OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 104

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 104
Vrede in die storm.
28 Desember 2007 om 03h20
As jy jou gedagtes toelaat om te broei op dit wat vandag in die wêreld gebeur, loop jy gevaar om vasgevang te word in ‘n maalstroom van haat, bitterheid, vrees en allerlei negatiewe dinge. Dit is gewis nie wat Ek van jou verwag nie.
Om jou in staat te stel om stewig te staan te midde van die veranderde tye en om persoonlike vrees te bowe te kom te midde van oorloë en gerugte van oorloë, het Ek Myself as wonderlike gawe aan jou gegee. Ek gee aan jou My ewigheid; omdat Ek liefde is, plant Ek my liefde in jou hart en gee aan jou die kalme versekering dat hierdie liefde nooit vernietig kan word nie; selfs nie eens deur die gekombineerde magte van haat nie.
Wanneer ontstellende invloede dreig om jou geloof te laat wankel, stel Ek jou in staat om te glo dat alles ten goede meewerk vir julle wat My liefhet. As jy jou energie op My fokus en jou lewe aan My oorgee, sal My vrede te alle tye en onder alle omstandighede jou heerlike besit wees. Ja, en hierdie vrede is die direkte uitvloeisel van vertroue op My. Wanneer jou geloof in My groter is as jou geloof in enigiets anders, besit jy ‘n innerlike ewewig en kalmte wat ‘n stabiliserende krag in jou lewe is. Plaas My eerste in alle dinge, en jy sal My vrede en vreugde ken selfs in die veeleisende omstandighede van jou lewe. Amen.
28 Desember 2007 om 04h00
As jy ware vrede wil geniet, sal jy daaraan ‘n siel moet gee. Die siel van vrede is liefde en liefde kom alleen van My, en kom tot uitdrukking in jou liefde vir jou medemens. En met My Liefde as die middelpunt van jou lewe sal jy geen storms vrees nie, al groei hulle tot orkaansterkte.
Dit sê Ek, julle liefdevolle Vader in die hemele.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205