OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 19
19 Nov. 2007 02:04
Weereens wil EK julle vertel van MY verlossingsdaad aan die kruis sodat julle dit baie goed kan begryp. EK, as Skepper en Vader kon nie toesien hoedat die kinders wat EK liefhet, sommer almal in die verderf gestort word nie. EK het nie geskep om verlore te gaan nie, maar om te red en daarom het EK besluit dat Ek MYSELF sal opoffer vir MY kinders vir wie EK baie lief is. Dit is ‘n groot daad van verlossing, omdat EK Almagtig is en MY nie hoef te bemoei met julle mense nie, maar EK het julle geskape en julle kom uit MY en daarom wou EK julle red. Daar is baie mense wat nie MY kruisdood verstaan nie en weet nie hoekom EK moes betaal vir sondes wat “nie so erg“ is nie. Julle het nie ‘n idee van die groot sonde wat julle begaan het, nog lank voor julle aardse bestaan nie. Ja, julle is al geskape lank voor die aarde haar eerste lig gesien het. In feite het EK julle geskape voor die materie bestaan het. Julle was almal engele wat vanuit MY uitgegaan het en wat in harmonie met My geleef het, nog voordat Lucifer My uitgedaag het en hom bo MY probeer verhef het in sy hoogmoed teenoor MY. Hy was een van MY hoofengele wat langs My was en wat saam met My besluite geneem het, al het EK die laaste sê gehad. Hy was ook MY musiekengel en was baie mooi van aansien en hy het dit geweet. Aan die begin was hy baie lief vir MY en het MY met liefde gedien, maar hoe meer verantwoordelikheid EK hom gegee het, hoe meer het hy van homself begin dink. Hy het ‘n invloed op baie van die ander engele gehad wat MY nie kon aanskou nie, omdat EK te vreeslik is, selfs vir die engele om te aanskou. Satan het MY probeer afmaak as onregverdig en hy het aan die ander engele begin vertel dat EK niks sonder hom kon doen nie. Ook het hy aan hulle gesê dat hy die een was wat alles geskep het, wat ‘n vieslike leuen was. Omdat Satan baie mooi en vol krag was, het baie engele hom begin volg en dit was soos muitery in MY ryk. Hy is toe saam met sy volgers uit die hemel gewerp, waar hy moes smag in die duisternis sonder MY krag wat EK van hom onttrek het. Hy moes self besef dat EK die EEN is wat die krag besit en dat hy nie sonder MY kan klaarkom nie. Die ander engele het ‘n sekere hoeveelheid genade van MY gekry, omdat hulle blind was in hulle navolging van Satan. Ek het hulle in miljoene deeltjies opgebreek, sodat hulle weer hulle weg na MY kon terugvind. Elke deeltjie is vasgevang in die skepping en daarom moes EK die materie skep om as “tronk” te dien vir hierdie sieledeeltjies. Dit is die skepping wat jy rondom jou sien, in die mineraleryk planteryk, diereryk en dan finaal in die laaste fase, die mens. In elke klip, boom, dier of mens sien jy van die sieledeeltjies van die gevalle engele en hulle moet weer met MY verenig word. Dit is waarom daar babas gebore word op aarde - dit is siele wat weer na talle duisende jare weer bymekaar gekom het om weer ‘n mensesiel te vorm. Julle sal miskien nie nou volkome verstaan nie, maar onthou net dit: julle was almal daardie engele wat agter Satan aangeloop het en MY versaak het en nou het EK julle weer ‘n kans gegee om weer met MY een te word, sodat julle weer by MY kan kom woon. Dit noem ons die groot oersonde. Dit is vir daardie ongelooflike groot sonde teenoor MY dat EK bereid was om die prys te betaal en EK het hom betaal met MY kruisiging. Daarom hoef julle nie nou te boet vir die groot oersonde nie. Al wat EK van julle vra is: Kom vra MY om vergifnis vir jou oersonde en wees net vir MY lief, want Ek het al klaar die prys betaal, sodat Satan jou nie kan opeis nie.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205