OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 122

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 122
Verbly jou in My (Jahweh).
02 Januarie 2008 om 02h15
Daar is baie mense in die wêreld wat aanbidding assosieer met terneergedruktheid, vreugdeloosheid en selfs vrees. Hulle bywoning van dienste is bloot ‘n plig wat uit gewoonte vervul word. Dit word van hulle verwag en hulle dink dat hulle gestraf sal word indien hulle dit nie doen nie. Die tragedie van so ‘n gesindheid is dat dit mense beroof van die grootste van alle vreugdes: Die vreugde van My, Jahweh.
In Christus nooi Ek, jou Elohim, jou na My toe om in My rus te vind en die volheid van lewe te ontvang wat Ek jou aanbied. As jy na My toe draai, word jy al meer bewus van My lewegewende Gees wat in jou werk. Skynbaar onbereikbare doelstellings is nou binne jou bereik; teëspoed oorweldig jou nie, omdat jy in My die krag kry om dit te hanteer; ‘n nuutgevonde vertroue vervang jou senuweeagtige pessimisme en gevoelens van mislukking. Dag na dag groei jou geloof sterker en sterker.
Soos wat jy jou oopstel vir die Heilige Gees, sal jy vind dat jou aanbidding, studie en gebedslewe nuwe betekenis kry. As jy jou vertroue in My, jou lewende Messias plaas, sal jy ontdek dat Ek nie meer ‘n veraf figuur is nie, maar ‘n integrerende deel van jou lewe en dat Ek jou lei op die pad wat Ek vir jou uitgestippel het.
Aanbidding behoort ‘n vreugdevolle ervaring te wees. Maak jou hart en denke oop vir die Heilige Gees, en Ek sal jou uitlig uit terneergedruktheid tot ekstase in My, jou Messias.
Ek het Myself aan die kruis aan Hom geoffer as ‘n offerande om julle almal ryk en vry te maak.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205