OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 121

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 121
Die krag van die gesproke woord.
02 Januarie 2008 om 00h30
Net ‘n enkele woord kan ‘n verskil aan ‘n persoon se lewe maak, en dit is van die allergrootste belang hoe dit uitgespreek word. Sommige mense het ‘n gawe met woorde. Die taal wat jy gebruik, weerspieël die kwaliteit van jou gees en is die maatstaf waarvolgens ander jou meet. As die woorde wat jy gebruik, ander mense versterk en inspireer, sal jy altyd vriende hê. Mense sal jou geselskap geniet, ter wille van die seën wat hulle uit jou woorde ontvang. Deur die regte woord op die regte tyd te kies, kan julle iemand anders se lewe radikaal verander deur hulle te vul met behaaglikheid en welwese.
Moet nooit die krag van die gesproke woord onderskat nie. Dit openbaar nie alleen wie jy werklik is nie, maar het ook ‘n geweldige invloed op ander. Daar is tye in mense se lewe wanneer hulle hunker na ‘n simpatieke of bemoedigende woord, wanneer die openbaring van liefdevolle belangstelling en deernis ‘n geweldige verskil kan maak en hulle droewige dag kan ophelder. As bitterheid en haat jou woorde oorheers en jy het ‘n gebiedende drang om ander seer te maak en te verneder, word woorde die instrumente waarmee jy onherstelbare skade kan aanrig. ‘n Woord van waardering of advies is nooit verkwis nie; selfs opbouende kritiek of liefdevolle teregwysing kan vir die ontvanger voordelig wees.
Dis belangrik dat jy nooit bang sal wees om te praat nie, maar terselfdertyd moet jy deur die krag van die Heilige Gees jou woorde en jou tydsberekening met groot omsigtigheid kies. Wees sensitief vir die bui van die persoon met wie jy praat. Met die regte gebruik van woorde kan jy help om gewonde harte te genees, wat deur onnadenkende mense seergemaak is. Waak teen onnodige vleitaal, maar terselfdertyd ook teen krasheid, wees opreg in wat jy sê en sê dit met die liefde van My in jou hart. In jou kommunikasie met ander moet jy altyd jou woorde versigtig kies. Sodoende sal jy die persoon wat jy aanspreek en jouself mateloos verryk. Die gebruik van die volgende wonderwerkende woorde, as jy hulle elke dag gebruik, kan ‘n wêreld se verskil maak: “Ek is vir jou lief en ek waardeer jou.”
Julle woorde is ‘n getroue aanduiding van die toestand van julle siele. Klein sleutels kan groot slotte oopsluit. Eenvoudige woorde kan groot gedagtes weerspieël.
Dit is My woord aan julle.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205