ander gebod sal kom, en sê: "Haat en vervolg mekaar en waar moontlik met die swaard in die hand." Ek dink dat `n mens genoodsaak sal wees om so `n leraar uit die ryk van die barbare, eerder in veilige bewaring te bring, aangesien so `n leraar klaarblyklik in `n malhuis behoort. En aangesien Ek nou vir julle hierdie tekste in die regte en ware gees verduidelik het, sal julle tog kan insien dat Ek daardeur nie in die geringste My goddelike wysheid teengegaan het nie en sodoende ook nie `n malhuisinwoner is nie, soos wat sommige skrywers van die moderne tyd My al uitgekryt het, wat My, ten spyte daarvan, nie met grimmigheid teenoor hulle vervul nie, maar Ek vergewe hulle dit, omdat hulle werklik nie weet wat hulle doen nie. Nou, vereers genoeg oor die twyfelagtige verse. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205