OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 125

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 125
Ek is met jou.
03 Januarie 2008 om 21h30
Wanneer dinge in jou lewe begin verkeerd loop, is dit maklik om te wanhoop en tou op te gooi. Dit skyn so ‘n ongelyke stryd te wees wat jy voer. Jy wat onoorwinlik gelyk het, wat eenvoudig toegelaat het dat jy oorweldig word deur ‘n gees van hulpeloosheid en hopeloosheid.
As daar ooit ‘n situasie ontstaan het waarin alles hopeloos gelyk het, was dit op die dag toe Ek, jou Verlosser, gekruisig is. Die hoop en drome van julle wat gedink het dat Ek die Verlosser van Israel sou wees, is verydel en Ek het soos ‘n gewone misdadiger aan die vloekhout gesterf.
Maar toe het Ek, Elohim, ingetree. Ek, wat die Messias se hoop en krag was, het op wonderbaarlike wyse skynbare neerlaag in oorwinning verander. In watter omstandighede jy ookal mag verkeer; hoe uitsigloos die toekoms ook mag lyk en ten spyte van die probleme wat jou konfronteer, onthou altyd dat Ek met jou is en dat Ek in beheer van omstandighede is. Plaas jou geloof en vertroue in My en Ek sal aan jou die oorwinning gee.
Hou goeie moed. Ek is sterker as die Satan. Jy is aan die wenkant.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205