OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 101
Hoe oorwin ek my vrese.
27 Desember 2007 om 11h30
Siekte maai sy duisende af, maar vrees sy tienduisende! Van die grootste ellendes van die mensdom het sy oorsprong in die vrees vir probleme, eerder as in die probleme self. Dit verlam jou gees, breek jou weerstand af, ontwapen jou in die stryd, maak jou onbekwaam vir jou lewenstaak en veroorsaak angs. Om vrees te oorwin moet jy onkreukbaar soek na waarheid, wat nie progagande is nie en wanneer jy dit vind, moet jy dit van harte en met oorgawe dien, afgesien van die gevolge. Dit beteken dat jy sal moet kant kies vir die waarheid. Jy sal moet doen wat gedoen moet word en nie wat jy graag wil doen nie! Te alle tye en onder alle omstandighede moet jy regverdig en eerlik wees. Jy moet die vermoë ontwikkel om beslis “nee!” te sê, hoe moeilik dit ook mag wees. Die verleier wyk vir niks anders as ‘n biddende en besliste “nee!” nie.
Beproewinge en teleurstellinge moet met ‘n kalme waardigheid ontmoet, verwerk en in My Naam oorwin word. Selfs jou neerlae mag jou nooit in selfbejammering laat verval nie. Bly op jou knieë, want hy wat op sy knieë is, kan nie struikel nie en hierdeur bou jy die spiere van jou liefde, wat jou help om die vrees uit te drywe.
Die wat uit vrees nie aan My getrou kan bly nie, sal ook nie aan My getrou wees nie! Kyk, Ek suiwer jou liefde, sodat jou liefde vir My jou vrees kan oorwin.
Wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205