OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 59
11 Des. 2007 07:43
Die vorige hoofstuk was vir sekeres van julle baie skokkend, maar Ek wil hê dat julle baie mooi daaroor gaan nadink of julle daarvoor kans sien of nie. Sien julle nog nie kans daarvoor nie, is julle saak met MY nog nie in orde nie, en moet julle baie nader aan MY beweeg sodat Ek julle met krag kan omvou. Die van julle wat die toekoms, al is dit hoe donker, met ope arms tegemoet gaan, sal nog meer krag van MY ontvang, sodat julle baie vinniger met MY een sal word. Die eenwording met MY sal geskied wanneer julle dit die minste verwag en daarom moet julle alles in die stryd werp daarvoor. Glo net absoluut dat julle met MY sal verenig en begeer dit met jou hele hart en EK sal jou tegemoet hardloop sodat jy met MY vervul kan word. Hier is nog niemand wat heeltemal met MY een is nie, maar EK weet dat daar baie is wat daarna hunker en dit in die diepte van hulle wesens begeer. Dit sal dan ook gebeur en met groot lof sal julle almal dan slaag en heeltemal een met MY word. Dit is die beste wat jy vir jouself kan begeer op hierdie aarde en niks anders is so edel soos dit nie, omdat die eenwording met MY baie ander sal red. EK het by ‘n vorige geleentheid aan ‘n ander skryfkneg gesê dat die eenwording met MY iemand in staat stel om alles in en om hom tot lewe te wek en dit is die waarheid. Julle wat met MY een sal word, sal almal om julle tot lewe in MY wek sodat hulle met nuwe krag na MY sal soek tot hulle MY vind. Daarom is dit baie belangrik om na die eenwording met MY te streef, sodat jy jou naaste kan help. Julle sal dan heeltemal vernuwe voor My staan en alles in en om julle met die gees kan aanskou. Die aardse met sy doodsdreigemente sal dan vir julle nie meer iets wees waarvoor jy bang hoef te wees nie, omdat jy dan die ewigheid om jou sien. Wie kan dan nog aan ‘n aardse liggaam vasklou en sodoende die dood aanhang? Almal wat een met MY geword het, sal dan ook die skeiding met die liggaam (aardse dood) met ope arms aangryp en die geleentheid tegemoet hardloop, want dan is die tyd ook daar om heeltemal oor te gaan na die geesteswêreld wat jy dan al lankal kan waarneem. Julle wat een met MY is, sal dan ook ‘n begeerte hê om so gou as moontlik van die aardse liggaam te skei, maar sal nog moet bly totdat EK julle roep om uit te tree. Dit sal ‘n dag wees waarop julle sal juig en tot volle blydskap sal oorgaan. Dit is dan ook hoe julle tot op die einde sterk sal staan vir MY en die baie mense om julle wat nog gered moet word. Dit is die enigste weg waarop julle moet wandel, omdat EK die weg is, en as julle een met MY is, sal julle die hele tyd op MY wandel. Vergeet nie hierdie woorde van MY nie, wat aan julle gegee word om julle nou al te versterk en bou daarop, omdat EK dit aan julle gesê het en EK die rots is waarop julle moet bou. EK het julle lief en sal daarom nooit vir julle onwaarhede vertel nie. EK versterk julle nóu sodat julle die regte keuse sal maak.
Amen, My kind, amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205