Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die tyd van die drie diere uit Openbaring
GAWES UIT DIE HEMEL - BOEK 1 - Geopenbaar aan Jakob Lorber op 7 Junie 1841
00] Vraag: Wat beteken Openbaring van Johannes, hoofstuk 13, vers 15-18: "En dit was vir hom gegee, om vir die beeld van die dier die gees te gee, sodat die beeld van die dier selfs kon praat en bewerkstellig, dat hulle wat die beeld van die dier nie sou aanbid nie, doodgemaak sal word. En dit bring almal, die kleintjies en die grotes, die rykes en die armes, die vryes en die knegte daartoe, dat hy `n merk op hulle regterhand of hulle voorkop maak, sodat niemand kan koop of verkoop nie, wat nie die merk sal hê met die naam van die dier of die getal van sy naam nie. Hier toon die wysheid! Wie dit verstaan, bereken die getal van die dier, want dit is die getal van `n mens. En sy getal is 666."
01] Skryf net in My Naam, ek weet reeds waaraan julle tekortskiet!
02] Vir dinge wat ver is, is julle "verlengde oë" nie voldoende om dit te sien nie. Daarom kan julle nie voorwerpe op medium afstand sien nie, omdat hulle vir julle te naby is en daarom ook te min belangstelling vir julle bied.
03] Hierdie verse van Openbaring kan tog met die hande gegryp word, en julle is nie in staat om dit te verstaan nie! - Ja, hoe makliker iets is, hoe meer stompsinnig is julle! - Vra die volgende keer vir iets wat vir julle baie maklik lyk! Waarlik, daarmee sal julle sekerlik meer nederig word as deur hierdie vier uiters maklike verse! - Let nou op:
04] Eerstens word in hierdie hoofstuk van drie diere gepraat: Eerstens van die hoofdraak, tweedens van die dier met sewe koppe van tien horings elk, wat uit die see klim, en derdens van `n lamagtige dier met twee horings op die kop.
05] Wie die hoofdraak is sal julle tog sekerlik weet, nadat Ek vir julle reeds so dikwels, veral in die "Twaalf Ure", voldoende melding van My aartsvyand gemaak het. 
06] Maar indien julle die tweede dier wil herken, wend dan julle oë na die nabygeleë eieliefde, en al die eienskappe daarvan sal vir julle bevestig word! - Dit klim uit die "meer" van alle selfsugtige begeertes en het "sewe koppe", wat beteken vir elke gebod van die naasteliefde `n afsonderlike kop met "tien horings", waarmee van die een sowel as die ander hoofde gelyktydig al tien gebooie (Moses) teëgegaan word. - `n "gekweste hoof" is die orals strafbare diefstal en roof. Maar is daar vir die dier skade daardeur berokken? O nee, want hierdie gekweste hoof is mos volkome genees deur al die politieke staats- en handelswette. En so leef die hele wêreld onder sulke wette en handel daarvolgens - en spot daardeur op `n daaglikse basis vir die lam en sy gebooie. 
07] Die derde dier klim uit die aarde, lyk soos die "lam", maar het ook "twee horings". - Maar wat beteken dit? - Ek sê vir julle, dit is die allernaaste aan julle! - Dit is die industrie wat vir waterdier uiters ondersteunend is en ten slotte selfs verafgod word, en wat met sy twee horings die hoofgebod van die liefde reglynig teenstaan! - Dat dit so is, kyk net na Amerika en Engeland ens!
08] Maar hoe baie hierdie industrie juis deur die derde dier voorgestel word, kyk na die wrede kindermishandeling in die Engelse en Amerikaanse fabrieke, waar hulle dikwels vanaf vyfuur soggens tot nege-uur saans, deurgaans staande, byna halfnakend moet werk, en dit dikwels vanaf hulle agste lewensjaar. Daar word vir hulle geen onderrig gegee nie - behalwe dit wat vir hulle industriële slawe bestemming nodig is!
09] O, as julle net die wese van die industrie met My en deur My kon aanskou, dan sou julle sê: "O Vader, dit is mos die draak self!"
