Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Die misterie van die twee getuies
Hoofstuk 1
MY getuies; wat EK sover vertel het.
Woensdag, 14 November 2007
MY kinders, baie van julle voel seker verslae soos MY skrywer ook hier, want EK het ook gesê dat twee kom in die vlees. MY skrywer het al vol angs gebid en weer begin dink dat EK nie meer met haar is nie. Nou kom Ons by MY verduideliking;
Eers het EK vir Moses en Elia gebruik as beelde om julle te leer, nou wil EK ook MY Henog gebruik om julle iets te wys. Henog en Elia is weggeruk na die Paradys, sou daar enige verbintenis kon wees? Ja, maar julle sal dit nie sommer verstaan nie.
Henog is soos Elia na die Paradys en EK sal hom ook weer stuur as ‘n getuie om te getuig. Verstaan nou ook mooi, alles wat EK sê is woorde vol groot wysheid, laat MY julle lei, sodat julle julle kan verbly, omdat EK op julle ag gee.
Neem MY Henog as ‘n voorbeeld,
En word so liefdevol soos hy
Dan sal jy na vlees ook baie min ly
Want jy sal jou verbly
En MY bely
En bo alles bemin
Soos in die begin.
 
Leer nou die les
En doen jou bes
Om te word soos EK vra
EK sal jou op die hande dra
 
EK, julle MEESTER en SKEPPER van julle harte.
Amen.

 
 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205