OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 43

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 43
3 Des. 2007 05:48
O, Jahshua , ek het U lief
Ja U is My hartedief
Op U skoot wil ek graag sit
Ek wil my arms om U sit
O, Jahshua druk my
O, Jahshua soen my
O, Jahshua hou my
En dra my altyddeur.
Dit is ‘n liedjie wat baie van julle vir MY in julle harte sing. EK ken elkeen se hart en weet presies wat elkeen dink. Julle wat hierdie liedjie al baie aan My gesing het, het MY werklik lief en sal nooit deur MY verlaat word nie. EK sal julle altyd bystaan en in tye wat julle moeilik vind, sal EK getrou aan julle MY krag skenk. EK sal julle elke dag met krag versterk - julle moet MY net elke dag in liefde kom vra. En sing hierdie liedjie in julle harte aan MY en EK sal julle nooit verlaat nie. Wees nie bevrees vir die mense wat julle in boosaardigheid aankyk nie. Hulle is blind in hulle ywer vir My en kan niks raaksien behalwe hulleself nie. Hulle soek ook na My, maar met halwe harte en sonder dat hulle dit besef is hulle eie ego’s nog baie groot. Hulle soek na MY omdat hulle hoop om krag van My te ontvang sodat hulle die ander kan vergeld. Wees maar net gerus, Ek sal hulle nooit die oorhand oor julle gee nie en hulle sal julle nooit kan onderkry nie. EK sal julle die krag daarvoor gee, sodat julle in uiterste naasteliefde nog steeds MY Woord aan hulle kan bring. Hulle sal later moet erken dat julle definitief krag van MY ontvang, omdat julle nie mismoedig word nie. Julle het nog ‘n entjie om te stap hier op aarde en sal daarom nog met baie ander mense te doene kry aan wie julle My Woord moet bring. Van hulle sal dit met blydskap herken vir wat dit is, maar daar sal baie wees wat julle daaroor sal veroordeel. Wees maar net nie bang daarvoor nie, want geen mens kan doen wat EK hom nie toelaat om te doen nie. Hulle sal die hande aan julle slaan, maar wees nie bang daarvoor nie, omdat EK elkeen wat ‘n hand teen julle sal lig, self sal slaan en hy sal daarvan weet. EK wil almal na MY trek, sodat almal gered kan word, maar baie weier halsstarrig om nader te kom. Hulle is tevrede om My daar van vêr af te sien werk en stel nie regtig belang om nader te kom nie. Die wat wel nader aan MY kom word dan deur hulle veroordeel en sleg gemaak. Moenie bekommerd wees as julle vals beskuldig word nie. EK is ook valslik beskuldig dat EK met die hulp van satan MY wonderwerke verrig het. Baie van die wat julle nou “slaan”, sal na julle terugkom en met oop oë sal hulle dan erken dat hulle verkeerd was. Daardie dag moet julle dan saam met hulle juig en bly wees, omdat nog een sy weg na MY gevind het. Julle moet ten alle tye My Liefde in julle harte hê en nooit mag julle liefde verkoel nie, omdat dit dan ‘n vastrapplek vir satan sal wees. Liefdeloosheid hoort nie tussen My kinders nie en sal nie deur My geduld word nie. Wees altyddeur bly, omdat julle vir MY moet ly, want die een wat vir MY ly, sal ‘n wonderlike loon ontvang. EK sal julle nie vergeet wat vir My getuig nie en julle sal deur My bekend gemaak word en julle werke sal voor julle wees, sodat almal kan sien, julle het My gedien.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205