OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 107

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 107
Gee aan MY geduld.
29/12/2007 om 01h15
Somtyds storm julle halsoorkop en onnadenkend in ‘n onderneming in, net om diep teleurgestel te word omdat jou planne nie uitwerk nie. Dis ‘n skrale troos om dan te weet dat jou ondervinding nie uniek is nie. Baie van julle betaal ‘n duur prys vir julle impulsiwiteit. Gevolglik is dit so dat julle moedeloos raak, julle selfvertroue verloor en julle entoesiasme kwyn.
Die oorsaak van hierdie toestand is jou onvermoë om jou probleme aan my voor te lê en dan geduldig te wag op my leiding. Dit is oor en oor in die skrif en in die geskiedenis bewys dat My tydsberekening en metodes volmaak is. Julle sien slegs die tydelike toneel, terwyl Ek ‘n ewigheidsperspektief het. Julle is verbonde aan die hier en nou, terwyl Ek vir julle die ewigheid oopmaak.
Voordat jy enige besluit neem, of enige plan begin uitvoer, lê eers die saak in gebed aan My voor en vra vir die leiding van die Heilige Gees. Wag geduldig en nederig op my en wees sensitief vir die stem van die Heilige Gees. Jy sal wel bewus word dat Ek jou op ‘n besondere pad lei. Loop dan daardie pad in die geloof met die wete dat Ek alles ten goede laat meewerk vir julle wat My liefhet en dien.
Julle moet op My wag, lank, nederig, in wind en reën, in koue en donker. Wag en Ek sal kom, ja Ek sal kom.
Wees lief vir My, julle Hemelse Vader.
Amen. 

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205