OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 23

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 23
22 Nov. 2007 05:52
Elke een van julle wat nou hier lees, het een of ander tyd in julle lewens dat julle vir MY moet getuig voor ‘n hele klomp ander mense. Baie keer is julle bang, omdat dit nie altyd mense is wat MY Woord sommer so aanvaar nie. Dan ondervind julle teenstand en bietjie vyandskap, omdat hulle nie glo wat jy sê nie. Maar EK wil julle net sê dat julle moed moet hou en nie terugstaan of stilbly nie, omdat EK eerste kom en nie die mense se wil of besluite nie. In MY tyd op aarde was dit dan ook so dat MY dissipels vir MY moes getuig en mense in MY Naam vergader en van MY vertel. Hulle het ook teenstand ondervind en het ook sleg gevoel, maar hulle het MY by hulle gehad in vlees en bloed op daardie stadium en kon hulle lot by MY kom bekla, maar julle het MY net in GEES by julle en voel daarom dat julle sonder herder is, wat natuurlik nie waar is nie. Julle het MY in MY volle glorie by julle en EK is elke oomblik van die lewe by julle. Julle kan My net nie sien nie en daarom dink julle dat julle verlate is en soms ook verstoot, wat natuurlik so ver verwyderd van die waarheid is, dat julle nie eers kan raai hoe naby EK werklik is nie.
EK sê weer aan julle wat MY Woord aan ander moet bring - wees nie bevrees nie, want EK is met julle. Ek ken julle doen en late. EK is bewus van elke woord wat aan julle gesê word - ook agter julle rûe. Dit is nie altyd lekker om die uitgeworpene te wees nie, maar jy word deur MY aanvaar en wat kan dan nou groter wees as EK en daarom moet julle juig, want dit is vir julle die teken dat julle op die regte pad is, want hulle het eers die Meester gehaat en daarom sal hulle julle ook haat en bestry. Wees ook nie bevrees oor die dinge wat oor julle gesê word wat julle weet wat nie waar is nie. EK skryf alles op wat teen MYNE onderneem word en dit sal hulle, wat onnodig leuens vertel, ‘n oordeel op die hals bring, omdat hulle MY belieg en teen MY stry en hulle weet dit nie. Hulle dink gewoonlik – net soos Paulus - dat hulle MY ‘n guns bewys. Maar omdat hulle nie na MY stem luister wat ook met hulle praat nie, verstaan hulle niks nie. Hulle sal eendag hulle fout agterkom en dan kan dit dalk te laat wees. Julle moet daardie mense wat hulle teen julle verhef en julle probeer vasvang in MY Woorde, net aan MY opdra, sodat EK in hulle kan werk en hulle oë kan oopmaak, sodat hulle sal verstaan wie dit is wat met hulle praat. Die tyd is so min en julle het regtig nie ‘n benul van wat alles met julle gaan gebeur nie en daarom kom EK nou weereens in die vorm van openbaringe aan almal wat MY ken en ook nie ken nie, want EK wil almal red. EK is die Skepper van die hele heelal en wil graag MY volk red uit die kloue van Satan, maar hulle laat MY nie toe nie, omdat hulle te trots is en kom dan met felheid op MY verkondigers van MY Woord af. Dink nie daaraan dat EK behae daarin skep om julle te laat ly nie - dit is net dat julle vir MY moet stry, omdat EK getroue helpers nodig het om die oes van die land af te haal. Die oes is maar skraal en MY arbeiders moet oral ingaan om maar ‘n enkele koringkorrel van die land af te gaan haal. Ek sal nie één koringkorrel laat verlore gaan nie en dikwels lyk dit so donker op die pad wat jy moet stap om die enigste korringkorrel te gaan haal, dat jy amper wil moed verloor en dit maar los omdat daar so baie hindernisse in jou pad gegooi word, maar wees daarvan verseker dat EK die heeltyd by jou is om jou van krag te voorsien en jou te dra waar jy nie oor kan kom nie. Dit is MY woorde van troos aan julle wat vir MY moet arbei en wees vol moed, want MY koms is nie meer ver nie en julle sal almal in prag en glorie weggeneem word, waar julle vir ewig aan MY Vaderbors sal rus en niemand sal julle uit MY arms kan wegruk nie. Want Ek het julle lief met ‘n volkome liefde en sal julle nooit los nie. Julle is MY mond en MY hande wat vir MY werk en wat EK nodig het om die mense te bearbei in die laaste en ook felste tyd wat gaan kom. Moenie dink dat julle alleen gelaat word nie, omdat EK met MY hele engeleskaar die hele tyd naby is om julle van alles te voorsien wat julle nodig het. As julle oë kan oopgaan, sou julle niks meer vrees nie en met nuwe moed en ywer sou julle voortstry, maar nou sien julle net wat voor oë is en kwel julle julle oor alles wat nie vir julle reg verloop nie.
