OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 15
18 Nov. 2007 05:19
Selfs My dissipels was maar kleingelowig gewees terwyl EK op aarde was. In hulle groot ywer vir MY het hulle dikwels maar net probeer om die vlees te behaag, al was hulle baie lief vir MY gewees. Hulle groot liefde vir MY ten spyt, het hulle MY baie bedroef deurdat hulle nie na MY stem in hulle binnekant geluister het nie. Dit was dan ook so toe EK gevange geneem is. Petrus was die enigste een wat darem probeer het om MY te verdedig, maar die ander het, so gou as moontlik, hulleself probeer red, omdat hulle eerder die liggaam wou behaag in plaas van vir MY. Dit is ‘n werklike werk om te probeer om die liggaam te oorwin met al sy behoeftes en luste. Vat nou maar in vandag se tyd hoeveel lekkernye daar op die mark is om die mens gelukkig te hou en die kinders uit die “kwaad“ uit. Sjokolade is seker die produk wat die meeste gekoop word vir kinders en selfs grootmense kan nie genoeg kry van díe euwel nie. Daar is baie van julle wat nou geskok regop gaan sit en wonder watse boosheid skuil dan nou in so iets onskuldig.
Dit, MY liewe kinders is nie die punt nie. Wat die punt is, is die feit dat die mens nie leer om sy liggaam in toom te hou en aan homself lekker dinge te weier nie. Almal sal iets doen wat lekker is en dit is nie op sigself sleg of boos nie, maar die boosheid kom in deurdat die mens so verknog raak daaraan om sy liggaam te bederf, dat hy baie vleeslik raak en uit voeling raak met sy geestelike kant. Dit is nie genoeg om af en toe aan MY te dink nie, dit is ‘n voltydse werk in die verloëning van jou vlees. Die vlees is baie sterk in die opsig dat dit altyd probeer om die gees dood te druk en dáarin lê die boosheid. So, pasop dat julle nie julle liggame teveel bederf nie, sodat julle siele en julle geestelike sy daardeur afgeskeep word nie, want dit is wat die wêreldling doen en daarom gaan dit so in die wêreld soos wat dit reeds in die hel ook gaan. Julle besef dit nie, maar oral om julle is slegte geeste teenwoordig en wat elke beweging van julle dophou en die geringste wat julle doen om die vlees meer te behaag as die gees, neem hulle hulle kans waar en spring op julle soos verskeurende jakkalse op ‘n klein lammetjie. Wees daarom eenvoudig in julle leefwyse, in wat julle eet en drink en moenie teveel slaap nie, want dan belemmer julle ook MY werking. Hoeveel kere het EK nie almal van julle wat hier lees, vroeg in die more wakker gemaak nie, sodat julle MY kan begin dien, want EK weet wat vir julle voorlê in die dag wat besig is om te ontwaak, maar julle slaap verder en dan wil julle lang trane kom huil, omdat die dag so vrot verloop. Maar EK wou julle versterk het, voordat die son opgekom het en julle moed gegee het vir die aardse take wat julle moes verrig. Dit is ‘n feit en almal wat wil, kan MY hierin toets of EK getrou sal wees aan MY woorde wat EK gespreek het en julle kan MY maar toets of EK julle nie krag sal gee vir die dag nie. Julle sal sien dat julle baie varser voel, omdat julle MY eerste vroeg in die oggend kom opsoek het. Daarom sê Dawid ook in Psalms dat hy sy Maker vroeg in die more soek, sodat EK hom krag kan gee vir sy swaar amp wat hy moes uitvoer. Dit is nie omdat EK julle nie plesier gun, dat EK julle al hierdie dinge sê nie, maar omdat EK julle die ware plesier in die lewe hierna wil gee wat nooit ophou nie en deur die liggaam te behaag, sal jy nie ware plesier in MY teenwoordigheid kan beërwe nie en jy sal bitter spyt wees dat jy nie maar na MY geluister het nie, as jy sien hoedat jou medemens alles beërf en die beste plesier mag ontvang. Julle almal is MY uitverkorenes en daarom wil EK julle aanspoor om julle liggame af te lê, sodat EK julle kan gebruik in die groot geloofstryd wat kom. Oorwin die liggaam, wat ‘n groot hindernis en struikelblok in jou geestelike ontwikkeling is. Dit is al wat EK oor hierdie onderwerp wil sê.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205