Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 6

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 6
Saterdag, 17 November 2007 om 13:27
Die twee dele van die leer van Henog;
Liefde;
Henog het die ander van MY, julle SKEPPER en VADER geleer. Hy het geleer soos EK hom in die hart gelê het, dat EK die Groot Liefde is wat julle geskape het. En ook het HY geleer dat EK as VERLOSSER na die aarde gaan kom. Die kinders van Adam was verbaas en Set was vurig vir wat Henog hulle geleer het. Hulle het toe meer van MY ervaar en hulle het die wysheid van MY gebod ingesien. Want EK het hulle as wet gegee; ‘Jy moet Elohim liefhê bo alles en jou naaste soos jouself.
Nederigheid;
Om te luister en te vra, sodat EK alles vir julle/hulle kan sê in julle/hulle harte.
Nederigheid om te luister na waarheid, al kom die persoon wat dit bring van waar. Vergelyk die verhaal van Asmahael met MY skryfknegte van nou; hulle kom almal uit die dal van die dood, dis net MY genade en liefde wat hulle gevra en gekry het, hulle het MY diep gesoek en ook gevind. Nou roep EK julle uit die dal van die dood en vra julle om te luister in alle nederigheid na MY woord in jou hart en glo wat EK vir jou daardeur sê.
Amen.
Wees nederig en in MY liefde.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205