OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 54

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 54
8 Des. 2007 16: 40
Julle wonder seker waarom EK in hierdie boek so baie van die komende stryd praat, terwyl dit eintlik oor MY kruisiging gaan. Dit is omdat julle almal ook julle kruisiging tegemoet gaan. Julle gaan ‘n baie moeilike tyd tegemoet en dit is te vergelyk met MY kruisiging. ‘n Sware steil pad lê vir julle voor en net soos wat Ek voorbereidings moes doen om die My kruisiging tegemoet te kon gaan, net so moet julle ook voorbereidings doen vir die pad wat julle sal moet stap om tot by MY te kan kom. Almal van julle wat nóu hier is, is met ‘n doel hier en dit was MY plan dat julle nou in hierdie tyd op die aardbodem moes wees. Julle het ‘n ooreenkoms met MY gesluit om hier te wees en julle naaste in die nood te help, want die einde is in sig. Julle nood en lyding gaan baie ander red en tot ander insigte bring, wat gaan meebring dat hulle uit die satan se kloue ontruk word. Dit lyk miskien vir julle onregverdig dat julle moet ly sodat ander gered kan word, maar het EK nie vir julle gely nie? EK het die ganse mensdom se sonde op MY skouers gedra en sodoende kan elkeen van MY volk gered word as hy graag wil. Julle naasteliefde moet so groot wees dat julle ook ter wille van hulle sal ly. Dit vra EK van julle tot redding van julle broers. Laat EK vir julle vertel van die ooreenkoms wat julle met My aangegaan het. EK het aan julle almal wat bymekaar was vertel van die einde van die aarde waarin nog ‘n verlossingsperiode aangebreek het en ook aan julle die hele situasie uitgelê. Julle was almal bewus van die satansmag wat op aarde heers en ook van die swakheid van die mens. EK het dan gesê dat EK julle nodig het om vir MY te arbei hier op aarde en dat dit beteken dat julle almal weer ‘n mensgedaante sal moes aanneem, om julle naaste wat nou hier is, te kom help. Julle het ingestem omdat julle MY baie lief gehad het en ook omdat julle naastes julle baie na aan die hart gelê het. Geeneen van julle is gedwing daartoe nie, dit was ‘n besluit wat julle self gemaak het uit liefde vir MY en julle broers hier op aarde. Julle was almal as verheerlikte engele by MY en het alles prysgegee sodat julle weer swak kon word in die liggaam van ‘n mens sodat julle die mense op aarde kan help. EK sê dit aan julle omdat dit die waarheid is en omdat EK julle wil herinner daaraan. Die tyd het buitengewoon boos geword en daarom het dit tyd geword dat EK moes ingryp en julle was deel daarvan. Gaan nou en gaan dink hieroor na en dink dan ook hoedat jy deur jou lyding , ander kan help om by MY uit te kom in ‘n tyd wat baie duister en donker is. Daar het nog nooit so ‘n slegte tyd op aarde geheers soos nou nie en dit bring dan ook mee dat EK die aarde nie meer vir baie langer kan spaar nie. EK moet ‘n vernuwing laat plaasvind sodat die opregtes van hart weer kan leef in ‘n plek waar EK die alleen Heerser is. Die boosheid moet gebind word en in die poel van vuur gewerp word en dit is nou die tyd daarvoor. Maar wees gerus, MY kinders, EK weet dat julle swak is in die vorm van ‘n mens, dat julle niks van julle ooreenkoms met MY onthou nie en het begrip daarvoor en daarom kom EK nou na julle in die vorm van hierdie openbarings wat EK aan julle deur MY skryfknegte gee en gee dit aan julle met liefde uit MY Vaderhart. Dink nie dat dit nie waar is nie, omdat dit net is wat satan wil hê. Hy is buitengewoon boos en sal julle wil afbreek tot op die grond waar hy julle dan wil vertrap en tot niet maak sodat julle MY nie kan dien nie. Daarom maan EK julle om by MY te bly sodat julle vry van hom sal bly. Dit sê EK in liefde aan julle, MY getroue diensknegte en diensmaagde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205