OPENBARINGE 1 TOT 200 AAN BERTUS HANEKOM
BERTUS HANEKOM

Hoofstuk 130

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200.

Openbaring 130
Die wortels van vrede
5 Januarie 2008 om 00h08
Ten diepste hang julle vrede af van julle onvoorwaardelike oorgawe aan My. Ek, julle Elohim, is die bron van alle ware vrede en lewe. Wanneer Ek sentraal staan in jou lewe en denke, ken jy vrede.
Daarom moet jy die duiwel ten bloede toe weerstaan. Dis helder, duidelik en waar: Julle moet niks te doen hê met die boosheid in enigeen van sy menigvuldige gedaantes nie. Vermy dit en moenie toelaat dat enige slegte invloed in jou lewe insluip nie. Dit gebeur so maklik deur begeertes, neigings of verkeerde gewoontes. Bly naby My Jahshua Messias, want Ek is die waarborg van jou vrede. Ek sal jou bewaar van die magte van die bose wat jou van jou vrede en gemoedsrus wil beroof. Julle durf nie in ‘n lugleegte van lewenswaardes leef nie. As julle breek met Satan, moet julle die heerskappy van My volkome aanvaar. As julle by My bly, sal julle positief en vredevol leef.
Julle moet ‘n rein lewe nastreef. Kyk, na die sondeval van Dawid bid hy: “ Neem tog my sonde weg, dat ek rein kan wees… Laat my weer die blydskap ervaar van iemand wat deur U verlos is.” Julle moet die kwaad bely en laat staan; julle moet daarteen stry en die oorwinning behaal in die krag van My Gees, anders sal julle siel besoedel raak en julle geen vrede ken nie.
Julle gesindhede moet verander. Hoogmoed en eiegeregtigheid moet in julle sterf. Julle moet mense word wat in nederigheid die gesindheid van My openbaar. Julle moet nooit voorgee om te wees wat julle nie is nie en julle lewe en getuienis moet mekaar sinvol aanvul. Julle moet julleself gewillig verklaar tot geestelike groei, totdat julle geestelike volwassenheid bereik deur die werk van die Heilige Gees in julle. Julle moet doelgerig die vrede najaag. Sonder entoesiasme en inspanning kan jy niks in die lewe bekom wat die moeite werd is nie – en vrede met My en medemens is kosbaarder as goud.
As julle biddend en gelowig julleself tot hierdie dinge verbind, sal My vrede in jou lewe neerdaal en deur die wonder van My genade, sal julle boodskappers van My vrede in hierdie wêreld word.
Dit spreek Ek, julle Liefdevolle Elohim van vrede.
Amen.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205