OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 102

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 102
Blymoedige gelowiges.
27 Desember 2007 om 22h04
Baie mense beskou hulle godsdiens as ‘n sware en soms selfs ondraaglike las. Julle frons maklik oor enige sweem van lighartigheid in geestelike sake. Julle buk met somberheid onder die sware las van julle gelowige gewete. Ek het dit ongetwyfeld nie so bedoel nie.
Die gelowige se geloof behoort vir hom ‘n vreugdevolle ervaring te wees. Ek, jou Vader, skep behae in en stel belang in jou lewe. Ek is bly wanneer jy bly is; Ek vertroos jou in droefheid en smart; Ek ondersteun jou wanneer die las vir jou te swaar word; Ek help jou wanneer jy oor struikelblokke val; Ek geniet jou suksesse soos wat jy dit self geniet. Christenskap neem nie die blydskap en vreugde uit die lewe weg nie. Inteendeel, dit plaas juis die blydskap in jou lewe terug. Deur jou gemeenskap met My, jou lewende Vader, besef jy daagliks die seën van My teenwoordigheid. Hoe meer jy My loof en dank, hoe meer blydskap put jy uit jou geestelike lewe.
Blydskap is ‘n vrug van die Heilige Gees. Jou oorgawe en toewyding behoort sodanig te wees dat die vreugde van My langs die hele linie van jou lewe af tot openbaring kom. Dan word elke dag ‘n vreugdevolle Christenfees.
Een van die heerlike waarhede van die evangelie is dat Ek altyd beskikbaar is vir My volgelinge wat My nodig het. Ja, dis ‘n troosryke wete in die sterwensdae van die jaar wat tot ‘n einde kom, wanneer daar dikwels ‘n onverklaarbare weemoed in jou hart is. Die troosryke waarheid is dat Ek jou liefdevolle Meester is net waar jy is, en dit lei tot blydskap. Terwyl jy streef om My beter te leer ken en probeer om deur jou twyfel en onsekerheid te breek, is Ek met jou in jou stryd. Kyk, Ek sê: “Hou op om met jou selfgemaakte twyfel en vrees te worstel en kom na My toe. Ek is die Een wat aan jou rus en vrede en blydskap sal gee.” Julle weet as gelowiges dat as julle hierdie genadige uitnodiging aangryp, julle al die troetelsondes wat deel van julle lewe geword het, sal moet aflê.
Die basis van jou Christenskap is dat jy My as jou lewende Heiland moet aanvaar. Daarsonder het jou geloof geen fondament nie en kan jy dit nie in die onbekende nuwe jaar uitwaag nie. Saam met My aanvaar jy ook die Heilige Gees. Deur die werk van die Heilige Gees word jy bewus van My teenwoordigheid met elke tree wat jy sal gee.
As julle waaksaam en oplettend is, openbaar Ek Myself voortdurend aan jou en sal jy jou verbly in alles wat met jou gebeur. Dien My met ‘n blymoedige gees en wees lief vir My.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205