OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 31
26 Nov. 2007 06:29
Dink julle dat EK, nadat EK opgestaan het uit die dood, nie meer op aarde was nie? In die Bybel staan daar dat EK nie sigbaar op die aarde was nie, behalwe aan die wat MY kon sien. Maar EK het hier en daar in die publiek verskyn en mense bearbei. Maar hulle het My nie as Gees waargeneem nie, maar as vlees, sonder om te weet wie EK was. Dit was mense wat nie van MY geweet het nie en My nog nooit voorheen gesien het nie, maar ‘n brandende begeerte in hulle harte na Iemand groter as hulle gehad het, wat van ver af gekom het en in die tempel kom soek het na die GOD van die Israeliete, wat hulle uit die woestyn uitgelei het. Hulle was onder ‘n wanindruk van MY en het kom soek na die Magtige Stem wat met Moses gepraat het. Hulle het kom soek na Iemand wat hulle kon red uit hulle verdrukkers se hande en het daarom ver gereis op soek na die tempel waar hulle gehoor het dat EK woon. EK het geweet dat hulle baie teleurgesteld sou moes omdraai nadat hulle deur die tempel beroof sou gewees het en daarom het EK ‘n uitsondering gemaak, en as mens aan hulle verskyn wat MY nog nie vroeër ontmoet het nie. EK het hulle bearbei en in My dissipels se hande gelaat om hulle tot MY te bekeer en EK het aan almal verskyn wat MY liefgehad het. Daar was baie mense wat MY geken het weens My reise saam met MY dissipels en aan elkeen van hulle wat deur My aangeraak is, het EK gegaan om hulle te versterk. Terwyl van hulle nog nie gehoor het dat EK opgestaan het nie en met treurigheid hulle weg gegaan het, het EK skielik hier by hulle gepraat of skielik aan hulle verskyn. Sommiges het MY verwag, omdat EK dit voor MY kruisiging aan hulle gesê het en hulle was nie verbaas om MY te sien nie, maar baie verheug. Dit het hulle almal baie sterker gemaak en hulle het gevoel dat hulle vir MY ook sou sterf. Dit is presies wat EK ook van julle wil hê. EK wil julle volle oorgawe hê aan MY, julle Verlosser en Redder. EK wil hê dat julle ook bereid moet wees om vir MY te sterf en groot lyding vir MY ook te dra. Dit klink dalk vir julle nie reg nie of wreed, maar liefde betaal altyd die hoogste prys as hy daarom gevra word. EK het aan julle belowe dat EK julle sal beskerm, maar dit beteken nie dat julle nie swaar gaan kry nie. EK vind nie behae daarin dat julle moet ly nie, maar daar is so baie dinge wat met jou siel gebeur terwyl jy ly, dat julle dit soms nodig het. Wees maar net gerus, Ek is daar om julle te help en sal nooit dat julle so erg ly dat julle dit nie sal kan dra nie. EK het mos al aan julle gesê dat EK julle laste sal dra en daardeur verlig EK alle swaarkry. Al wat EK vra is dat julle bereid moet wees om ook vir MY te ly – as dit nodig is. Waar julle goed behandel word deur die mense, is dit ook ‘n seëning van MY aan julle en julle sal dan ook daar goeie arbeid in MY wingerd verrig. Maar moenie sekere plekke vermy omdat julle bang is om sleg behandel te word deur ander wat MY nie ken nie. EK help julle altyd en red julle uit tot die dag dat EK julle kom haal en as julle vir MY sterf, weet net dat EK nog steeds by julle is; dat Ek jou nog nooit verlaat het nie en dat EK jou sal vang voordat die bose ‘n oorhand oor jou siel kry. Wees liewer bereid om vir MY te sterf as dat jy maar ingee vir die bose en jou Ewige Lewe saam met My verloor. Ek het daarom ook aan al MY kinders verskyn, omdat EK geweet het dat hulle My versterking nodig het vir die komende tyd. Daar was geweldige beroeringe in daardie tyd nadat EK na die Hemele opgevaar het en Ek het nog steeds MY kinders bygestaan, al was EK nie meer vir hulle aardse oog sigbaar nie. Hulle is egter voor die tyd deur My verskyning aan hulle sodanig versterk, dat hulle die stryd wat gevolg het, met ope arms tegemoet gehardloop het en nie een van hulle is deur die bose oorval nie. Dit beteken nie dat hulle nie gesterf het aan die hand van MY en hulle vyande nie - dit beteken slegs dat hulle nie hulle liefde en geloof in MY opgegee het ter wille van aardse gewin nie. Dit is wat EK van julle ook vra en wees gerus – EK sal na julle ook kom - sigbaar vir julle aardse oog! EK sal julle ook kom versterk sodat julle die komende stryd in kan gaan en soos MY kinders in vorige eeue, die stryd kan oorwin deur die krag wat Ek aan julle sal gee deur MY versterkende Hand van Liefde. Julle is bekommerd oor die komende geloofstryd en weet nie heeltemal wat julle te wagte staan nie, maar EK sal julle lei en julle sál nie een verlore gaan wat MY in die diepte van sy hart dra nie, omdat EK nooit laat vaar die skape van My weide nie. Dit is tog ‘n bekende frase uit MY mond aan julle en tog bespeur EK nog vrees by julle. Daarom is sekere dinge nodig om julle te bevry van julle vrees en daarom sal EK ook sigbaar aan julle kom verskyn, en julle sal met geen bang haar meer op julle koppe vir MY regop staan en veg en die bose sal julle nie oorwin nie. Dit sal dalk aan die bose lyk of julle oorwin is, maar hulle sal ook diep binne hulle weet dat hulle verloor het. Hulle sal dan werkende hande wees wat satan se opdragte uitvoer en sonder dat hulle dit werklik geniet, sal daar van hulle wees wat ook na julle sal oorstap, omdat hulle julle vreugde sien. En met verlange sal hulle ook dit wil hê wat julle van My ontvang het. EK is genadig en daarom sal julle ook genade aan hulle betoon en hulle,wat hulleself aan MY oorgee, sal dan ook gered word. Dit is die waarheid en julle moet net glo, want nie een Woord wat EK spreek sal ongedaan wees nie. Wat Ek sê sal gebeur en julle sal lewende getuies daarvan wees. EK sal kom om julle te kom haal en julle sal jubel en bly wees, omdat julle dan na MY sal gaan, waar Ek al julle trane sal afdroog en julle ‘n nuwe lewe gee saam met MY waarvan julle nie eers gedroom het nie. Wees verseker dat die beloning vir julle getrouheid aan MY so groot is, dat julle dit nie sal kan verdra as EK julle nou moet sê nie. EK het MY aardse liggaam aan julle opgeoffer en daarom vra EK dieselfde aan julle. Net die bereidheid is vir MY genoeg en EK sal almal, wat nie vir MY sterf met sy aardse liggaam nie, kom haal op die wolke en hulle sal die nuwe aarde beërf en hulle sal die wat vir MY gesterf het, kan sien in die grootste geluksaligheid en vreugde en EK sal by julle almal wees. Saam sal Ek met julle wandel en EK sal sigbaar onder julle vertoef en niemand sal verlore gaan wat MY liefhet nie. Dit belowe EK aan julle, My getroue skapies wat EK baie liefhet. Wees maar gerus en eet MY Lewensbrood wat EK aan julle reik en wees tevrede met wat EK julle gee, want wat julle hierna gaan kry, oortref alles waaraan julle kan dink.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205