OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 26

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 26
23 Nov. 2007 06:15
Daar is sekere dinge wat EK nie laat bekend maak het deur My skrywers wat saam met MY geleef het op aarde nie en wat nie opgeteken staan in die Boek van die Lewe nie. EK het MY redes waarom dit versluier moes bly tot op die dag dat EK besluit het om dit te openbaar. Die dag het dan ook nou aangebreek en daarom sal hier nou baie versluierde wyshede openbaargemaak word deur MY skryfknegte. Julle is gou om hulle van valsheid te beskuldig, net omdat dit nie die Bybel voorkom nie en soek dan die fout by hulle, maar EK sê aan julle: Moenie ‘n oordeel fel voordat jy nie eers dubbeld seker gemaak het die antwoord wat jy ontvang het, kom werklik van MY af nie. EK sal MYSELF nie weerspreek nie en sal daarom ook nie vir die een so sê en die ander anders nie. Wees tevrede met wat EK aan julle gee as Lewensbrood en hou op om vir MY te sê wat julle wil eet en wat nie. Dit is ‘n baie dom ding om te doen, aangesien EK dalk net al MY Lewensbrood van julle sal onttrek en julle dan ‘n geestelike duisternis in julle siele sal beleef waaruit julle moeilik sal kom. Dit is nie die werk van MY skryfknegte nie en daarom moet julle nie vir hulle kwaad word nie, want hulle bring net die onvervalste brood soos EK dit aan hulle gee. Julle kan verseker wees daarvan dat EK baie goed weet van elke mens se reaksie en elke gedagte teen My brood is nie vir MY verborge nie. Maar weet ook dat EK alles vergewe en as julle MY om vergifnis kom vra, julle dit sal kry en dat EK ook weer aan jou die Lewensbrood sal aanbied. As MY skryfknegte díe was wat hierdie dinge uitgedink het, sou julle ‘n duidelike waarskuwing in julle binneste gevoel het, maar nou voel julle net ‘n onsekerheid en verwardheid. Dit is omdat julle nie glo dat EK weereens met julle wil spreek nie. Julle dink dat alles afgehandel is met die Bybel. Hoe ver verwyderd van die waarheid is julle dan nie? Dink julle dan ‘n aardse vader gee net eenkeer ‘n opdrag aan sy kinders en praat dan nooit weer met hulle nie? As ‘n aardse vader dit nie eers doen nie, wat nog te meer van MY? EK wil elke kind van MY styf teen MY Vaderbors vashou, maar julle is te onrein daarvoor en daarom bied EK julle die Lewensbrood van MY Woorde aan, sodat julle julleself kan reinig. Julle kry net een kans op aarde om tot by MY te kan kom en julle is besig om dit te verspeel en daarom moes EK weereens kom ingryp om julle tot MY te bekeer, ook omdat die einde so naby is. Julle moenie twyfel nie, omdat EK net liefde verkondig en vra. Ken julle die satan en sy werke? Julle sê weereens almal ja. Het julle gesien tot wat hy in staat is, net met MY kruisiging? Wat dink julle sal hy met julle maak as hy julle in die hande kry? Teen sy bors vasdruk en liefdeswoordjies in julle ore fluister? Definitief nie! Dis EK wat dit doen en daarom kan julle al baie mooi agterkom waarop EK probeer afstuur. Vind julle enige haat en nyd in MY boodskappe aan julle? Vind julle dat EK die een teen die ander opsteek of aan julle toestemming gee om uit te gaan en MY vyande uit te delg? Nee. En daarom is dit weereens ‘n bewys dat dit EK is wat hier praat. Wat sê EK die hele tyd aan julle? Wees vir MY lief met jou hele hart, siel, gees en alles binne jou en jou naaste soos jouself. Is dit nie MY gebooie nie? As dit MY gebooie is, kan dit mos onmoontlik die satan se woord tegelyktydig wees, is dit nie? Nou waarom twyfel julle dan nog? En ‘n ander ding wat aan julle ‘n bewys moet wees van die egtheid van hierdie Lewensbrood van MY aan julle - dink julle MY skryfknegte kom sit hier voor die rekenaar en dink al hierdie wonderlike dinge uit? Wys MY die mens wat