Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 14

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 14
Saterdag, 24 November 2007 om 19:01
MY kinders, EK wil nou verduidelik wat is die pyn wat julle kry in julle harte, dis nie ‘n fisiese pyn nie, maar so diep dat dit voel asof iets in julle wil breek.
Ja, baie van julle het dit al deurgemaak en gehyg en gesteun en gedink dat julle vreeslik ly. MY kinders, dis die pyn van wedergeboorte, dis hoe julle geboorte skenk aan MY koningskind, wat saam met MY vir altyd op die troon gaan sit.
Dit is deur julle liefde vir MY dat julle dit vir MY doen. EK is elke oomblik met julle, EK hou wag oor elkeen van julle. Moet daarom in die tye dat jy so voel, nie dink dat EK jou verlaat het nie, wees bly, want jy is op MY weg.
Ja, dit is EK wat julle gereinig het deur MY vergote bloed dat julle nou die voorreg kan smaak om volwaardig een van MY kinders te kan word.
Onthou, jy is MY getuie, in jou werk die GEES van liefde, werke en wysheid. EK het dit aan julle gegee. Gaan en wees ‘n volwaardige getuie vir MY. Ondersteun MY twee seuns, wat MY twee getuies is. EK het hulle gestuur, dit is EK wat praat.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205