OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 6
13 Nov 2007 23:25
Dit was ‘n heuglike ontmoeting in Die Vaderhuis en net so sal dit wees as Ek julle kom haal uit die put van duisternis waarin julle nou verkeer op aarde. Dit gaan nog donkerder word hier op aarde waar julle vir My sal moet stry. Dink aan dit wat EK julle nou gee en weet dat daar vir julle ook verlossing is. Ek ken geen smart as MY kinders hulle om MY vergader en daarom roep EK almal nader voor die groot verdrukking van die uitverkorenes plaasvind om julle sodoende te versterk en julle met krag te vervul voor dit te laat is. Maar in elk geval, nou kom ons weer terug by die groot verlossing wat Ek bewerkstellig het. Dit was ‘n buitengewone groot ding wat gedoen is om My mense uit die duisternis te gaan haal, aangesien die magte van die dood baie sterk was. Die dood het niks terug gegee wat hy eers geneem het nie en julle moet verstaan dat deur MY dood en intrede in die duister hel, EK almal verlos het wat maar wou dat EK hulle moes verlos. Daar was nie een wat verkies het om agter te bly nie en EK was hulle almal genadig. Dink daaraan as jy weer deur jou naaste verontreg word, dat Ek MYSELF in die aaklige duisternis begeef het om mense te red wat MY nie eens altyd liefgehad het nie. Hulle het MY aanbid uit vrees of weens ander redes, maar nie weens liefde nie, behalwe die paar wat aan julle bekend is bv. Adam, Set Abraham en Isak. Ek was hulle almal toegedaan en dink net wat EK alles aan julle sal doen wat MY regtig ernstig liefhet. Dit was een van MY vreeslike oomblikke, toe EK die hel betree en vat wat MYNE is. Satan en sy hele gevolg het aanmekaar gespring, die oomblik toe EK uit tree en daar weer volskaalse duisternis intree. Almal het mekaar beskuldig van die een of ander ding wat nou kwansuis MY intrede vergemaklik het. Daar is aan elkeen gesê om MY nie toe te laat in die hel nie, sodat MY lig nie kan kom en hulle oordeel nie. Toe nie een van hulle MY kon teëhou nie, het hulle in woede teen mekaar ontvlam wat ook ‘n woeste storm op aarde veroorsaak het. So bly dat hy was dat hy MY aardse lewe kon vat, so spyt was hy nou daaroor omdat EK al sy siele “gebuit” het. Die satans het mekaar oor en weer met beskuldigings gegooi. Klink dit nie soos ‘n normale aardse toneel nie? Mense, selfs familie wat mekaar van dinge beskuldig wat nie een van hulle kon help nie. Neem maar byvoorbeeld jou eie familie: Die een suster kan nie saam met die ander een leef nie, want elkeen het iets teen die ander een wat sy maar net nie kan vergeet of vergewe nie. Dit is dinge wat nie een van hulle kon verhelp nie, maar hulle hou dit vir ewig teen mekaar sonder om aan die dag van more te dink. More kan dalk nooit vir een van hulle aanbreek nie en dan is dit dalk te laat. Maar EK het hulle (demone) ook begenadig en het hulle weer ‘n kans gegee om reg te maak wat hulle verbrou het deur hulle uit hulle onmiddellike omgewing te haal na ‘n ietwat beter plek maar wat nog steeds hel was. Dit was waarom die storm ‘n bietjie bedaar het. Die son wat altyd na ‘n storm skyn, maak nie saak hoe groot die storm of reën was nie, is die weersiens met MY of MY verlossing wat Ek bewerkstellig. Dink dat dit waar is deurdat ‘n mens altyd beter voel as die son uitkom na die reën. Jy voel verfris daardeur en alles lyk skoon en nuut. Net soos wanneer EK jou uitred, alles ook mooi en nuut lyk na die groot nood wat jy beleef het. EK is getrou en sal alles aan julle bring wat julle nodig het. Wees daarom nie bang dat julle nie sal kry wat julle graag wil hê uit hierdie werk van MY nie. Dit het sy goeie redes waarom EK baie dinge oor en oor sê. Julle sal nog alles te wete kom wat Ek in die geesteswêreld beleef en gedoen het.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205