OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 12

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Valse vrede
23/11/2007 om 20h35
In die lande waar aardbewings meer dikwels voorkom, is daar altyd voor ‘n aardbewing ‘n onwerklike stilte; maar dit is sinsbedrog. Dit skyn of die natuur op ‘n mistieke wyse gedemp is en asof die aarde die asem ophou vir die komende ramp. Die lug hang swaar van onheil; geen blaartjie roer nie; die voëlgesang verstom; die stilte van die kerkhof daal oor alles neer. Maar intussen staar huise, dorpe en stede, en duisende mense algehele uitwissing in die gesig.
So is dit met die swye van My, julle Vader, oor die valse vrede wat in My Naam verkondig word. Baie interpreteer hierdie stilte van My verkeerdelik as vrede, maar dit sal gevolg word deur die vernietigende aardbewing van My oordele.
Kyk, aan die Tessalonisense het die dringende waarskuwing gekom; “Wanneer die mense sê; ‘Alles is rustig en veilig’, sal die ondergang hulle skielik oorval soos geboortepyne ‘n swanger vrou, en niemand sal ontkom nie”.
Hoe word hierdie valse vrede dan omskep in My egte vrede, Gehoorsaamheid en ‘n toegewyde lewenswandel bring ware vrede; “vir die wat My wet liefhet, is daar groot sekerheid.” Soos daar vrede in die natuur is wanneer alles volgens natuurwette verloop. So vind julle vrede wat in My volmaakte wil wandel. Daar is ‘n groot verskil tussen vrede en die dood, soos daar ‘n verskil is tussen ‘n kalm en ‘n dooie see. Die kalmering wat opium of dwelmmiddels bied, is spoedig uitgewerk en dan word die verslaafde weer die prooi van onvrede, die hunkering na die kwaad en die onvrede van ‘n skuldige gewete wat martel.
Alleen by My vind julle ware onvervalste vrede, omdat Ek die bron daarvan is. Wanneer My vrede, deur Messias, julle deel word, leer julle die ware betekenis van die woord verstaan. Die Messias se dood en opstanding is die waarborg van julle vrede. Dit word aan julle bevestig deur My woord van vergiffenis, in antwoord op julle berou en belydenis.
Dan leef julle van dag tot dag vanuit die egte vrede wat die ryke deel is van My, julle Vader se gelowige kinders. Dan kan julle met eerlikheid verklaar: “Alles is reg!” omdat julle in die regte verhouding tot My staan en daarom deelgenote van My vrede word.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205