OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 10
15 Nov 2007 04:40
Nadat EK opgestaan het, het MY dissipels in die nabyheid van die steen, wat vir hulle voor MY graf wegggerol is, vergader. In stille bewondering het hulle toegekyk hoe EK vir hulle die een wonderwerk na die ander gedoen het. Dit was nie die soort wonderwerke waaraan hulle gewoond was nie, maar wonderwerke van ‘n ander soort. Daar het ‘n helder en verblindende lig vanuit die donker graf se bek geskyn. EK was die hele tyd teenwoordig as die verblindende Lig en in die Lig het hulle die wonderlikste beelde aanskou, ondenkbaar en onbeskryfbaar van een mens aan ‘n ander. Totdat elkeen wat EK daar teenwoordig wou hê, daar aangekom het, het dit aangehou en aangehou. Kon die wêreldse ongelowige en vernietiger van MY aardse lewe dit dan nie aanskou nie? Nee, omdat hulle Die Lig verwerp het kon hulle MY nie aanskou nie. Dit was slegs bedoel vir die wat MY liefgehad het en verwag het dat EK sou opstaan. Maar hierdie onbeskryflikheid het hulle glad nie verwag nie en in stille verbasing het hulle gestaan en kyk na die beelde wat EK aan hulle geopenbaar het. Dit was beelde wat nie van hierdie wêreld was en nog steeds is nie en kan daarom nie vir julle in aardse woorde kenbaar gemaak word nie, omdat die sintuie dit nie kan verstaan nie. Dit kan slegs met die gees verstaan word. Daar is van MY knegte hier op aarde wat al iets soortgelyks aanskou het in hulle geestesoog en is heeltemal onbevoeg om dit in woorde aan iemand anders te vertel, omdat aardse woorde nie geestelike goedere kan beskryf en verduidelik nie. Dit het al MY mense aanskou en nog baie meer, wat nie hier vermeld kan word nie en daarom word dit nie eers in die Woord of Bybel vermeld nie.Daar word net vertel van ‘n helder lig wat vanuit die grafkelder tevoorskyn gekom het. Daar word ook nie vermeld dat ál My mense teenwoordig was tydens die wondermooie gebeurtenis nie. Daar was omtrent ‘n duisend of meer teenwoordig, omdat hulle bymekaar was na MY kruisiging en het die teenwoordigheid van mekaar opgesoek om daarin ook ‘n bietjie vertroosting te vind, na die “treurige” gebeurtenisse rondom MY kruisiging. Nadat Maria Magdalena My opstanding aangekondig het, het al My mense vanuit die hele omgewing bymekaargekom en in stille bewondering alles aanskou en gehoor wat EK aan hulle bekend gemaak het voor MY kruisiging. Daar was enkeles wat nie teenwoordig was nie, byvoorbeeld Thomas wat ook die “ ongelowige” genoem is. Hy het egter nie níe geglo in MY opstanding, soos wat almal wat die Bybel lees, verstaan nie, maar slegs nie in die feit geglo dat EK Myself aan hulle op só ‘n wyse sou openbaar nie. Hy het gedink dat Ek as Hierdie verblindende Lig orals sou verskyn en toe Ek dan nou aan hom verskyn as ‘n normale mens, het hy dit nie geglo nie. Voor MY kruisiging was hy teenwoordig toe Ek aan almal vertel het dat Ek weer sou opstaan uit die dood en hy het dít geglo. Maar twyfelagtig, soos elkeen van julle ook is, het hy MY ook net in ‘n helder lig gesoek en die normale mens wat hier voor hom staan misken. Dit is ook hoe dit vandag gaan in die lewens van almal wat MY liefhet en verwag. Julle vra aanhoudend aan MY om na julle te kom, menende dat EK as ‘n sigbare Gees na julle moet kom, sodat julle MY oombliklik sal kan herken. Maar julle soek MY nie in die gewone mens waarmee julle te doen kry nie. Hoeveel maal het jy, My skryfkneg nie gevra dat EK na jou moet kom nie en verlangend wag jy die hele dag dat EK met My dissipels na jou toe kom soos in die geskrifte van My kneg Lorber beskryf. Dit is ‘n dom ding om te doen, al dink jy nie so nie, want EK was al duisende der duisende male by jou in die vorm van gewone mense en jy het MY nie herken nie. EK is te vinde in elke mens wat jy sien, maar jy sien My nie in die persoon raak nie. MY Gees is orals teenwoordig. In die persoon wat hier voor jou staan, is Ek en as jy mooi kyk sal jy MY herken, maar jou oë is nog toe en jy verwag MY nie in hierdie gewone mens nie. Jy verwag dat EK in glorie na jou moet kom en by jou tuisgaan, maar EK ís al lankal by jou tuis en jy sien MY nie, hoor MY nie en verwag MY nie. En so is Ek ook teenwoordig by elke een van julle wat nou hier lees. Julle almal vra dat EK, MY aan julle openbaar. Maak net julle geestesoë oop en kyk. EK IS DAAR. Sonder enige helder lig en sonder enige prag en praal en sonder groot gedoe. Stil en eenvoudig is Ek by julle maar as julle oplet, in MY volle glorie. Die hele tyd! Kom na MY, wil EK weer sê en dit beteken soveel as om te sê: Soek na MY in julle harte en EK sal MY aan julle openbaar in die vorm van jou naaste. Daarom sê EK ook dat jy jou naaste soos jouself moet liefhê, want Ek is in hom of haar. Hê My eerste lief in jou hart as jou Verlosser en Koning, Broer, Vriend, Bruidegom, kortom Alles en jy sal MY ook begin sien in jou naaste en daar waar julle in MY Naam in tere Liefde vergader is EK dan ook teenwoordig en julle sál MY ondervind as ‘n wonderlike Lig in jou binneste, wat ontbrand van liefde vir hierdie persoon wat langs jou staan en jy sal MY in hom herken. Wees daarom te alle tye van MY bewus, dan sal jy MY ook herken. Nie soos jy gedink het nie, maar baie eenvoudig.
NOTA deur Louise:
(Ek het aan Vader gevra wat dan van byvoorbeeld hoogmoedige mense en Sy antwoord was: “Wees vir hulle ook lief, want EK is orals teenwoordig.” Ek glo dat ons dit beter sal verstaan hoe liewer ons, ons Vader kry.)
Nêrens in MY Woord of die Bybel word daar melding gemaak van die Lig nie, ook omdat EK dit nóu aan julle wou openbaar. Dit is MY liefde vir julle en julle sal verstaan dat Ek alomteenwoordig is en in elke mens is wat My van harte soek en selfs in die wat MY nie soek nie (MY Gees trek Hom net terug om die persoon se eie wil vrye beweging te gee, sodat hy MY sonder dwang kan vind) en daarom is dit nie nodig om MY ver te gaan soek nie. Kyk net om jou heen. My Gees is orals en jy sal MY herken.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205