Dit is die manier van Satan om mense teen MYNE en MY Helpende Hand op te sweep en ‘n gees van vyandigheid op te wek, sodat hulle ore dan toe is vir MY Woord en MY werking. Julle moet net aanhou om vir My te stry en EK sal julle bevry van alles en julle help dra aan julle laste. Wees maar net geduldig en dra alles met blymoedigheid, want EK, JaHshua, kom julle een van die dae haal en julle sal dan bly wees oor die pad wat julle moes stap. Dit is ‘n eer om vir MY te ly en dit moet julle vreugde wees, omdat dit julle reinig van alle sonde en smet en ook nader aan MY Vaderbors bring, sodat EK julle met MY Liefde kan omring en vashou en lei. Laat net als aan My oor en weet dat EK julle grootste vyande kan verander in stryders wat in MY Naam sal stry. Julle moet net sorg dat die liefde in julle harte nie jeens hulle verkoel nie en julle self die prooi van Satan word nie, want sy grootste wapen is liefdeloosheid teenoor ander en ‘n eieliefde wat eie aan hom is. Moenie jouself bo ander verhef nie, al het jy kennis en wysheid van MY ontvang - onthou dis MY Kennis en MY Wysheid wat EK aan julle gegee het en Ek kan dit ook terugneem as EK sien jy is dit nie waardig nie. Beskou eerder die ander mens as ‘n siek persoon wat genesing nodig het en jy sal dan met nuwe ywer en simpatie aan hulle werk en vir hulle bid. Dit is reine woorde wat EK aan julle, My stryders in hierdie tyd bring en wees vol moed - EK het die bose reeds oorwin en julle moet net vir MY die laaste paar koringkorreltjies in die skuur bymekaar bring. Werk sonder om te rus, want julle kan dalk net oorval word deur die duisternis as julle vir een oomblik ophou om MY Woord te bring en dit sal verskriklik wees om deur die bose oorwin te word weens julle eie luiheid. Dit sê EK aan almal wat nou al vir MY stry en wat ook nog in die toekoms vir MY sal opstaan. Dit is Waarheid en geen leuen nie, want dit kom uit MY eie mond, gebring aan julle deur MY skryfkneg wat ook bang is en vol twyfel of EK met haar is.
Julle moet ook weet dat sy en al MY ander skryfknegte ook baie teenstand ondervind, omdat alles wat neergeskryf word as hulle eie werk aanskou word deur díe wat nog blind is en dan word dit op hulle uitgehaal as daar dinge is wat op die tone van mense en die bose trap.Die mense wil nie op hulle eie foute gewys word nie en sal daarom ook hulle rûe op MY skryfknegte draai uit selfbeskerming en eieliefde. Maar wees nie bevrees nie, want EK is by hulle en elkeen wat MY Woord volbring. Dit is MY liefde vir julle en wees getrou, want Ek kom gou om julle te bevry van die wêreld en sy laste. Dit is vir julle al klaar volbring, al dink julle nie so nie en elkeen se pad is vir hom alreeds voor sy geboorte oopgebaan. Wees net vir MY lief en EK, Die Enigste Ware Liefde, sal julle dra.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205