Die misterie van die twee getuies
MARIETHA NEL

Hoofstuk 9

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20.

Henog
Hoofstuk 9
Donderdag, 22 November 2007 om 11:09
MY kinders, kan julle nie verstaan dat MY twee getuies as mense ook onder julle teenwoordig is nie? MY skrywers weet al wie is een. EK het hulle egter verbied om te sê. En MY gebod is vir hulle bo alles. Hulle sal die geheim nie uitlaat nie.
Maar Henog sal ook nog aan hulle bekend gemaak word, egter later. Julle sal nog moet wag en vra hulle nie na wat EK nou sê nie. Weet ook wat EK verduidelik het ‘n geestelike sy, en daarin vertel EK van die wedergeboorte. Gees, water en bloed. Wie is wie? Moses staan vir GEES, Elia vir bloed en dus vir werkende krag en Henog as die water wat EK hier as kennis of wysheid aangee.
Dit gee julle ook ‘n idee hoe MY getuies te werk sal gaan.
Volg hulle na in dit! Julle wat EK wysheid gee, gaan daarvolgens, julle wat krag kry, doen die werke, julle wat vol liefde is, leef in die GEES. Sien dit as iets binne elkeen van julle. Julle almal het wysheid van MY ontvang, sommige meer en ander minder. Die met minder wysheid het ‘n ander talent, so gee EK ook aan elkeen wat vra. Julle kan almal dieselfde ontvang, maar julle is individualisties en vra elkeen iets anders. Beny geen ander een sy gawe nie, want jy het ook gawes gekry.
EK wat gee en wat neem. Vir altyd.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205