OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 47

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 47
5 Des. 2007 05: 52
Aan almal wat MY Woord eet wil EK sê, julle sal genoeg krag ontvang vir die komende tyd en EK sal julle almal deurdra as ander om jou beswyk van vrees. Wees nie bevrees nie en moenie wankel in julle geloof nie, want dan sal julle nie staande bly nie. EK wil nie een sien verlore gaan nie en sal julle daarom weer en weer aanspreek deur MY openbaringe. Elkeen van julle moet MY vra in alle nederigheid dat EK met jou ook praat en EK sál kom en jou ook aanraak sodat jy MY stem kan hoor. Wees maar net gerus as jy MY al wel gevra het en jy nog nie MY Stem kan hoor nie. EK het nie van jou vergeet nie en sál na jou kom. Julle moet net leer om op MY te wag, maar almal wat nou hier lees en dit met sy hele hart begeer, sal deur MY aangespreek word. Dit is ‘n verkeerde ding om te glo dat net MY skryfknegte hierdie voorreg het en dat EK net met hulle spreek. Julle is almal My uitverkorenes en Ek wil almal teen MY bors vasdruk. Laat net alle aardse dinge na en kom na MY, sodat EK julle kan reinig. Dit is; lê alle aardse begeertes af soos: Televisie kyk, na aardse musiek luister, sportsoorte wat die oorhand oor julle het, tydskrifte wat nie MY Naam alle eer gee nie en alle wêreldse plesiere waar EK nie gedenk word nie. Wat EK wil hê is dat julle aanhoudend moet bid soos wat EK in MY Woord, die Bybel sê. Hoe kan julle sonder ophou bid wanneer julle sit en televisie kyk of aardse tydskrifte lees, of na wêreldse musiek luister? EK wil nie hê dat julle nou in afsondering moet gaan leef nie, maar dat julle julle siele vir MY afsonder. Wat se loon sal julle kan ontvang as julle alle aardse dinge afgelê het deur heeltemal in afsondering te leef? Geen loon nie, omdat julle aan versoekings en beproewings blootgestel moet word en sodoende alles dan eers oorwin. Daarom sal EK nie die aardse dinge om julle wegvat nie . Julle moet dit self oorwin deur volharding in die geloof. Hoe volhard mens in die geloof? Net deur die allesoorheersende liefde vir MY.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205