OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 103

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 103
Jou redding het gekom.
28 Desember 2007 om 02h10
Ek het gekom om te soek en te red wat verlore is, en aan almal wat My aangeneem het, het Ek die reg gegee om kinders van My te word. Glo jy dit? Glo jy dat Ek kom tot waar jy bekommerd en verslae staan oor jou eie sonde? Ek kom na jou toe met My hande vol genade en vergiffenis en seën; Ek kom om jou droefheid in blydskap te omskep. Dis by uitstek die fees van verlossing, want jou Redder het gekom! As julle vreugde in die ware sin van die woord wil beleef, moet Ek met My verlossing en vrede in jou hart aankom en daar intrek neem. Kyk, Ek is liefde; wie in die liefde bly, bly in My en Ek bly in hom. Liefde vir My veronderstel gehoorsaamheid aan My en die oopstel van jou hele lewe aan die invloed van My Heilige Gees. Ek moet heers oor elke aspek van jou lewe en sentraal staan in jou denke en dade. Ek is liefde!
Toe Ek jou geroep het om My kind te word en jy het met blydskap op My roepstem gereageer, het daar vir jou ‘n nuwe lewe begin. Jou sondes is vergewe en jy staan in ‘n heel nuwe verhouding tot My. Deur My genade kry jy deel aan My koninkryk. Omdat My Gees nou in jou woon en werk, het daar ‘n volkome omwenteling in jou gedrag teenoor mense en in jou totale lewenswyse gekom. Dit herinner jou weer daaraan dat jy die lewe met vertroue en sonder vrees tegemoet kan gaan. Jou Vader is die Koning van alle konings. Dat Ek jou liefhet en vir jou omgee, behoort aan jou innerlike vrede te gee. Die vaste vertroue dat Ek jou veilig sal lei as jy My gehoorsaam en aan My wederliefde gee, behoort jou troos in die lewe te wees. Ek nooi jou deur My om My “Vader” te noem.
Ek bevry jou van vrees en vervang dit met jubelende blydskap. Ja, My liefde dryf die vrees uit, want die oorsaak van vrees, die sonde, is oorwin deur My. In elke vreesaanjaende lewenstorm is Ek met julle. Vir ‘n tyd lank verlaat julle, soos in ‘n heerlike droom, julle voorspelbare lewenspad en bewandel die pad van ryke verbeelding, verwondering en opwindende vreugde, terwyl julle onbevange juig oor die matelose liefde van My.
Kyk, jy moet ook soos Simeon leer om op My te wag, na My stem te luister, sodat jy My heerlike gawes kan ontvang. Jy moet weet: Ek is ook daar vir jou. Dit is geloof: Om altyd die onsienlike te sien. Ja, jy ontvang My liefde, My verlossing, My bloed, My liggaam, alles wat nodig is vir jou saligheid en jou redding.
Die koms van My na hierdie wêreld was die finale en onbegryplike bewys dat Ek omgee.
Julle Vader wat julle oneindig liefhet.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205