10] Oefen die derde dier nie alle geweld uit van die tweede dier, wie se wond op die kop genees is nie? En veroorsaak dit nie dat byna die hele aarde, dit wil sê, ten minste die hoofbewoners daarvan, die tweede gewonde dier ten volle aanbid nie? Word daar nie konings, vorste en ander (industriële) stigters en uitvinders aanbid en orals van gepraat nie!? Word daar nie in die hele wêreld monumente vir hulle opgerig nie? Produseer dit nie die grootste tekens en laat vuur van die hemel val nie, dit wil sê, leer dit nie heel verstandig vir al die blinde mense, asof sulke fluksheid die eintlike wese van alle godsdiens is en vir God die mees waardige verering nie, indien nie die beste aanbidding nie?! - Is dit dan nie die baarste roof van die vuur van die hemel, om vir die mens te laat glo dat Ek ook deur gruweldade vereer mag word! (Maar dit sal nog net vir `n baie kort tyd aanhou!)  
11] O, kyk net die verleiding van die aardbewoners! Die beeld van die dier met die swaardwond, deur alle politieke geregtigheid, is nou volkome lewendig! Die mense word genoodsaak om hierdie beeld met hulle bloed op te rig! En nou skitter dit en dit praat en gebied, maak dood en word aanbid deur alle wurms en spoeg-lekkers, wat daarom as "geleerdes" en "joernaliste" betitel word, en van nog `n groot aantal brommers (beurs-spekulante), wat van alles iets wil hê, om daardeur, sonder om te werk, iets te verdien.
12] Maar nou moet iemand dit net waag om hierdie dier nie te aanbid nie - dan sal hy binnekort uitvind watter uur vir hom, wêrelds gesien, aangebreek het!
13] Maar dit is die "gees" (of die "lewe") in die beeld van die dier, dat die eieliefde en die hebsug by al die wêreldgroottes die hoogste piek bereik het, dit is die volle getal 666, waarby die eieliefde gelyk is aan 600, die geroofde vuur van die hemel 60 (dit wil sê, om die goddelike gebod tienvoudig tot selfsugtigheid aan te wend!) en die naasteliefde gelyk aan 6 (dit wil sê, die mees volmaakte slawerny is geldig)! - In plaas daarvan om 1 vir honderd te gee, word honderd vir 1 geëis!
14] Kyk en begryp nou die betekenis van die "regterhand" en van die "voorkop", by die grotes en die kleintjies, rykes en armes, die wat vry is en die knegte! Is dit nie die heerssugtigheid, hetsy deur mag of wêreldverstand nie? – Sê My, kan iemand iets sonder daardie tekens vermag? Watter waarde het die mens sonder daardie teken vir die mens? - Waarlik, Ek sê vir julle, indien iemand van julle dogters het, sal hy hulle vir iemand wat "ongemerk" is gee, of sal hulle `n "ongemerkte" een aanneem? Kan iemand, indien hy nie `n teken het of `n amp van die dier verkry het nie, nog enige wêreldgeluk vind?! 
15] Julle is self "gemerk" - behalwe My kneg, wie Ek tot nou toe nog met groot moeite ongemerk kon bewaar. Maar ek sê vir julle, indien Ek dit sou toelaat dat hy een van julle dogters sou vra, dan sal julle hom heel bedenklik aankyk en hom vriendelik aanraai om daarvan afstand te doen, aangesien dit nie van pas is, omdat hy nie "gemerk" is nie!
16] Indien julle dit alreeds met iemand sal doen vir wat ek, in die nag van nagte, vir julle as `n lig gegee het, wat sou julle dan doen, indien iemand anders wat "ongemerk" is, dit sou waag om so iets van julle te verlang? - Ek sê: Julle sou die dogter eerder lewendig toemessel - verstaan julle dit!
17] Ek is van mening dat die "gemerktheid" nou taamlik duidelik vir julle sal wees! Wie kan nou koop of verkoop sonder hierdie teken?
18] Maar die "42 maande" is byna verby, aangesien die gebooie van naasteliefde reeds 5 maal sewevoudig op die eieliefde aangewend is. Maar ek sê vir julle, probeer om die "teken" deur die vuur van My liefde te verdelg, dan sal julle die ware, innerlike lewe bereik!
19] Daarom is dit juis nou so moeilik, om na die innerlike lewe uit en in My te gelang, omdat die "teken" elkeen in die wêreld brand (dit wil sê, na die wêreld en sy oëverblindery dryf). Daarom moet julle vir julle van die wêreld van die dier laat losbrand deur My liefde, dan sal julle die lewe vind, nou en vir ewig!
20] Dit spreek die Heilige, die Grote, die Eerste en die Laaste. Amen, Amen, Amen!

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205