met soveel outoriteit kan spreek soos EK en EK sal julle die son gee. Dink julle MY skryfknegte is daartoe in staat om elke dag of nag hierdie boodskappe uit te dink? Sê MY, tot watter voordeel sal dit hulle strek, aangesien hulle nie ‘n sent hiervoor kry of wil hê nie? Hulle word beswadder en uitgekryt as valse mense met die leuengees in hulle, maar hulle het aan julle gesê dat hulle nie sal ophou om vir MY te skryf nie, al maak julle ook wat. Wie sal homself blootstel aan soveel vyandigheid vir sy plesier? Dink nie dat hulle ego’s daardeur gestreel word nie, aangesien daar net houe op hulle reën deur die wat hulle daarvoor verantwoordelik hou en dat hulle maar min liefde van die mense aan wie hulle dit bring, ontvang. Dit is ‘n ware seëning vir hulle, as hulle iemand vind wat na MY boodskappe wat hulle aan julle bring, luister. Maar wat hulle weer net so platslaan as daardie persoon sy rug op hulle keer, weens dinge wat hy nie verstaan nie en dan wil maak of hulle die een is wat valse boodskappe bring. Kom vra MY in die diepte van jou hart en EK sal jou sekerheid gee, omdat dit waarlik EK is wat hierdie boodskappe aan julle bring. Kom vra MY in alle nederigheid en EK sal dit aan jou duidelik maak wat jy nie verstaan nie en daarom alles verwerp. Maar moenie My kom vra vir die antwoord wat jy wil hê nie. Kom vra My vir die antwoord wat EK vir jou wil gee. Sonder voorwendsels moet jy na MY kom vir ‘n antwoord en jy sal ‘n reine antwoord kry. Maar pasop vir die leuengees binne jouself, wat jou verkeerde dinge laat sien as My Woorde en daarom moet jy eers in baie diepe ootmoed en met vas en gebed aan My kom vra en natuurlik moet jy regtig ‘n antwoord wíl hê wat van My kom en nie uit jouself nie. Baie dinge is nog nie vir julle duidelik nie en wil julle dit daarom nie hê as antwoord nie, maar EK sê vir julle met MY eie mond, dat julle alles sal verstaan as julle dit net aan MY oorlaat en nie jouself probeer verhef en self die antwoorde soek nie. Laat dit aan My oor en EK sal dit aan jou bekend maak op die regte tyd. En ook as jy nie antwoord kry wanneer jy wil nie - wag dan net op MY. My antwoord sal nie uitbly nie en jy sal insig kry in die dinge wat jy nie verstaan nie. Maar moenie MY Woorde afmaak as leuens, net omdat jy dit nie verstaan nie. My skryfknegte het ook baie dinge nie verstaan nie en was baie diep in die twyfel oor dit, maar EK het dit aan hulle bekend gemaak en hulle verstaan nou baie dinge duideliker, wat voorheen vir hulle ook ‘n kwelpunt was. Dink nie dat hulle nou alles weet of dat hulle dink hulle weet alles nie - hulle is baie deeglik bewus van hulle tekortkominge en min wysheid, maar doen net die werk wat EK aan hulle gegee het. Julle sal almal in die lig gestel word as julle julle net aan MY oorgee sonder hoogmoed en sonder dat julle bevooroordeeld is, terwyl julle nie MY Woorde verstaan nie. Dit is baie belangrik aan julle almal, insluitende MY skryfknegte wat MY Woord aan julle bring, sonder hoogmoed van gees. EK kan nie saam met ‘n gees van hoogmoed in een mens werk nie en dit is die teken dat hierdie van MY uitgaan, omdat MY skryfknegte nederig is en sonder ‘n hoë dunk van hulleself. Satans is vol hoogmoed. Kyk maar net om julle heen en julle sal moet saamstem daarmee dat hoogmoed aan die orde van die dag is en dat almal mekaar vertrap as gevolg daarvan.
EK het julle almal lief en trek nie die een voor die ander nie, maar My skryfknegte het net eerste hulle opdragte van MY ontvang voor die ander. Wandel in MY weë en julle sal ook van MY ‘n opdrag ontvang en dit sal iets wees wat EK aan julle vra om vir MY te doen, al sal jy nie ook skryf nie. EK weet wat om aan wie te gee.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205