OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 60

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 60
12 Des. 2007 07:24
Hierdie is dan nou die werk wat aan julle belowe is soos deur MY skryfkneg opgeteken in die Johannes Evangelie Boek 11. Daar is voorwaar nog baie wat kortkom en dit sal nog aan julle bekend gemaak word in komende tye wanneer julle ryper en meer ontvanklik daarvoor is. EK is Die Almagtige, die Ewige en die Enigste. Wie na My kom uit liefde sál deur My met liefde opgeneem word. Koester geen vrees vir My nie, maar wees net vir My lief. Dit is al wat Ek wil hê. Jou liefde vir My sal jou reinig en skoon was sodat jy ‘n welgevallige hart sal hê wat deur MY gevul sal word. EK is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Niemand kan na My kom sonder die liefde nie. Die liefde is die Alfa en die Omega, want Ek is Liefde. EK is ook die Weg, die Waarheid en die Lewe. Niemand kom na Die Vader behalwe deur My nie. EK is die Vader en hoe kan julle na MY kom sonder Liefde? Soek na My in die diepte van jou hart. Soek na My in liefde en Ek sal jou met MY liefde vervul sodat jy vernuwe voor MY sal staan. Geen mens kan na MY kom sonder liefde nie. Dit moet julle nou onthou. Die liefde is die belangrikste en gaan ondersoek jou hart of daar genoeg liefde is vir MY en jou naaste. Dit is My Woorde aan julle voor My wederkoms, wat nie meer baie vêr is nie. Alles wat Ek aan julle sê, sê Ek met Liefde. Dit is die einde van hierdie boek. Daar sal nog baie openbarings aan julle gemaak word deur My skryfknegte sodat julle nie kan sê dat julle nie geweet het nie. Eet sodat julle versadig kan word en gereed kan wees vir die groot stryd wat voorlê. Maak julle oliekannetjies vol, want die nag gaan buitengewoon duister wees. Net EK kan julle oliekannetjies volmaak, maar julle moet kom vra daarvoor. Dink aan MY met al die liefde in jou hart en Ek sal jou vul.
Amen.
12 Des.2007 07:38
Dink aan My in die tyd van nood
Want die tyd van nood is baie groot
Dink aan My voor die tyd van nood
Sodat Ek kan gee die daaglikse brood
Dink nóu aan MY
Sodat EK jou bevry
Van jou sonde, hel en dood.
 
EK kan alleen red
Weet dat dit waar is
Dat EK altyd daar is
En nooit sal EK julle verlaat
EK bewaar julle van alle kwaad
Gee net alles in My Hande oor
Dan sal julle niks verloor
En julle sal MY sien kom
As EK kom pluk MY blom
Waarvan julle deel is
 
Wees bly
Want die tyd is naby
En elkeen wat MY verwag
Sal My sien in al MY prag
 
Die liefde is die sleutel om tot MY te kom
Sodat jy ook deel kan wees van MY blom.
 
Soek MY aangesig altyddeur
Sodat jy MY kan vind
Want jy is MY kind
Wat verlore was
En honger was
 
Vind jou weg weer terug na MY
EK is altyd naby
En lei jou weer terug na MY Vaderhuis
Waar jy altyd sal woon aan MY sy.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205