Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 4

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Hoofstuk 4
Vrydag, 16 November 2007 om 13:45
Henog het met MY gewandel en met MY engele gespreek.
Nou ‘n insident uit die lewe van Henog; eendag het ‘n vreemdeling uit die dieptes na die kinders van die Hoogtes gevlug*. ‘n Naam het hy nie gehad nie en op sy voorhoof was die merk van Kain. Toe vader Adam hom sien, het hy streng gevra; ‘Wat doen jy hier, dooie uit die diepte? Die merk van Abel se dood deur Kain is op jou voorhoof, en sy bloed stroom in jou are.’
Die vreemdeling het op die grond neergeval en Adam het gesê; ‘Spreek as jou tong ‘n taal magtig is!’
Die vreemdeling het vreesbevange in die stof van die aarde gelê en bewe en skielik het Enos gesê; ‘O, vaders en kinders, ek onthou skielik dat ons in ‘n droom op dieselfde plek gestaan het en dat ek u Abel by die man gesien het, dat Abel hierdie man vir u gebring het, vader Adam’.
Henog het dit ook bevestig en die presiese plek aangewys soos Enos. Adam, die ou vader het hulle toe geglo en het gesê; ‘O, Abel, wat jy vir my gebring het, neem ek op, al is dit Kain self! Staan op, seun uit die diepte, jy sal Asmahael heet, dit is; vreemdeling wat na Elohim soek.’
Adam het hom aan die sorg en leiding van Henog oorgelaat en was verbaas om die woorde uit die mond van die vreemdeling te verneem, want Asmahael was eers nie ‘n taal magtig nie. Asmahael het gesê dat hy die woorde geleer het uit die mond van die Boodskapper wat hom tot daar gelei het. Hy het die boodskapper beskryf, en dit was Adam se geliefde Abel.
MY kinders, dit is in kort die storie van die Vreemdeling Asmahael, en Henog het sy leermeester geword.
Amen.
Later nog meer oor Asmahael.
Amen.
*(Volledige verhaal kan gelees word in Jakob Lorber se o boek, Huishouding van God - Deel 1.)

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205