OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 2
EK is as ‘n towenaar uitgekryt. Al het EK MY krag gebruik om goeie dade te verrig, het EK nog nooit betaling gevra van die rykste mens om hom te genees nie.
Die kruisigers was onder die indruk dat EK, gedryf deur MY Mag, die land wou terugneem en die Romeine verjaag. Dit moes ten alle koste vermy word. EK is die hele tyd bespot en daar is met sataniese gelag volgehou tot EK MY laaste asem uitgeblaas het. ’n Doringkroon is gevleg met die skerpste dorings en dit is met uiterse geweld op MY kop gedruk, sodat die dorings deur MY vel tot in die skedel gesteek het. Dit het ontsettend gebloei en MY hele gesig was oordek met bloed tesame met die swelsel en bloed van die vuishoue in MY gesig toegedien. Dit was vir die mense, deur Satan se gees oorgeneem, ’n vreeslike behae wat hulle daarin geskep het om MY so te sien ly. Dit was nog altyd Satan se droom en missie om MY, ook sy Skepper, te laat kruisig en noudat hy die kans gekry het, het hy dit met alle geweld gedoen. Dit was nie net genoeg om MY te kruisig nie, EK moes met alle sataniese geweld gemartel word, sodat hy homself kon geniet in MY pyn. EK, wat die Verlosser van almal is, kon en wou MYSELF nie red van die marteling nie. Alle mag is in MY hande en EK kan alles doen maar EK kon, nie MYSELF, uit vrye wil, van die pyniging red nie, omdat dit ook vir MY iets beteken het behalwe die verlossing van MY kinders wat deur die mag van Satan gebonde was. Niemand kon na MY kom voordat ek nie eers die weg oopgemaak het nie en daarom kon EK MYSELF nie red nie, uit vrye liefde aan almal. EK kon dit nie oor MY hart kry om te sien hoe die mensdom onder sy invloed ly nie en daarom wou EK die las dra, sodat die mense na MY kan kom. Dit was onder luide geskreeu dat EK, met die kruis op MY rug, na Golgota of “Plek van die hoofskedels” aangestap het. Orals het mense saamgedrom om na MY te kyk en het teruggedeins vir die nare gesig wat hulle moes aanskou. Nog nooit het hulle iemand so wreed gemartel gesien nie en hulle was vreeslik geskok, maar die fariseërs en Skrifgeleerdes het hulle daarin verlustig dat EK nou uiteindelik gevange geneem is en dat EK die marteling moes ondergaan vir al die skade wat EK die tempel se aansien aangedoen het. Dit het vir hulle net gegaan om vergelding van iemand wat hulle teengestaan het. Dit was vir hulle lekker om MY so te sien ly. Niemand kan hulleself indink wat EK moes deurgaan nie, want dit was ’n buitengewone swaar las wat op MY skouers gelê het. Deurdat EK hierdie las van julle skouers afgehaal het, het EK vir julle ‘n weg gebaan om vrylik na MY te kom, want julle was nog altyd gebind deur die sonde wat geheers het in elkeen se harte. Met MY kruisdood het EK die offer gebring wat nodig was om julle vry te kry van die bande van die dood. EK kan nie MY kinders verlore laat gaan nie en moes Self iets doen om julle te red, omdat julle te swak is en niemand gered kan word deur sy eie krag nie. Maar EK het genoeg krag gehad daarvoor, omdat EKSELF krag is en niemand kan MY teenstaan, tensy EK dit so wil nie. Daarom het dit die indruk geskep dat EK swak en nietig was en dat EK nou finaal oorwin was. Maar dit is net hoe dit op die oog af gelyk het. In der waarheid was EK besig om Satan te oorwin met MY Krag en hy het dit geweet. Hy het die indruk probeer skep dat alles nou verlore vir MY was en het ook in MY kinders se gemoedere ingewerk, sodat hulle begin twyfel het. Hulle was self ook bang en het daarom gevlug. Dit was ‘n droewige gesig terwyl EK met die kruis op MY gegeselde rug deur die strate gestrompel het na die hoogte buite die stad, waar EK gekruisig sou word. EK het moeg geword op die pad, omdat MY vlees vermoeid was van al die slegte behandeling en bloedverlies. Daar naby het Simon van Cirene gestaan en met heimwee en verontrusting in sy binneste het hy die optog gade geslaan. Toe EK op ‘n keer struikel en nie weer kon opstaan nie, weens vermoeienis, het hy vir MY opgekom en is deur die wrede satansbende beveel om MY te help. Hy het met liefde die kruis opgeneem en MY gehelp dra. Dit was ‘n buitengewone goeie daad wat hy gedoen het, aangesien al MY dissipels MY verlaat het, in die vrees dat hulle ook gevange geneem sou word. Dit word as loon vir MY Simon gereken, dat hy MY gehelp het in MY uur van nood. Daar op die kop /heuwel aangekom, is EK op die kruis neergegooi en MY hande en voete is op die kruis in posisie gebring. Onder luide gelag en geskreeu van die satanskinders is MY hande en voete met die spykers deurboor. Sodra die spykers in was, is hulle weer uitgetrek en weer ‘n keer in MY hande ingeslaan, totdat MY hand en voet een bloederige massa was. Dit was ‘n ontsaglike pyn wat EK vir niemand sal beskryf nie. En niemand weet waarom dit so gedoen is nie. Jou hande en voete staan as bewys vir die wette wat EK gegee het, wat nagekom moet word om MY koninkryk te beërwe. Om MY hande en voet te beseer en te deurboor is dieselfde as om al MY wette van die liefde te verbreek en daarom is dit aan MY gedoen. Dit is ‘n direkte verbreking van MY gebooie van liefde wat deur alle tye deur Satan gedoen is en alle liefde is teen sy beginsels, behalwe die eieliefde. Maar die reine liefde haat hy en wil dit te alle tye skend - die dat MY hande en voete, wat staan vir die liefdeswette, verbreek moes word. Deur die verbreking van MY liefdesgebooie, dink Satan dat hy MY oorwin het. Hy verkeer in die waan dat deur MY van MY aardse lewe te ontneem, EK deur hom oorwin is. Maar wat hy nie geweet het nie, is dat EK self MY lewe gee. Niemand kan dit van MY af wegvat nie, EK gee dit vrywillig af. Dit was die kruisiging van MY, julle Verlosser en Uitredder en julle weet wat verder gebeur het en daarom sal ons nou verder gaan en EK sal julle vertel wat in die geesteswêreld aangegaan het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205