OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 32

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 32
26 Nov.2007 07:30
Julle wat nou die vorige hoofstuk gelees het, sal weet dat dit werklik die waarheid is wanneer dit gebeur en dit sal weer in julle binneste weerklink op die dag van nood. Julle sal weer My Stem hoor wat julle aan alles herinner en julle sal bly wees, omdat julle My Brood geëet het. Maar die wat met opgetrekte neuse liewer anderpad kyk sal nie so gelukkig wees nie en daarom nooi EK weereens almal uit om nader te kom en jouself te kom versterk met MY Lewensbrood, want EK weet wat julle nodig het vir die komende stryd. Moenie slim wees in julle eie oë nie en kom na My, sodat EK julle kan wys op die dinge wat julle nodig het. Julle wat weier om ‘n versterking te neem voor julle vir My sal moet ly, sal dit níe maak nie en die bose sal julle oorwin en met groot hartseer sal julle in die verderf gestort word, omdat julle te hardkoppig was. Neem My Brood aan, wat julle die lewe gee en wees dankbaar daarvoor, omdat julle dit eintlik glad nie verdien nie. Maar ter wille van die onder julle wat op MY vertrou en nie op sy Bybelkennis nie, het EK weereens aan julle iets gebring om julle te versterk. Wees getrou aan My en dit beteken ook: Eet die Brood wat EK SELF aan julle gee. Julle weier My! Julle weier nie ‘n mens nie. Dit is nie My skryfkneg se woorde nie, dit is MYNE. Julle wat dit nie wil glo nie, sal dit bitter berou, omdat julle dit nie ingeneem het nie en daarom nie weer daaraan herinner kan word nie. En as die stryd op sy felste is, sal julle versterking nodig hê en julle sal dit nie vind nie, omdat die versterking voor die tyd aan julle gebied is en julle dit geweier het. Wees nie meer hardkoppig nie en luister na MY Woorde! Wat kan dit jou skaad? Jy kan net daarby baat vind en dit sal jou red in die groot nood, omdat daar dan hongersnood sal heers wat liggaamlik en geestelik opgeneem moet word. Die Bybel is ook My Woord wat aan julle gegee is en al is daar baie foute in, het dit julle tot voor MY voete gebring waar julle MY ontmoet het en My leer ken het. Maar waarom wil julle nou niks meer eet wat deur MY aan julle aangebied word nie? ‘n Kind sal alles eet wat sy aardse pa hom aanbied, maar julle weier om uit My Hand te eet en dit nog wat EK wéet julle nodig het. Daarom sal julle versmag in ‘n tyd wat julle honger is en net MYNE wat My Brood geëet het, sal versadig bly en met krag sal hulle voortgaan in die donkerste en felste stryd wat nog ooit op aarde geheers het. Moenie dom wees nie en gehoorsaam My, julle Vader wat julle uit Liefde hierdie Lewensbrood aanbied. Dit is nie ‘n bevel nie, omdat EK niemand dwing nie, maar ‘n Liefdesroep aan julle vir wie EK baie lief is. En daarmee sluit EK nou hierdie hoofstuk af. Die wat nie verder wil eet nie, moet maar self probeer om brood in die hande te kry. Ek het gesê dat daar net een plek is waar hulle hierdie brood sal vind.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205