OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 38
29 Nov. 207 06:43
Julle is My uitverkore kinders in wie EK ‘n welbehae het, en vir wie EK ook aan die kruis gesterf het en daarom wil EK julle inlig van alles wat daar gebeur het, en ook daarna met MY opstanding en hemelvaart. Julle sal baie daarby kan leer, aangesien julle baie dinge nog nie weet nie. Die geestelike sy is nog nie eers aangeraak nie en daar is nie genoeg bladsye in die hele wêreld om alles saam te vat wat werklik gebeur het nie. Die geestelike betekenis van MY kruisiging alleen, sal ten minste ‘n honderd boeke alleen kan dek. Daarom is dit noodsaaklik dat julle julle so gou as moontlik met MY verenig, sodat EK julle alles in die Gees kan ingee en julle dit alles oombliklik sal verstaan. Sodra julle een word met MY, sal alles vir julle so duidelik soos die helder dag word, en julle sal juig oor al My wonders. Laat EK julle net een ou “klein dingetjie” vertel sodat julle ‘n begrip kan kry van wat EK bedoel as EK sê dat daar teveel is om te noem. Toe EK MY laaste asem uitgeblaas het, is daar van MY Gees ook oor die mense wat om die kruis gestaan het, uitgeblaas. Dit het meegebring dat hulle MY toe later herken het. Dit was dan ook die geestelike betekenis van die blinde oor wie EK geblaas het, en hy toe siende geword het. Julle het dit nie geweet nie, né? Wat is daar nog wat EK julle kan vertel? Nog vele sulke “klein dingetjies” wat gebeur het en dan ook die “groot“ dinge wat julle nie nou sal verstaan nie. Met MY opstanding het almal MY lig gesien en was so verbaas en bly daaroor. Dit kon ook nie oorgedra word nie, omdat dit geestelik van aard was. Julle het ook al self in julle binneste ‘n lig ervaar sonder om dit te sien en kon dit ook nie oordra nie. Dit is dan nou ook die betekenis daarvan - EK het aan hulle ‘n sigbare lig getoon wat julle as geestelik ervaar in julle binneste. Alles rondom julle moet dan ook uit ‘n geestelike oogpunt ook bekyk word. Sonder om MY lief te hê is dit nie moontlik nie en sal julle dit nie begryp nie. Dit is dan ook waarom EK julle aanspoor om MY lief te kry, sodat EK julle in al MY groot geheime kan inwy. Julle sal eers dan kan verstaan waarvan EK praat en sal alles kan waarneem. Wees geestelik voorbereid daarop, want daar is baie van julle wat nou hier lees wat nie meer vêr van daardie punt af is nie. Kyk om jou heen en jy sal moet erken dat alles wat jy sien, nie net die dooie materie kan wees nie. Julle weet al van MY skeppingsleer en daarom hoef EK dit nie weer te verduidelik nie, maar julle het nog baie om te leer daarvan. Net die gelowiges kan egter daarvan geleer word, aangesien daar ‘n weerstand te bespeur is by die ongelowige en EK hulle nooit sal dwing om te glo nie. Die geloof is iets waaraan elkeen self moet werk en EK sal aan elkeen die krag daarvoor gee, as hy dit begeer. Julle kyk na MY skepping met liggaamlike oë en kan nie die wonder daarin raaksien nie, omdat julle nog te ongelowig is, maar konsentreer net op My terwyl jy na dinge om jou kyk en EK sal jou geestesoog oopmaak, sodra EK genoeg liefde vir MY in jou binneste bespeur. Julle sal ook elkeen die geestelike betekenis van alles bekend gemaak word in jou hart, terwyl jy daarna kyk. Daar is nie net een betekenis vir alles nie en julle sal vir ewig kan besig bly, deur net die verskillende betekenisse van een klein blommetjie te oordink. Die kleinste blommetjie bevat heelalle, as dit net met die geestesoog gesien word. Julle sal verstom staan as julle net julle eie siel kon sien. Die siel bestaan uit miljoene geestesdeeltjies en dit is so pragtig, dat julle sonder woorde sou staan en staar vir eeue aanmekaar as julle kon. Dit en nog baie meer sal EK aan julle kan wys, as julle MY net lief genoeg het. Die liefde is alles, omdat EK die Ewige Liefde Self is en net EK kan julle in al My geheime inwy. Soek daarom daarna om een met MY te word, sodat EK julle alles kan wys en julle nog groter kan word in julle liefde vir MY. Die Liefde maak julle groot, en as julle met MY Liefde vervul is, sal niks julle onder kan kry nie, omdat julle vol van MY krag is, deurdat EK die hele tyd teenwoordig is in die vorm van Liefde. Wees maar net gerus en streef na die liefde, sodat julle alle kwaad kan oorwin en een met MY kan word. Sodoende sal julle in al My skeppingswonders ingewy word. Al MY Liefde aan My soekende kinders.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205