OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 22

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 22
20 Nov. 2007 21:43
Wees getrou op julle poste as EK julle kom haal. Salig is die een wat getrou bevind word tydens MY wederkoms. Dit is baie belangrik, aangesien julle nie weet wat ‘n tyd van groot ellende op julle wag nie. Met MY kruisiging het daar die volgende gebeurtenis plaasgevind. ‘n Man genaamd Cyrenius was ‘n owerste oor die hele landstreek waar EK MY aardse lewe deurgebring het en hy was ook die helper wat MY en MY aardse gesin uit ontsaglike gevaar gehelp het, toe EK as baba deur die koning van die Judeërs gejag is. Cyrenius was baie getrou in sy werk wat hy baie noukeurig uitgevoer het en sonder om te huiwer sou hy enige misdadiger uitgelewer het aan die gereg, maar hy het MY herken as Die Meester en het sy aardse werk agtertoe geskuif en MY beskerm, ten spyte van die slegte gerugte wat daar oor ons versprei is. Hy het ons op die hande gedra in die tyd wat ons by hom deurgebring het en al was hy ‘n Romein met afgodiese beelde in sy huis, het hy hom aan MY oorgegee en ten volle in MY begin glo. Deels omdat hy die wonderwerke gesien het wat EK verrig het en deels omdat hy ‘n sagmoedige, regverdige man was wat MY baie liefgekry het. EK was as baba in sy huis en hy het MY gekoester en teen sy bors gedruk terwyl hy liefdeswoordjies in MY oor gefluister het. Enigiemand wat nog babas in die huis het, sal verstaan wat ‘n uitwerking ‘n baba op jou het as jy hom eers vashou en hy na jou staar met onskuldige sagte baba-ogies. Dit was ook die uitwerking wat EK op hom gehad het, aangesien hy ook nog nie kinders gehad het op daardie stadium nie. Maar afgesien van MY onskuldigheid, het EK ‘n ontsettende mag gehad wat ongekend is aan ‘n baba. EK was baba en GOD tegelyk, omdat MY Vader deur MY kon werk van MY geboorte af. Dit is iets wat onmoontlik was en nou nog is in ‘n gewone mens. Maar EK het ‘n missie gehad om te vervul en daarom was EK die uitsondering. Cyrenius het nooit van MY vergeet nadat ons van hom af weg is nie en altyd aan MY gedink in sy hart. Daar was ‘n tyd wat hy ons gladnie gesien het nie en hy het geweet dat EK intussen moes grootword. Maar soos julle weet, het EK al in die verlede gesê dat EK by elkeen is wat MY in sy hart liefhet en daarom het EK ook in sy drome aan hom verskyn en aan hom lering gegee, wat hy dadelik weer vergeet het nadat hy wakker geword het - soos sommiges van julle ook van kan getuig. Maar in die tyd wat daarna sou kom, het hy wel weer kontak met MY gemaak deur MY bestiering en hy het MY weereens met ope arms ontvang en kon weereens nie genoeg van MY kry nie. Nou kom ons by MY kruisiging. Dit was die gewoonte in daardie tyd dat ‘n owerste deur sy knegte of onderdane, amper soos die koning self behandel is. Cyrenius was nie ‘n man wat gehou het van eerbetoon nie, maar moes noodgedwonge in die pos wat hy beklee het, die leiding neem en respek afdwing. Hy was dan ook ‘n baie streng, maar regverdige man. Na MY kruisiging was hy net soos al die ander by wie hy kom tuisgaan het vir daardie tyd baie hartseer en verward omdat hulle almal gewoond was dat EK nie deur enige mag oorwin kon word nie. Die felheid van My marteling en kruisiging het nie een van hulle verwag nie, al het EK dit hoeveel kere aan hulle vertel. Cyrenius was buitengewoon bedroef en het uitgestap om in afsondering te wees, waar hy met baie hartstog na MY geroep het. EK was en is oral en het hom gehoor terwyl hy in leed en hartseer na MY smag. Daarom het EK hom ook eenkant laat gaan, sodat EK iets aan hom alleen kon openbaar. EK het aan hom gewys hoedat EK die Satan oorwin het en in sy geestesoog het hy MY gesien met My Lig wat MY omstraal en waar EK in die diepste put van die hel neergedaal het om MYNE daaruit te kom verlos. Beurend van vreugde het hy probeer om My aan te raak en is deur MY aangeraak terwyl hy in vreugde uitgeroep het: “My verlosser leef, my Verlosser leef werklik. HY leef, HY leef”, het hy geroep en direk terug na die huis gegaan waar hy dit aan almal vertel het. Niemand was so entoesiasties soos hy nie, omdat hulle nog onder die indruk van die sware mishandelde liggaam was wat hulle ure tevore van die kruis afgehaal het. Niemand het lus gevoel vir ‘n ou man se seniele woorde nie, aangesien hy al bejaard was en almal gedink het dat hy mal geword het van die groot skok van MY kruisiging, want hulle het geweet hoe lief hy MY gehad het. Maar salig onbewus van hulle gedagtes het hy net voortgeskreeu van blydskap en almal was geïrriteerd met die “seniele ou man”. Afgesien daarvan, was hulle baie lief vir hom en het hom probeer kalmeer, maar hy wou niks weet nie en het aan almal gesê om bly te wees, want hulle Meester leef. Dit was ‘n buitengewone verhaal van getrouheid, omdat hy na MY gesoek het, al het hy ook MY verskeurde liggaam gesien. Hy het nie moed opgegee en gedink dat EK wel dood was nie. Sulke geloof het EK net by hom gevind en daarom het EK net aan hom gewys waar EK was. Sou al My ander volgelinge ook soos hy geglo het, sou EK dieselfde aan hulle gewys het, maar hulle het net aan MY liggaam gedink wat onherkenbaar vermink was en geen lewe daarin gesien nie, al het hulle MY mag geken. En dit wil EK ook aan julle, MY kinders, leer. Wees getrou in julle geloof in MY, want EK kan wonders doen waar EK geloof vind, maar daar waar EK duister ongeloof vind, kan EK niemand dwing nie en dan bly MY MAG ook uit. Dink daaraan, want die tyd het gekom waar julle net op julle geloof en liefde vir My moet staatmaak, omdat elke aardse hulpmiddel tot niks sal uitloop. EK wil aan julle ook wonderlike dinge openbaar, sodat julle nie hoef te vrees nie, maar sonder geloof en liefde vir My, sal EK nie in julle kan werk nie en julle sal net soos MY ander volgelinge in die diepste duister en hartseer vasgevang sit, dit terwyl EK die heeltyd naby is en as gevolg van julle kleingelowigheid julle nie kan help nie. Dit is baie belangrike woorde aan julle, My diensknegte wat MY Woord moet volbring in hierdie eindtyd. Kyk net na MY werking onder julle en julle volksgenote en julle sal moet erken dat EK besig is onder julle en dít is al klaar ‘n bewys dat hierdie die einde van tye is.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205