OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 112

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 112
In veilige bewaring
31/12/2007 om 03h00
“Ek, Elohim is by jou en Ek sal jou beskerm waar jy ookal gaan... Ek sal jou nie in die steek laat nie. Ek sal doen wat Ek jou beloof het.”
Ja, hier lees julle van ‘n heerlike allesomvattende belofte, as julle die ou dinge (sondes) agter julle plaas met sy skuld – en las, sy leed en teleurstellings, met sy donker dae en moeilike ure. Dan kan julle die sondes, wat tot sy einde gekom het vir jou, voor my afsluit en die nuwe onbekende tyd aan My genadige en liefdevolle hand binnestap.
Kyk, Ek praat met julle op baie maniere, hetsy deur die evangelie, die woord, deur My skryfknegte, ensovoorts, maar Ek praat die duidelikste met julle deur My Seun en deur My Woord. Met die Woord moet julle terugkyk op die pad waarlangs julle gekom het en My vriendelike lig afsmeek vir die pad wat voor julle uitstrek.
Nou mag julle, as gevolg van die ewige trou van My, julle Elohim, die nuwe toekoms betree met hierdie aankondiging van die evangelie – die blye boodskap – wat in julle ore bly naklink. Vir elke gelowige bestaan die gevaar dat jy selfvoldaan kan raak oor jou geloof. Dit is daarom goed om van tyd tot tyd terug te kyk op jou reis. Herinner jouself aan die bergtopervarings en die tye in die valleie. Herleef die tyd toe jy vervul was met ekstase in die teenwoordigheid van My; onthou daardie tye toe jy skynbaar alleen deur die valleie van wanhoop geloop het en skielik omring is deur die liefde van My.
Kyk, dit wat verby is, het vreugde gebring, maar ook smart; oorwinning, maar ook neerlaag; sonskyn, maar ook storms. Jy is vandag ryker as wat jy gister was, omdat jy iets van jouself aan ander gegee het; jou probleme in geleenthede omskep het. Ja, jy is vandag ryker, omdat jy tyd gemaak het om die handewerk van My, jou Elohim, raak te sien in die doodgewone dinge in die lewe.
Nou kom Ek, die Almagtige Elohim, en lees die vrees en bekommernis in julle oë en Ek praat met julle deur My skryfkneg soos ek met Jakob, die eertydse swerweling gepraat het: Moenie bang wees nie. Ek is met jou. Ek sal jou beskerm. Ek sal jou nie verlaat nie. Ek hou jou in veilige bewaring! Wat Ek belowe het, sal ek doen. Nie een van MY bemoedigende woorde sal onvervuld bly nie. Ek, jou Elohim, het dit gesê en elke belofte sal in jou lewe bewaar word as julle net op My wil wag.
Wanneer julle terugkyk, kan julle net sê: Ek, Jahweh was en is goed vir julle. My genade is onbeskryflik groot. Ja, Ek gee om vir elkeen van julle. En met My by julle, kan julle die pad aanhou loop.
Leef in die lig van My Woord
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205