OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 118

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 118
Hou koers
01 Januarie 2008 om 11h10
Paulus en sy makkers was op pad om die taak wat Ek aan hulle opgelê het, te gaan verrig. Vanaf die oomblik dat hulle die ankers gelig het, die seile in die wind begin bol en hulle die kaai sien weggly het, het die woorde “hou koers” op hulle van toepassing geword. Daarom het hulle dan ook hulle heerlike doel bereik.
Soos met ‘n skip, het gelowiges sekere dinge nodig om te kan koershou en hulle sukses of mislukking sal hierdeur bepaal word: Vir Paulus – hulle was daar ook op die onherbergsame oseaan met geen gebaande weë en geen padtekens om die rigting aan te dui nie. ‘n Kompas was dus onontbeerlik. Vandag is My Woord die rigtinggewende krag in elke gelowige se lewe. Daarsonder is julle tot skipbreuk gedoem.
Julle het seile nodig, want die seile moet die skip in beweging hou en dit in staat stel om die storms te trotseer. Daarsonder sou die skip ‘n magtelose willose prooi vir die branders en die wind wees. So is ‘n positiewe en gelowige agtergrond en opvoeding noodsaaklik vir ‘n suksesvolle lewensreis. Hierdie seile word deur ouers en opvoeders in julle lewe aangebring, maar julle moet hulle self hanteer. Julle moet bly in wat julle geleer het. Julle moenie slegs die maklike pad wind-af beweeg nie, maar liewer wind-op vaar en die pad van inspanning en toewyding volg.
Julle het ‘n kennershand aan die stuur nodig, daarom is dit noodsaaklik om te weet in wie se hande die roer van jou lewenskip is. Jou eie hande is onbekwaam en daar is baie kwaadwillige hande wat by jou wil oorneem. Alleen Ek, jou Elohim, se vaste hand sal jou deur die woeste storms na jou bestemming lei.
As julle koershou met My aan die roer, sal julle weet wat Ek bedoel het dat julle moet wees: Bruikbaar in My diens en tot seën vir julle medemens.
Ek, jou liefdevolle Leidsman en Voleinder van jou geloof, help jou om deur die storms van die lewe koers te hou.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205