OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 18

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 18
19 Nov. 2007 01:31
Nadat EK neergedaal het in die diep donker put van die hel, is EK herhaaldelik gekeer om in te gaan, maar niks kon MY keer nie. Nie eers die ontsaglike duister poorte nie, want EK het alles met MY lig verlig en die poorte is deur MY helder LIG tot niet gemaak. Die gevreesde hekke wat uit sterk materiaal gemaak was, is ook sonder slag of stoot tot niet gemaak. Kortom, daar was niks wat MY kon teëhou of probeer teëhou nie. Dit was ‘n geweldige nederlaag vir Satan en hy was woedend soos wat niemand hulle kon voorstel nie, omdat sulke groot woede nie hier op aarde toegelaat word nie. In sy ywer om My te dood, het hy nooit daaraan gedink dat EK ook sal neerdaal in die put van die dood nie en dit het hom verbaas en onkant gevang dat EK daar gearriveer het. Dadelik is alle hekke oopgemaak, sodat MY siele wat daar versmag het, verlos kon word en daar was ‘n groot gejuig toe MY mense MY en MY LIG gewaar. In hulle groot blydskap het hulle lofliedere gesing wat Satan nog meer woedend gemaak het, aangesien hy net altyd die eer vir homself wil hê en daarom sê EK dat julle hoogmoed ver uit julle siele moet verban, omdat dit ‘n eienskap van satan is. Dit het EK ook oorwin en kon daarom Een word met MY Vader wat alles in alles is. Julle kan julle nie voorstel hoe verbly MY mense was om MY daar te sien nie en het dadelik in MY arms gespring en gevra dat EK hulle dadelik moes wegvat. Maar die demone het hulleself bearbei om die siele binne te hou, maar het oombliklik uit vrees en ontsag op die grond neergeval en daar bly lê. Dit was so donker soos daar nog nooit ‘n donkerte geheers het nie maar EK het alles kom verlig met MY LIG. Dit sal ook so wees in julle harte en in elkeen se hart wat vol doodsbeendere en stank is – EK sal daarin kom en alles reinig met MY helder LIG, sodat geen ingang vir MY gesluit sal bly nie en daardie persoon se liggaam sal miskien nie baie hou van MY intrede nie, omdat dit ook vir hom pynlik kan wees, maar sy siel sal daaroor juig en bly wees. Dit beteken dieselfde as dat EK, wanneer EK in iemand se lewe inkom, hy alle bande met sy liggaam moet verbreek en net in die gees leef. En EK sal kom en die mooi in hom uithaal en dit na vore bring, sodat almal kan sien dat EK MY intrede in hom gemaak het. Wat betref die moderne skrifgeleerdes en fariseërs, julle moet julle witgepleisterde grate van binne af skoonmaak, sodat dit gereinig kan word, anders sal julle saam met die hoere en die diewe en leuenaars die verderf beërf. Moet liewer nie teveel nuttelose Bybelstudie doen nie, want daarin word hoogmoed gekweek, omdat mense met mekaar stry oor dinge wat hulle self nie eers verstaan nie en dan kan hulle ook nie MY ware woorde herken wat vanuit MY uitgaan nie en daarom sal hulle altyd stry, omdat hulle die laaste sê wil hê en dit nie aan MY oorlaat om die laaste sê te hê nie. Omdat die ego nog te groot is en nie wil toelaat dat EK werk nie, kan hulle ook nie MY stem herken nie, al is hulle ook MY skape.Daarom sê EK, wees nederig, sodat jy nie die poorte in jou hart vir MY gesluit sal hou nie en as EK besluit EK kom in, sal dit vir jou ook buitengewoon vernederend wees en baie pynlik vir die ego soos dit vir die satan was toe EK sy “heiligdom “ betree het. Wees daarom gewaarsku - baie studering gee ‘n te groot kop oor al die nuttelose kennis. Wat EK aan My beminde in sy slaap gee, sal hy dan werklik verstaan met sy hele hart en nie soos die ywerige Bybelstudent wat dink hy verstaan alles nie. As EK met MY groot Wysheid kom, sal jy tot skande gemaak word as EK jou beveel om jou onnoselheid voor almal te bewys. Wees daarom gewaarsku - vergeet van jouself en soek net na MY en EK sal alles aan jou bekend maak wat jy nie verstaan nie en nog vele meer. Dit sê die Ewige Wysheid uit ELOHIM.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205