Gawes uit die Hemel (Uittreksels)
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 5

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26.

Die ster in die ooste
GAWES UIT DIE HEMEL - BOEK 2 - Geopenbaar aan Jakob Lorber op 25 Julie 1842
00] (Lorber:) In "Die Huishouding van God" kan gelees word: ‘Reeds staan in die ooste `n ster, wat vir die Orion die baan sal breek (die weg sal baan) en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer!' (HG1,1,12). Wat is hier die ooste, wat is die ster, en wat is die Orion, wat is die vuur en wat is die groot hond? Wie is hulle wat deur die vuur van die groot hond verteer sal word?"
01] (Jesus) Die "ooste" is die innerlike, lewendige woord en daardeur die ware betekenis van die Heilige Skrif van die ou-, sowel as die nuwe verbond.
02] Die "ster" is die liefdeslig in hierdie woord self.
03] Die "Orion" is die liefde van God.
04] Die "vuur van die groot hond" beteken die groot getrouheid van hierdie liefde, omdat die hond `n teken van getrouheid is.
05] Maar hulle, "wat deur die vuur verteer" of tot skande gemaak sal word, is die wêreldmense.
06] Met ander woorde beteken bogenoemde sin dus niks anders nie as: Die liefdeslig van die nuwe woord sal vir die goddelike liefde die weg baan. En die getrouheid van hierdie liefde sal al die oortreders, al die ongelowiges en loues tot skande maak. Want die ooste is oop, en die ster van liefde staan reeds hoog!
07] Dit is die maklike betekenis van hierdie ietwat hoër geplaasde woorde. - Maar aangesien Ek dit nou nog meer onthul het, moet daar ook meer aandag aan gegee word! Amen.
08] Dit sê die groot "Orion" deur Sy "groot hond". - Amen. Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205