Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 13

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 13
Saterdag, 24 November 2007 om 18:47
Nou is julle gereed om meer te hoor van die geeste van Moses, Elia en Henog en wat dit beteken.
Moses is MY GEES van liefde, Elia is die GEES van werke en Henog is die GEES van wysheid of kennis. Nou sal sommige van julle sê; ‘Is U GEES nie die liefde, werke en wysheid nie?’ Maar hoe sleg verstaan julle nog dinge. MY skryfkneg, jy het self vandag geskrik vir MY woorde wat jy totaal verkeerd opgevat het. In jou nood bel jy MY seun wat alles toe aan jou uitgelê het, terwyl jy net na MY toe moes gekom het. Mense, leer nou die les om na MY toe te kom.
Ja, dit is MY GEES, dit is die gees wat in julle teenwoordig moet wees vir julle wedergeboorte. Die GEES, die water en die bloed, dit is altyd teenwoordig. Dit is julle liefde vir MY en julle naaste wat julle vry maak, werke is liefde tot MY en jou naaste, wysheid is ‘n krag uit MY wat aan julle wat dit waardig is, gegee word.
Volg hierdie raad na en julle sal wedergebore word. Ja, julle is MY getuies. Julle almal het EK gekies om vir MY te getuig. Ondersteun ook MY Elia en MY Henog wat as mense by julle teenwoordig is.
Moet egter nie dink dat hulle bo julle verhewe is nie, onthou EK het almal ewe lief en julle is almal MY liewe kinders.
Julle VADER wat julle oneindig liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205