OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 45

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 45
3 Des. 2007 06:42
Die mense wat MY liefhet, sal altyd deur My bewaar word en sal nooit uit MY Hand val nie. Hulle sal altyd deur MY gedra word, soos wat My dissipels deur My gedra is nadat EK opgevaar het na die hemel. Terwyl EK aan die kruis gehang het, en die woorde gesê het wat opgeteken staan in die Bybel, het menige mens wat daar gestaan het, probeer hoor wat Ek sê, aangesien EK sag gepraat het. Hulle wou hoor wat EK sê uit nuuskierigheid en nie omdat hulle in MY Woorde as sulks belang gestel het nie. Hulle kon egter nie mooi hoor nie en het van MY Woorde ‘n bespotting gemaak. Daar is gespot tot vervelens toe en iemand het My selfs nageboots terwyl EK aan die kruis gehang het. Die spotters het lekker gelag totdat EK gesterf het en het hulle gehaas om hulleself papdronk te drink oor My kruisiging. Dit was vir hulle iets om te vier en sonder skroom het hulle met alles wat My aangaan, gespot. Nadat hulle hulleself dronk gedrink het, is hulle na My dissipels om hulle ook in hegtenis te kom neem. Hulle het nog nie genoeg gelag nie en wou nog meer pret hê, maar sonder dat hulle dit geweet het, het hulle hulle vasgeloop in My mag. Dit was daardie soldate wat aan My dissipels se deur kom klop het en met My mag te doen gekry het, soos dit beskryf is in ‘n vorige hoofstuk. Julle sal ook met sulke mense te doen kry en hulle sal met julle die spot dryf, maar wees nie bevrees of hartseer daaroor nie, omdat daar ‘n goeie kans is dat hulle ook nog gered kan word. Hulle is ook vandag so, net soos in daardie tyd, en probeer hoor wat EK nou aan julle sê, maar is nie daartoe in staat nie, omdat My stem sag is en net die wat My liefhet My stem kan hoor. Wees nie bekommerd oor die dronkaards nie, want hulle sal ook nog ‘n geleentheid kry om na MY te kom. Met ‘n groot gejuig sal hulle wakker gemaak word en in hulle angs en nood sal hulle van hulle boosheid bevry word. Dit is wat vir die spotters ook voorlê en niemand wat EK roep, sal vir altyd sy ore kan toestop nie. As EK roep, sal hulle een of ander tyd moet hoor,- al is dit eers in ‘n volgende verlossingsperiode. MY stem is sag, maar almal wat van goeie wil is, kan MY hoor sonder om te vrees dat My stem sal stil raak. My stem sal slegs stil raak op die vasgestelde tyd en net die wat MY alreeds voor die tyd kon hoor, sal MY dan kan hoor.Tevergeefs sal die dowes dan probeer hoor, maar EK sal MY ore dan vir hulle hulpgeroep toestop. Kom nou na MY en kom luister na MY stem, omdat die tyd baie naby is en julle sal huil omdat dit stil is in julle binneste. EK sál met almal praat wat My stem wil hoor en daar is nie net ‘n sekere groepie uitverkorenes net wie EK sal praat nie. Almal wat My soek, sal MY stem in hulle binneste kan hoor en eendragtig sal hulle dan saamstaan, omdat EK nooit verdeeldheid tussen broers sal veroorsaak nie. Met ander woorde; EK sal aan elkeen presies dieselfde sê en niemand sal anders ingelig word as ‘n ander nie. In MY ewige orde lê eendragtigheid en daar sal nie tweedrag tussen MYNE heers nie. Soos een man sal hulle opstaan en dieselfde doen en weet, omdat MY stem in elkeen se hart weerklink. Streef daarna, sodat satan nie sy kloue in julle kan slaan en julle dan verkeerde dinge sal doen “in MY Naam” nie. Julle wat alreeds My stem kan hoor is deur MY begenadig, nie omdat julle spesiaal is of beter as julle naaste nie, maar omdat EK ‘n spesifieke doel vir julle het. Julle moet solank My werk onder julle broers doen en hulle aanwakker om na My Stem te soek soos wat julle na My Stem gesoek het. Almal sal dan op die regte tyd deur My aangespreek word en niemand sal deur MY vergeet word nie. Dit is MY Woorde díe en nie ‘n mens s’n nie. Wees getroos, julle wat nog na MY Stem soek, want EK sal na julle almal ook kom.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205