OP GOLGOTA
LOUISE SNYDER/CHRISTINE BADENHORST

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60.

Hoofstuk 8
Geseënd is hy
wat wakker bly.
Die een wat MY verwag
Is die een wat vol is van krag
En MY mag
Word aan die gegee wat na MY smag
In duisternis sal julle nie vergaan
Want EK het die weg vir julle oopgebaan.
 
Dit is My woorde aan julle wat probeer om, ten spyte van julle swak vlees, nogtans vir My te dien. Ek sien dit raak en gee julle krag sodat ‘n nuwe dag in julle binneste aanbreek. Daarom moet julle die vlees bestry en MY bely al is daar soms sware dinge op jou weg, want EK kan alles vir jou ten goede verander en jy sal in MY juig en van MY wonderbaarlikheid getuig by almal wat nog na MY soek. Wees bly as julle versoek word, want EK is ook versoek in die woestyn en Ek het rein gebly, deurdat Ek vervul was van My Gees van Liefde. Wees daarom ook vervul met Liefde, sodat julle staande kan bly. Dit wil sê, wees vervul met MY (want Ek is Liefde), sodat julle staande kan bly. MY dissipels het almal die hasepad gekies soos julle in Afrikaans sê, maar Johannes, wat MYNE was, het by MY probeer bly, al was sy vlees swak gewees en al wou hy ook vlug uit vrees vir MY kruisigers. Maar hy het gebly tot op die bitter einde en hy was so listig soos ‘n slang terwyl hy MY probeer volg het. Hy het MY gevolg totdat Ek aan hom gesê het dat hy na MY aardse moeder moes omsien. Dit het hom bitter geroer en hy wou weereens vlug, maar hierdie keer uit diepe deernis en oorgrote hartseer vir MY. Ek het hom ‘n kyk gegee wat hom die res van sy lewe sou bybly. Dit was ‘n kyk wat hom vervul het met krag en weerbarstig het hy met moed die vyand in die oë gekyk en niks meer gevrees nie. Hy het My geweldig liefgehad en was daarom byna dood van hartseer, maar wou niks aan die ander te kenne gee nie, daarom wou hy vlug om in die stille alleenwees sy wese uit te skree van pyn en hartseer oor MY marteling wat sou lei tot die dood. Johannes het egter die vlees oorwin en het daar gebly tot die einde en het ook gehelp om MY liggaam van die kruis af te haal. Sonder dat hy dit geweet het, was EK elke oomblik in sy nabyheid en het alles in hom waargeneem en hy het dit nie geweet nie. Maar Ek is genadig en het in sy hartseer vir hom woorde van troos gefluister wat hy gehoor het as ‘n innerlike stem, baie dieselfde as wat My skrywers nou kan waarneem. Julle moet MY almal daarvoor vra, dat Ek ook in julle binneste met julle sal praat, want dit is die ware troos en dit sal jou help om jou vlees met al sy vrese te oorwin. Dit sê EK nou aan julle en dit is ‘n belofte dat Ek aan elkeen van julle se innerlike sal beantwoord en julle sal juig omdat julle ook MY Stem kan hoor. Smag daarna en Ek sal dit vir jou volbring.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205