OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Voorskrif vir vrede
22/11/2007 om 20h00
Die wêreld is naarstigtelik besig om hom voor te berei vir selfvernietiging – ‘n oorlog om alle oorloë te oortref. Wapenarsenale word steeds gedugter en groter, meer gesofistikeerd om uit te wis en te verwoes.
Kyk, julle leef in vyandskap met mekaar; julle loop met blinde woede deur die lewe; julle troetel oogklappe, sodat julle nie miskien sal sien wat tot vrede lei nie. Bure leef in kwaai vriendskap; huise en huwelike en harte word vernietig deur onvrede en ontrou.
In jou diepste wese is jy in ‘n stryd met jouself en met My. Hoe gevoeliger julle vir die stem van My word en hoe sensitiewer julle vir die influistering van die gees is, hoe duideliker sal die dinge word wat vir julle vrede nodig is.
Julle moet die heerskappy en koningskap van My die Vader erken. Omdat julle My nie wil aanbid nie, neem minderwaardige dinge My plek in. Dan word julle uiteindelik soos die dinge wat julle liefhet en dien. Kyk, Ek het nog altyd in omgang met julle, die sekerheid gegee dat julle vir My saak maak. Om vrede te kan ken, moet julle My ernstig opneem. Julle moet julle ongeordende lewens en gesindhede onder My heerskappy plaas; julle gedagtes, woorde, dade en ideale. Kyk, julle moet met inspanning die dinge najaag wat tot julle vrede dien. Vrede lê binne die bereik van elke mens en is nie net ‘n ydele droom nie.
Voorwaar Ek sê vir julle, julle moet My volmaakte wil vir julle lewe soek, My wil aanvaar en gehoorsaam. Julle eie begeertes moet ondergeskik word aan My wil.
Staan vir ‘n wyle as`t ware eenkant. As dit enigsins moontlik is, sonder jou af met My. Dit hoef net vir enkele minute te wees; maar doen dit. Bevestig net weer jou afhanklikheid van My en glo dat My vrede ook vir jou beskikbaar is, net vir jou om te neem.
Laat hierdie lewensfilosofie stilweg jou lewe beheers. Jy sal sien dat spoedig sal jou moeë, gejaagde gees tot bedaring kom en My vrede sal soos ‘n verkwikkende reën jou lewe verfris. As jy nie liefde het nie, het jy ook nie vrede nie. Vrede is ‘n gawe wat Ek en Ek alleen aan jou gee. Ek verwag dat julle dit aan ‘n vredehonger wêreld moet deurgee.
Met die koms van die langverwagte Messias en Meester, is die aarde oordek met die moontlikheid van goeie verhoudings, welsyn en geluk. Daarom die hemelse boodskap: ‘Vrede op aarde vir die mense in wie Ek ‘n welbehae het.’ Daar lê egter ‘n oseaan van droefheid en teleurstelling in My woorde; ‘As jy maar net vandag wou insien wat vir jou vrede nodig is! Maar nou is jy blind daarvoor.’ Kyk, Ek bring die hemelse vrede op aarde in die harte van mense wat My toelaat om dit te doen. Die woord praat van die evangelie van vrede. Kyk, Ek bevestig dit self: ‘Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My.’ Met hierdie vrede moet julle op elke terrein van die lewe gaan leef en werk. Kyk, toe Ek My dissipels uitgestuur het, was My woorde aan hulle: ‘As julle in ‘n huis kom, moet julle eerste woorde wees: ‘Vrede vir hierdie huis.’
Hierdie Christus-vrede moet in julle harte heers; dit moet julle bewaar van alle magte van onvrede; dit moet julle inspireer om julle vir vrede te beywer; dan sal Ek, wat Die Vrede is, met julle wees.
Hierop moet julle Christelike ywer toegespits wees: Om as kinders van die vrede met alle mense in harmonie in goeie orde saam te leef tot My eer.
Waar daar geloof is, is daar liefde. Waar daar liefde is, is daar vrede; waar daar vrede is – daar is Ek, julle Vader, en waar Ek is, is daar geen nood nie en daar gebied Ek My seën.
Beywer julle vir vrede met alle mense. Vrede op aarde.
Amen

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205